Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Fransi se plek => Topic started by: Fransi on November 21, 2013, 02:37:45 PM

Title: Skaaf weer
Post by: Fransi on November 21, 2013, 02:37:45 PM
 :hello:
Title: Re: Skending
Post by: PM on November 23, 2013, 02:29:11 AM
Kort en kragtig Fransi.  Raak gevat.   :icon_salut:
Title: Re: Skending
Post by: Fransi on November 23, 2013, 09:18:44 AM
Baie dankie PM.

Title: Re: Skending
Post by: Jeannedarc on November 25, 2013, 10:40:26 AM
soos PM vertel - baie kragtig. ek verstaan egter nie die woord stuip nie.
Title: Re: Skending
Post by: Fransi on November 25, 2013, 03:57:23 PM
Baie dankie  Jeannedarc. Stuip(e) verwys gewoonlik na die skielike sametrekking van spiere.
Title: Re: Skending
Post by: PM on November 25, 2013, 10:19:24 PM
Die geskiedenis van Treblinka is werklik hartseer.  Wreed, onmenslik. 
Title: Re: Skending
Post by: Fransi on November 26, 2013, 07:18:38 AM
Ja, dit is.

PM, kan 'n mens hiermee wel raaklees dat Treblinka as 'n metafoor vir iets anders dien? Ek was by 'n dig-werkswinkel en na aanleiding van wat ek daar geleer het, is ek nou besig om my gedigte oor te skryf. As jy wil, sal ek vir jou die oorspronklike weergawe epos- ek sal baie graag jou mening wil hoor.
Title: Re: Skending
Post by: PM on November 27, 2013, 02:10:04 AM
Ek het gesit en kopkrap oor hierdie een.  Stuur asseblief vir my die oorspronklike met 'n uitleg daarby. 
Ek hoop jy gaan vir ons ook kom leer wat jy geleer het Fransi!  Groot asseblief! 
Title: Re: Skending
Post by: Jeannedarc on November 27, 2013, 11:09:05 AM
toe ek Treblinka lees, het daar erens in my grys materiaal 'n klokkie gelui van konsentrasie kampe tydens die tweede wereld oorlog en treblinka was een van die "extermination camps" in Pole. en nou maak die gediggie ook baie meer sin vir my.
Title: Re: Skending
Post by: PM on November 28, 2013, 09:19:36 PM
Ek sou graag wou hĂȘ dat jy die gedig wat jy oorspronklik geskryf het hier plaas Fransi.  Ek lief dit. 
Title: Re: Skending
Post by: Fransi on November 29, 2013, 06:18:07 AM
Dankie PM, ek wil net nog bietjie gaan skaaf, maar sal dit wel plaas. :-)
Title: Re: Skending
Post by: Fransi on November 29, 2013, 08:32:06 AM
Okay, nuwe weergawe. Die oorspronklike was vir my te erg en die tweede een was nie duidelik genoeg nie. Ek sal graag wil hoor of hierdie een die balans tussen oorvereenvoudig en te dig regkry. Baie dankie.