Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: Angelica on November 16, 2011, 06:45:04 AM

Title: Wat laat jou bloed sweet ?
Post by: Angelica on November 16, 2011, 06:45:04 AM
Wat laat ander mense bloed sweet, wonder ek altyd.
Almal lyk altyd so gemaklik in hul lewens, so asof hulle alles onder beheer het.
Ek bestuur al minder in stadsverkeer.  Ek kan om die dood nie die baie beweging en gewoel hanteer nie. Wil sommer in trane uitbars.
En dan natuurlik 'n lughawe... oh my word.  Almal is oppad of kom vanaf en weet nie waarheen nou.
Skrillende telefone met iemand aan die ander kant wat jou aandag eis... kan dit nie hanteer.
En so kan ons aangaan....

Title: Re: Wat laat jou bloed sweet ?
Post by: PM on November 16, 2011, 07:17:42 AM
Daardie "alles onder beheer" is maar net 'n masker dink ek.  Ons word so ingedruis dat 'n ander nie jou pyn en lyding of jou bekommernisse mag raaksien nie, dat ons swaardra al aan die eenkant.
Mense bly maar stil en laat jou in die duister oor dinge wat pla, seker om die vrede te bewaar.  Vrede vir wie?
In Zambezi, 'n hoofpad wat baie besig is, is daar talle robotte.  Wanneer jy net die regte spoed handhaaf, en dit neem nogal 'n rukkie om die regte spoed vas te stel, dan vang jy die robotte groen.  Soms, as die verkeer stil is, gebeur dit nogal.  Meeste van die tyd kom tien motoriste van agteraf verby gejaag.  Al wat dit meebring is 'n lang ry voertuie voor die rooi robot.  Nou staan jy maar weer in die tou en wag, want die ongeduldiges verstaan nie mooi nie.  Kort-kort sien jy iemand op sy toeter lĂȘ en swaai gebalde vuiste in die lug rond.  Jy kan die woorde mooi sien, want dit word met passie uitgespreek. 
In winkelsentrums loop almal by mekaar verby sonder 'n glimlag of 'n groet.  'n Wilde gejaag na wind. 
Title: Re: Wat laat jou bloed sweet ?
Post by: Fransi on November 16, 2011, 08:04:49 AM
 :hello:

Enige plek of situasie met baie mense ( 6+) ; vorms invul; lawaai; om aandag te moet verdeel ( ek is ongelukkig nie die stereotipe vrou wat "multitasking" aanbetref nie) ens. ens. :-)
Title: Re: Wat laat jou bloed sweet ?
Post by: PM on November 16, 2011, 11:17:49 AM
By vorms invul kan ek nie lees en skryf nie of ek het my bril by die huis vergeet.   :icon_biggrin:
Lawaai dryf my ook teen die mure uit.  Soms voel 'n mens "sonder rede" erg gefrustreerd, dan kom jy agter dit is die lawaai of 'n stuk musiek wat iewers speel wat jou bloeddruk so opjaag.
Title: Re: Wat laat jou bloed sweet ?
Post by: Trapsoetjie on November 16, 2011, 12:33:38 PM
Wat laat my bloed sweet?  :dontknow: Baie dinge, min dinge.

Dit hangaf van watter kleur ek my bevind, of sal ek se, hoe die wind waai.

Dinge wat my vandag tot die dood toe irriteer, maak more niks aan my. Soms is dit iets klein soos iemand se stem, aghhhh.

Taksies wat op my motor se stert ry, (Wil my laat vra, wat is dit wat jy in my kattebak gelos het?) gewoonlik (soos gister weer) trap ek briek. Dis laat my gou lag, het jy al gasien hoe briek kriek agter daai stuur  :icon_biggrin: Taksie weetie so mooi watter kant om te ga nie.  :icon_biggrin: Dan sweet ek nie meer bloed nie. Dan wil ek my in 'n mik lag. Groot oog Kriek wat spierwit na my staar, jaaa mag dit vir jou 'n les wees, nie alle dames is bang nie. Party van ons is net baie dom..  :evil6:

Dan die agterbakse tweegevreet soetbekkies wat saam mens werk, of net op jou pad kom. Vir hom gee ek net genoeg tou...  :evil6:

Dan kla kouse, my genade, kry tog 'n lewe, moet mens altyd so negatief wees...dit moet uitputtend wees!

Elkgeval dis ek vir nou!
 :angel12:
Title: Re: Wat laat jou bloed sweet ?
Post by: PM on November 16, 2011, 12:56:35 PM
Daar is niks so erg soos iemand wat alewig kla nie.  Moenie vra hoe gaan dit nie, want dit is al wat jy gaan hoor.  Die probleem is, as daardie mense regtig siek is of hulp nodig het, dan neem niemand hulle ernstig op nie.

Mense wat altyd negatief is.  Hulle sien die donker sy van die lewe raak nog voordat hulle dit 'n kans gegee het.

Dan kry jy die sonnige outjies wat altyd lag, nooit kla nie, maar jy weet, sy laste is swaar om te dra.  Hulle maak nogal die lewe die  moeite werd.

Title: Re: Wat laat jou bloed sweet ?
Post by: Angelica on November 18, 2011, 06:14:03 AM
Wat laat my bloed sweet ?
As ek soggens bultjie-op loop tot by die stopstraat waar my kind my optel vir werk toe ry.
Ek het nie nodig om daai sweet te sweet nie, hy kan my voor my hek oplaai, maar dis 'n lekker bloed sweet.  Ek hyg en kramp en wens ek kan my hakkies net daar uitskop en sommer net daar op die sypaadjie los.
Dan is daar natuurlik gym se bloed sweet.  Daaroor kan ons ure gesels.
Title: Re: Wat laat jou bloed sweet ?
Post by: PM on November 18, 2011, 06:40:35 AM
As ek wag vir iemand wat laat is.  Kort voor lank het ek die bobjaan agter die berg gaan haal.  Dit is nie 'n probleem as jy iemand kan skakel nie, maar dit is nag as jy geen kontak het nie.