Author Topic: visvang  (Read 14726 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
visvang
« on: June 01, 2012, 06:19:29 AM »
nou die naweek het ek en nog 2 manne 'n langnaweek gemaak en gaan probeer visvang. gewoonlik hengel ek net en kry nie visse gevang nie.

so ry on vrydag middag na ete ooswaarts na Jongensfontein se kant toe en gaan bly daar op 'n plaas wat aan die see grens.

Die outjie het vir ons kom kuier










Vrydagaand was koud en eefns reënerig.



Piet het kos gemaak ook




Saterdagaand rugby met die selfoon en 'n luidspreker geluister.



so effens plan gemaak om selfoon te laai, die een selfoon het net kar laaier gehad en my bakkie se aansteker krag het 'n fout na die insit van die nuwe rekenaar.



die volgende oggend baie uitgesien na visvang



Niks gevang die hele dag.

Sondag oggend dorp toe gery om botter wat vergeet was te koop en sommer by puntjie ook 'n draai gemaak en van 'n afstand af bekyk.






Die middag weer af water toe en die keer was ons meer gelukkig.


ek het 3 visse en piet 2 gevang, nie baie groot nie maar groot genoeg om wettig te wees.



gerrit het vir ons een kolstert en een pens en derms skoon gemaak om te braai.







op 'n maandagoggend 8 uur, voor koffie, het 'n yskoue bier heerlik gesmaak.





ons luister musiek op die laptop en piet woel met die kos.




word vervolg
« Last Edit: June 01, 2012, 06:38:44 PM by AB »

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: visvang
« Reply #1 on: June 01, 2012, 06:40:36 AM »
Ja nee, kyk,  dis al wat ek wil se.
of nee, nog iets:  Julle het genoeg gehad om julle warm te hou.   :headbang:
elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: visvang
« Reply #2 on: June 01, 2012, 07:33:31 AM »
Ja nee, kyk,  dis al wat ek wil se.
of nee, nog iets:  Julle het genoeg gehad om julle warm te hou.   :headbang:

warm hou: bier...vir dors, daar was ook rooiwyn, soetwyn, port, rooi jeripiko, wiskey en zorba. o ja daar was darem koffie ook.


Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: visvang
« Reply #3 on: June 01, 2012, 07:45:17 AM »
ons het maandag oggend met laagwater die rotse en poele en sloepe gaan soek.


baie bome deur die jare op die strand uit gespoel.



water trek ver terug met spring laagwter.



rotse waarop jy met hoogwater kan staan en visvang






die duine wat jy moet afklim om onder by die see te kom, an agterna weer terug op, gelukkig met minder lood in jou sak van al die ankers of te wel sinkers wat weg is, en hopelik met baie meer gewig van paar visse in jou sak.








laagwater





jy moet daai kant toe mik






en dan 'n merk maak om te wys waarheen





gaan maar sukkel as jy 'n groooot vis hier moet uitkry met hoogwater.








slak op die laagwater rotse







dit bly koud daar teen die duine so in die winter, son kom nie onder teen die voet nie








ons het rotse kos ook gekry





maandag het ek een haai en gerrit 3 visse gevang.


dinsdag het ek 2 en gerrit 3 visse gevang




was heerlik om vis te vang en nie te hengel nie.
« Last Edit: June 01, 2012, 06:47:04 PM by AB »

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: visvang
« Reply #4 on: June 01, 2012, 12:40:42 PM »
ek's nou nie een vir visvang nie - maar die stil natuur tonele - dit vang my siel - dankie vir die deel!
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: visvang
« Reply #5 on: June 01, 2012, 02:07:58 PM »
Ai AB, ek het jou foto's so gemis.  Nou voel dit weer of die forum volledig is!  :hello2:

Ek is mal oor al die foto's, maar daai van die kos maak my net lus vir saam eet.

Van daardie droë hout sou vinnig by my plek opgeland het om my tuin te versier.

Dankie AB, dit was 'n heerlike visvangstorie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: visvang
« Reply #6 on: June 02, 2012, 05:02:39 AM »
Daai SLAK..
AB, interessant vir my is die duine...  Hoe lyk die goed dan so asof hulle met 'n laag wat? oortrek is.
Plekke lyk dit of daar iets (olie?) afgeloop het.
Dit lyk amper of die duine op 'n versteen mission is.  Soos die duine in Nam.

Hoekom wil ons altyd vir julle kossies voorsit op grand borde met spieelblink messies en vurkies en glasies en candle light en dinge...  julle is heel tevrede met rotskos en brood op 'n handdoek-tafeldoek.

elle

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: visvang
« Reply #7 on: June 02, 2012, 05:17:44 AM »
Angeliek
Ek was al baie keer op die rotse en onder die water en ek probeer so veel as kan goed bekyk en sien en dis die eerste keer wat ek so slak sien. op sy rug is 2 vlappe wat soos vlerke lyk wat oopmaak as hy onder water is, wat die doel daarvan is sal ek nie weet nie. ek het abie see natuur boeke gehad waarin ek kon opsoek as ek iets vremd raakloop, en ek het baie keer die boeke deur geblaai en gelees as ek iets vreemd of interesant raakloop wat ek nie ken nie, maar nooit so slak raakgeloop nie.

oor die duine. ek het net die een keer my kamera saam geneem toe ons sonder visvang gereedskap af gestap het om die plek te bekyk. jy seg dit lyl soos olie. ek dink nie jy ver verkeerd nie. daar om die draai waar die see en duine bymekaar kom met hoogwater is sule swart rotse, sommige is soos klip an ander effe sagter en baie glad, sulke swart klippe/rotse. die wat glad is is steenkool. ja die duine is plek plek versteen. die rotse waarop ons staan en visvang daar lyl vir my ook soos stukke versteende duine wat verweer het en stuk stuk in die water geval het. die swart wat soos olie lyk op die duine kan ook iets te doen hê met die steenkool wat daar is. ja so het elke gebied sy eie unieke dinge. daar was in die verlede prospekteerders maar die steenkool is te min om ekonomies te ontgin.


ek stem saam waarom moet mens altyd fancy eet, solank die eetgerei en kos skoon en lekker is is als mos reg, veral as jy op so ekspedisie is, maak nei onnodig skottelgoed nie.

die handoek tafeldoek was eintlik onbedoel daar. geriit het die vis op die handdoek skoongemaak op die tafel en toe lê hy daar om droog te raak.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: visvang
« Reply #8 on: June 02, 2012, 10:53:24 AM »
Ek stem - mens hoefnie altyd grand te wees om lekker te kan eet nei - die geselskap se attitude maak die dis!

Re die slakkie - ek het ook bietjie rond gesoek - want dit het my kreukelkamer ook kom kiellie - maar ek het nog niks gevind nie :

AB meskien kan jy die fototjie stuur na een van die of al die links - dalk is daar iewers 'n antwoord:

Dive Action

http://www.scubadivecapetown.com

Link to the Dive Action website, a company which supports the Reef Atlas Project and is based in Cape Town.

Project AWARE

http://www.projectaware.org

Supports the reef atlas project. Is a Marine Conservation and Awareness Organisation

Southern Underwater Research Group

http://www.surg.co.za

SURG is a supporter of the Reef Atlas Project. They provide scientific information to recreational scuba divers.

Ocean Divers International

http://www.odipe.co.za

Home web page of Ocean Divers International

   
Department of Water Affairs and Forestry

http://www.dwaf.gov.za

SANCCOB

http://www.sanccob.co.za

They are more into seabird conservation - but I am sure they will be able to refrence to a Marine Conservation Organisation that will be able to help name .. nou hoekom tiksel ek al weer in die rooi taal .. wat sal kan help om die slak te ID  :notworthy:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: visvang
« Reply #9 on: June 13, 2012, 08:30:33 PM »
ek het toe foto van die slak gestuur en ODI se sharon in PE het geantwoord.

Good Afternoon,

I have received an answer with regards to the identification which you needed assistance.

This could be one of two species: Aplysia dactylomela, or A. oculifera,  both sea hares.

As always, there's variability within the species, hence
the not-certain ID: for A. dactylomela the circles are made of a rather  hin black line, whereas for A. oculifera the circles are a tad big...

It has also being requested from you, by Guido Zsilavecz of Surg Magazine to use your photograph in one their publications.
Please let me know, if you are happy to do so.

Regards,

Sharon Clark
Instructor
Ocean Divers International


ek het al van die sea hare gehoor of gelees. maar nooit notisie geneem nie.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: visvang
« Reply #10 on: June 13, 2012, 09:35:33 PM »
Wow - en gaan jy hulle toestemming gee om die prag foto te gebruik - geluk hoor
en dankie vir die deel an die antwoord
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: visvang
« Reply #11 on: June 13, 2012, 09:40:28 PM »
ja ek het hulle toestemming gegee en net gevra ek sal ook graag so tydskrif wil in die hande kry.

hoop ek kan nog goed vir hulle afneem.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: visvang
« Reply #12 on: June 14, 2012, 02:39:03 AM »
Dit sal wonderlik wees -  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: visvang
« Reply #13 on: June 14, 2012, 06:17:02 AM »
Kolskoot AB.   :hello2: Sodra jy die tydskrif ontvang het kan jy vir ons die inligting deurgee.
Gaan die monstertjie boek toe? 

Ek het ook hier kom ronddwaal op soek na 'n foto vir Louis Weka se gedig "Driftwood".
Sal vir jou kom toestemming vra sodra ek een het waarmee ek tevrede is, of dalk kan Louis self vir hom een kom kies. 
« Last Edit: June 14, 2012, 06:20:20 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: visvang
« Reply #14 on: June 14, 2012, 07:46:49 AM »
Dankie PM
ek het nog paar ander fotos ook van die dryfhout wat dalk kan werk.

dit klink my hulle wil vir see haas in 'n tydskrif gebruik ja. ek hou maar duim vas.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: visvang
« Reply #15 on: June 14, 2012, 09:29:09 AM »
Ek glo hulle sal, maar ek bedoel of seehaas 'n plekkie in ons boek twee ook gaan kry?

As jy so dierbaar sal wees kan jy sommer die dryfhoutfotos hier kom plaas.  Baie dankie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: visvang
« Reply #16 on: June 14, 2012, 12:33:47 PM »
is reg as seehaas plekkie kan kry en dryfhout ook. op die oomblik ek effe besig met die assuransie se kwotasies. nou is shopping ook nie meer lekker nie, nie i grap om R13 000 se dvd musiek uit te soek en R50 000 se boeke nie.

ek sal kyk sodra ek kans het nog dryfhout fotos plaas.


Sea-hares (Aplysia sp.)
The sea slug AB Russouw saw could be one of two species: Aplysia dactylomela (no common name), or A. oculifera, the spotted sea hare. As is often the cases in sea slugs, colouration and pattern can show variability within the species, making visual identification a bit uncertain. A. dactylomela is described as "green or brown ground colour with large black circles." The circles are large, but the other photos I've seen show circles formed by a thick line, whereas with the one shown it is very thin. The spotted sea hare also has circles, but these are small, with a pale centre. Now given the variablility this is either A. dactylomela with large but narrow-lined circle, or A. oculifera with unusually large circles. Of the two A. dactylome can grow very large: up to 40cm in length, whereas A. oculifera is smaller, at 15cm length.

For more details on this species, see "Nudibranchs of the Cape Peninsula and False Bay" "Coastal Fishes of the Cape Peninsula and False Bay" "A field guide to the Marine Animals of the Cape Peninsula" available directly from SURG or better dive and book stores in Cape Town.
« Last Edit: June 14, 2012, 12:37:51 PM by AB »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: visvang
« Reply #17 on: June 14, 2012, 01:23:30 PM »
Goeie genade!  Ek sou kon help met die boeke!  Kan jy bestellings deur Kalaharie.kom plaas?  Ek dink dit sou makliker wees om deur die internet aankope te doen. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
Re: visvang
« Reply #18 on: June 14, 2012, 01:32:30 PM »
jy gee my nou nogal i idee om die kwotasies op die net te kry. ek gaan gou middag eers bargain books toe en kyk wat hulle vir my kan doen dan kan ek vannad soek op die net wat ek nog nie gekry het nie.