Bak en brou > Kom ons verloor gewig

"Dubbel-ou-sêwwen-EETPLAN"

<< < (2/5) > >>

PM:

Trippe trappe trone!

Dit is juis hoekom ek so streng by 'n dieet hou, want ek glo ek pootjie myself as ek nie daarby hou nie.  Jy kan nog 'n ander 'n rat voor die oge draai, maar jy kan jouself nie "bulskyt" nie.   :icon_biggrin:

PM:
Dit is die dag van vandag.  Ek sal voor ete weeg en dan begin met hierdie dieet.  Sal kom vertel.
Volgende Maandag sal ek kom verslag doen oor die gewig. 
Antjie Patat, jy sal moet kom bystaan om raat te gee nooi. 
Ons het vandag gaan groente en vrugte koop vir die week. 
Ek sal moet baie water drink.  Hou niks van water nie, die visse maak daarin liefde!  :angel12:

Meraai vannie Baai:
Antjie Patat, ek wil bedel om te deel by die kombuishoekie by die gevreetboek maar nie seker of ek dit kan plaas sonder dat die poppie-polisie jou toesluit nie lol.

Antjie Patat:
Meraaitjie, ek deel vreeslik graag mos, maar hierdie ene moet mens voor gulde uithaal om te kry, so ek dink die eienaars gaan my met n blou lug jaag... ek dink ons los hom dalk eers maar hier....

Meraai vannie Baai:
Hiehiehie, ja nee ou Antjie. Dit soek ons definislis nie! Hy sal net hier bly staan  :notworthy: :headbang:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

[*] Previous page

Go to full version