Die Biblioteek > My gunsteling gedigte van die groot meesters
Maria
Fransi:
'n Engel het dit self gebring,
die vreugde-boodskap – en jy het
'n lofsang tot Gods eer gesing,
Maria, nooi uit Nasaret!
Maar toe Josef van jou wou skei
en bure-agterdog jou pla,
het jy kon dink eenmaal sou hý
die hele wêreldskande dra?
Toe jy soms met 'n glimlag langs
jou liggaam stryk ... die stilte instaar ...
wis jy met hoeveel liefde en angs
sou hý sy hellevaart aanvaar?
Die nag daar in die stal – geeneen
om in jou nood by jou te staan –
het jy geweet dat hy alléén
Getsémané sou binnegaan?
Toe vorste uit die Ooste kom
om nederig hulde te betoon,
wis jy hoe die soldate hom
as koning van die volk sou kroon?
En toe hy in jou arms lê,
sy mondjie teen jou volle bors,
het jy geweet dat hy sou sê,
toe dit te laat was: Ek het dors!
adele:
met hierdie woorde het ek begin soek na eie gedagtes en self begin skryf, eeeue gelede. dit bly nog net so mooi soos toe.
:grommit:
Fransi:
:hello:
Hierdie was ook die eerste gedig wat my werklik besonders geraak het en die behoefte geskep het om ook so te kan skryf. Na haar het ek vir Ingrid Jonker en Antjie Krog ontdek wat as ongelooflike inspirasie gedien het.
PM:
En nou kan julle dit doen! :hello2:
Dit is 'n pragtige gedig.
Fransi:
:hello:
Dankie PM, ja, die gedig bly besonders veral as 'n mens in ag neem hoe oud sy was toe sy dit geskryf het.
Navigation
[0] Message Index
[#] Next page
Go to full version