Author Topic: Lente  (Read 1375 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Lente
« on: April 01, 2013, 09:31:31 AM »
Lente        © Fransi
 
Die vrou se hare wuif die goue glans van tafsy
met sierplante wat kunstig deur koringare vleg.
 
Sysies en geelvink maak kwetterend nes
agter die rietwimpers van haar oë.
 
Haar neus sproet die fyn sprinkeling  van saad
en haar lag laat swaeltjies weer vere kam-
 
Kom kyk, kom kyk
hoe dans sy 
nuwe bloeisels
in ons tuin!

 © Fransi
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lente
« Reply #1 on: April 01, 2013, 09:38:57 AM »
Ek het my verlustig in hierdie gedig.  Dankie vir die inskrywigs matertjie.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lente
« Reply #2 on: April 01, 2013, 11:08:22 PM »
Ek dans saam!

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Lente
« Reply #3 on: April 12, 2013, 02:58:24 PM »
Dankie PM en Meraai. :-)