Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on October 02, 2013, 08:19:16 PM

Title: Hold on. I check...
Post by: Angelica on October 02, 2013, 08:19:16 PM
...... en ek hold on en ek hold on....
Die een aan die anderkant was baie apaties, nie lus om laatmiddag my te help met informasie nie.
En 'klik' en daar word die handstuk terug gesit op die mik.
Ek wens ek was 'n wurm wat al met die lyne langs kon seil of kruip en daai een aan haar oor byt.  Of pik, as ek 'n slang was.
Ek verstaan nie, as 'n handstuk daar le, obviously is daar 'n persoon aan die anderkant wat aanhou en aanhou en nog steeds aanhou.
Waarom, op dees aarde, sit jy sommer net die handstuk terug op die mik sonder om iets te se of vra?
Waar leer die mense hul sg. vaardighede?
Title: Re: Hold on. I check...
Post by: Meraai vannie Baai on October 03, 2013, 02:00:20 AM
Hulle moet familie wees van die klomp diekant Angelica. 'Hold on ....click and gone after one hour' is jou voorland as jy begin navrae doen.
 
Title: Re: Hold on. I check...
Post by: PM on October 06, 2013, 09:54:21 AM
Hmmm, dalk haal iemand gereeld die foon van die mikkie af om nie gesteur te word nie?   :icon_scratch: