Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Adéle se plek => Topic started by: adele on February 20, 2018, 11:21:02 AM

Title: val paar druppels reën vanaand
Post by: adele on February 20, 2018, 11:21:02 AM
uit my argief ...

val paar druppels reën vanaand,
stofnat is die boonste lagie leed,

bring dit vreugde in my lewe,
die paar druppels reën vanaand,

gee dit hoop vir die winter,
net paar druppels reën vanaand,

na elke winter volg 'n lente
met meer druppels reën as vanaand,

verwag ek groei en lewe en vreugde
saam met baie meer reën as vanaand.

©adéle theron