Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Wêrelde Weg se plek => Topic started by: PM on July 23, 2011, 11:01:02 AM

Title: 'n stukkie van jou...
Post by: PM on July 23, 2011, 11:01:02 AM
WW, ek het hierdie pragtige gedig van jou hier kom plaas waar almal dit kan raaklees.   :notworthy:

'n stukkie van jou...

Met die nag-hemelruim so donker blou.
Glinster die maan ragfyn mooi van waar hy
sy poeier silwer oor my kom strooi.

Dan staar ek na hom
en wens ek kon n stukkie-self
van die maan afbreek.

Ek sal hom dan in my sak kan sit vir later,
as ek om die kamp vuur sit
en dit saam met vuurlig-vonk eet…
Title: Re: 'n stukkie van jou...
Post by: Angelica on July 24, 2011, 10:54:22 AM
Klink soos 'n seening vanaf die maan. Mooi.
Title: Re: 'n stukkie van jou...
Post by: Trapsoetjie on January 16, 2012, 03:20:10 PM
"Met die nag-hemelruim so donker blou.
Glinster die maan ragfyn mooi van waar hy
sy poeier silwer oor my kom strooi."

Dis ongelooflik mooi. Gewoonlik dink mens aan die donkernag as 'n onheilspel. Hier sien jy die mooi daarin.
 :angel12:
Title: Re: 'n stukkie van jou...
Post by: PM on January 16, 2012, 03:57:40 PM
Hy skryf sulke mooi goed.  Ek wag vir die volgende een. 
Title: Re: 'n stukkie van jou...
Post by: werelde weg on June 06, 2012, 10:17:16 AM
haai en hier kom ek toe ook af op iets van my eie goedjies....
dankie patrys vir die deel ek sal dan nou nog n paar moet skryf
om die duisende honger siele te voer hehehe.....

Title: Re: 'n stukkie van jou...
Post by: PM on June 06, 2012, 11:35:17 AM
Al is die komtaartjies maar min, kyk net hoeveel keer is dit al gelees!
Bring daardie mooi goed van jou WW.  Ek is ook honger vir nog. 
Title: Re: 'n stukkie van jou...
Post by: Ah Willa on June 06, 2012, 12:36:50 PM
jy beter WW - anders gaan hierdie rooikop moeilik raak ...

my stoel is gereed en koffie gemaak :-)

ek stem met Trappies - jy het 'n manier om dit wat ons normal weg as nie meer mooi te sien nie - weer mooi te kom aanbied ...
die nag het soveel seer gebring ... tog is daar nog mooi blink in die hemelruim - dankie WW
Title: Re: 'n stukkie van jou...
Post by: Meraai vannie Baai on June 06, 2012, 01:29:33 PM
Prrragtig  :book1: :icon_salut:
Title: Re: 'n stukkie van jou...
Post by: Ans Botha on February 23, 2013, 11:01:52 AM
WW eerste keer wat ek van jou gedigte lees. Plaas maar nog, dit is werklik baie goed. Dit laat 'n mens wens jy kan 'n droom vang en dit werklikheid maak.
Title: Re: 'n stukkie van jou...
Post by: PM on February 23, 2013, 02:50:16 PM
O daai WW moet dat ek vir hom in die hande kry, ek breek sy pen se punt af!

WW, waar is jy?  Patrysie verlang na jou. 
Title: Re: 'n stukkie van jou...
Post by: werelde weg on March 16, 2013, 01:11:17 PM
nee nee patrys... moenou nie agressief raak nie ...  :munky2:

dankie julle ek vergeet soms va die ou gediggies ....

op die stadium is ek besig met 2 groot kommiesie sculptures so tyd vir skryf is min maar iets broie hier in my kop vir n stukkie papier geskrewe
Title: Re: 'n stukkie van jou...
Post by: PM on March 16, 2013, 01:20:43 PM
Mooi so, Patrysie sien en hoor! 
Dit was heerlik om weer 'n kuiertjie te kon maak, dankie matertjie. 
WW, ek lief jou werk en gelang vir nog 'n skryfseltjie, ek wag.   :icon_biggrin:
Title: Re: 'n stukkie van jou...
Post by: adele on December 21, 2019, 05:33:31 PM
so lank gelede, maar hierdie stukkie-self wag nog steeds om afgebreek te word ....
Title: Re: 'n stukkie van jou...
Post by: PM on March 12, 2020, 02:16:01 PM
Dit is hierdie blik uit die verlede wat my geweldig laat verlang.  Wat het tog geword?  :crybaby2: