Die Biblioteek > My gunsteling gedigte van die groot meesters

Vuurtjie

(1/2) > >>

Naas:
Dis die smorende vuur wat swaarkry
en tog nie die kos kan gaarkry.

Dis die vrolike vlam wat klap en kraak
dis hy wat sy taak tot vermaaklikheid maak
en sy swaarkry
met lekkerkry klaarkry.

C.J. Langenhoven.



 :icon_bigsmurf:

PM:
'n Pragtige lewensles van CJ. 

Wat dink jy is 'n hele versameling van sy werke werd?  Bedoelende,  as jy jou hande daarop kon lê, hoeveel sou jy bereid wees om te betaal daarvoor? 

Naas:
Ek het nie 'n magiese idee nie. Maar dit sou vir my onskatbare betekenis gehad het.



 :icon_bigsmurf:

Stof:

--- Quote from: PM on April 15, 2011, 01:02:32 PM ---'n Pragtige lewensles van CJ. 

Wat dink jy is 'n hele versameling van sy werke werd?  Bedoelende,  as jy jou hande daarop kon lê, hoeveel sou jy bereid wees om te betaal daarvoor? 

--- End quote ---

Is dit nou Kraaines Boekpromosies wat so effektief hier bemark?

PM:
 :sign10:  Iewers,  êrens,  moes jy vandag in 'n baie skerp "wielietjie" getrap het Stof!   :sign10:

Nee Liefie,  iemand wat ek ken het 'n hele versameling werke van CJ en ek wou maar net weet hoeveel ek daarvoor kan betaal.  Ek wil ook nou nie 'n gek van myself maak nie.   :dontknow:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version