Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on May 30, 2013, 12:31:27 PM

Title: Vrou in die natuur
Post by: adele on May 30, 2013, 12:31:27 PM
'n kollega se vrou het gevra vir 'n gedig, sy wil die fynheid en sterkte van 'n vrou, wat ook kind van ons Skepper is, vasgevang hé
hierdie is my poging:


vrou van vrede

sy swaai en draai
op haar tone gepunt
gee haar oor aan die ritme
in skone natuur gevind;
volkome vrou … in haar wese
’n sagtheid vasgeweef,
geneem uit die teerste groen
van die fyn varingblaar,
die glimlag van die maan
en die huppel van ’n njala-lam

sag sal sy jou wange omvou
met insig jou seer onthou,
in ’n tierwyfie se grasie
sal sy haar kroos beskerm
of ’n vader-invalide
op sy laaste tye dra en lei
en haar onverwags oor jou, vriendin,
en jou hartswaar labirinte ontferm

in elke nuwe oggendstond
waas haar oë langs sonknip verby
en skep sy handevol genade
uit die altaar van haar Hemelse Vader;
vind Christus haar op haar knieë
waar stotterend haar wense
vir haar kinders en haar naaste
opwaarts klim tot by Sion’s Troon

hiermee, skone vrou, gee ek
vir jou vanuit die valleie van Hebron,
die kleure van ’n pou se veer
die stilte van ’n volmaan
die lofvreugde van ’n viool se lied
die sieraad van ’n springbokpronk
die gelukkige lag van 'n baba
en die vrede van ’n spierwit   duif …
alles uit Sy Liefde en Verlossing
toegedraai in die vlaktes van Jerigo
                                                         ©adéle

 :grommit: 
Title: Re: Vrou in die natuur
Post by: Fransi on May 30, 2013, 04:56:04 PM
Besonders mooi geskryf, lieflike beelde.
Title: Re: Vrou in die natuur
Post by: PM on May 31, 2013, 07:36:21 AM
Pragtig geskryf Adéle. 
Title: Re: Vrou in die natuur
Post by: Meraai vannie Baai on May 31, 2013, 08:06:30 AM
Beaam al die kommentare hier!
Title: Re: Vrou in die natuur
Post by: adele on May 31, 2013, 09:11:43 AM
dankie dankie en dankie    :love7: 
Title: Re: Vrou in die natuur
Post by: adele on June 02, 2013, 05:05:30 PM
ek het 'n foto agter die woorde geplaas vir as sy dit so wil gebruik

 :grommit:

Title: Re: Vrou in die natuur
Post by: PM on June 03, 2013, 05:44:00 AM
Dit is pragtig Adéle.