Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Kom kuier saam => Topic started by: adele on March 09, 2015, 12:22:43 PM

Title: spelfoute of onkunde
Post by: adele on March 09, 2015, 12:22:43 PM
Ek moet hierdie deel, mens mag mos nie goeie humor net vir jouself hou nie. Ek leen dit by 'n vriendin op fb se taalhoekie ... sy het dit weer by iemand anders geleen....

Ek het dit gegaps by 'n vriendin:
Advertensie op Face Book
"More mensies kan almal wat kotte of mooi pramme wil verkoop vir my fotos stuur en pryse . Asb nie belaglike pryse nie. Kan my whatsapp dankie lekker daggie vir almal"
 :toothy4: o ja, moet byvoeg die kommentare alleen is goue humor.

Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Angelica on March 09, 2015, 05:02:41 PM
Whaaaahahahaha....
Dit is hoogs snaaks.
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Meraai vannie Baai on March 10, 2015, 06:20:12 AM
Hahahaha, bulder alweer onvroulik hier!  :evil6:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Naas on March 31, 2015, 09:57:19 AM
Sy spesifiseer nie of dit vol of lee pramme moet wees nie en geslag is ook belangrik. Jy wil tog nie blou pramme aan dogtertjies probeer afsmeer nie.
 :icon_bigsmurf:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Angelica on April 11, 2015, 08:16:01 PM
NAAS!!!
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: PM on April 14, 2015, 09:08:49 AM
O hallie ha!  Heerlik om julle weer bymekaar te sien.
Ek wens ek kon iets vind wat die syne hier versterk. 
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: adele on April 14, 2015, 08:21:20 PM
waar is julle?
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Angelica on April 15, 2015, 07:10:24 PM
Ek sien daai 'syne', maar se niks..
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Naas on April 15, 2015, 08:51:49 PM
As syne te swak is gaan geen seine werk nie.  :pottytrain2:
(Dit maak nie saak hoeveel goedkoop pramme jy aankoop nie)  :coffee2:  :read2:



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Meraai vannie Baai on April 16, 2015, 07:27:57 AM
 :notworthy: :notworthy:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Naas on April 16, 2015, 08:36:49 AM
Sommiges is kleintjies
Sommiges is grotes
Sommiges lyk mooi
Ander of hul dood is.
Sommiges is rond
Sommiges is plat
Sommiges net vir kyk
Ander net vir vat.
Sommiges staan op
Sommiges hang af
Maar almal van hulle
Kan plesier verskaf.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Meraai vannie Baai on April 16, 2015, 09:21:17 AM
Kom staan nader vir jou drukkie Naas. Ek liefffff hierdie  :icon_biggrin: :book1:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Naas on April 16, 2015, 10:23:31 AM
Geinspireer deur die Kampkiewiete en aangepas deur die uwe.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Meraai vannie Baai on April 16, 2015, 10:56:41 AM
Wie is die kampkiewiete?  :toothy4:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Naas on April 16, 2015, 01:38:04 PM
Nuwerige Afrikaanse liedjie van Pierre Rossouw.
Hy verwys meer na die agterstewe maar ek dink dit pas op baie anner plekke.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Angelica on April 16, 2015, 07:43:31 PM
 :toothy4:
Jinne, julle kan tjol praat.
Vernaam daai Naas.
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Naas on April 16, 2015, 08:27:40 PM
Ek maak geweldige kapsie teen die opmerking. Nou's ek diep beswaard en gaan prosedeer tot in die hogere howe. Daai Naas het in sy lewe nog nooit tjol gepraat as dit nie aan die reine waarheid gekoppel was nie.




 :icon_bigsmurf:


Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: adele on April 16, 2015, 08:31:26 PM
  :icon_biggrin:   :icon_biggrin:   :toothy4: 
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Angelica on April 17, 2015, 07:21:46 PM
KLIKBEK!!!

 :kermit:
Ek is seker PM sal my kant vat.
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Naas on April 17, 2015, 07:37:58 PM
PM kan niks vat nie... Sy het swak syne.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Angelica on April 18, 2015, 12:54:17 PM
Ook maar goed vir jou, want sy sou jou expel het.
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Meraai vannie Baai on April 20, 2015, 06:23:10 AM
En ekke loop en spoorsny vir die laaste krummeltjies van die kuier  :icon_biggrin:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: PM on June 22, 2015, 11:16:34 AM
Kyk, ek het net gedink Naas sal iets daarmee kan doen.   :sign10:  Syne, myne, hare en tanne of so-iets.   :icon_scratch:

Sies!  Julle weet mos ek kan nie spel nie!   :angel12:

Skuus Els, maar ek hou van die tjol-stories!   :angel7:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Anastasia on June 22, 2015, 02:15:04 PM
Kom lees ek hierdie raak, ek rol soos ek lag!  Nou die dag net so lekker gelag.  Een van my facebook maters (heel te prim and proper)  wens my 'n aangename nagrus toe.  Nou, op die sleutelbord is die 'b' en 'n' mos langs mekaar.  Se sy toe:  Lekker slaap en baai.  Maar toe sleutel sy die 'n' ipv die 'b'.  Sy vra nog elke dag verskoning!
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Meraai vannie Baai on June 23, 2015, 10:36:09 AM
Bulder ek alweer baie onvroulik diekant. Vir 'n prim en propper vrou sal dit 'n nare foutjie wees  :toothy4: Lees ek anderdag die foute wat kan voorkom van daardie gehate self-herstelde-funksie op die fone ens. Mannnn, ek is bly dat ek in sommige gevalle knoppiesgestremd is!  Ek praat al klaar deurmekaar wil nie eers dink as ek nou nog kon SMS stuur nie lol. Vandag gesels ek kliphard met myself toe ek 'n knooplose denim uit die kas haal. Net na ek hom aangetrek het onthou ek die ding kort 'n knopie. Bitter dankbaar daar was niemand in die omgewing want toe kom dit so uit: O ja! Jy knoop 'n kortie  :icon_bigsmurf:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Anastasia on June 23, 2015, 12:20:31 PM
My ma kon haar woorde so omruil.  Sy het altoos gese:  Man, 'n perd met vier pote struikel en val soms, waarom kan ek met een tong dan nie soms struikel nie.  Mooi dag vir jou en Outop daar in Gatkantland.
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Meraai vannie Baai on June 25, 2015, 09:02:48 AM
Dankie baie baie vir die mooi-dag-wense. Diekant is dit jou waarlik alweer aand en ek het oudergewoonte eers kom dwaal deur die forumlanings; so dankbaar dat daar nuwe leesstof is  :notworthy:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Naas on June 25, 2015, 10:21:16 AM
Die Japanese meisie het haar telefoonnommer soos volg vir die belangstellende man gegee: "oh sex, sex, sex, for free tonaai" Haar nommer is 06664329



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Anastasia on June 25, 2015, 10:30:05 AM
My rekenaar het nog nooit weer die koffie shower gehad sedert ek nie op die forum was nie.  Vanoggend is hy (of sy) weer goed met koffie gedoop.  Dis 'n skitterende een daardie Naas!  Hie hie hie hie ha.   :icon_cheers: :evil6: :icon_biggrin:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Naas on June 25, 2015, 10:33:21 AM
Gelukkig is die nuwe skoottikkers koffieproef. Bly jy kon bietjie lag. ek sit en wag vir die volgende groep om eksamen te kom skryf. Sit natuurlik met die wereld se merkwerk wat ek uitstel vir more.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Anastasia on June 25, 2015, 10:36:57 AM
Ja, ek ken daardie uitstel tegniek.  Met my wat tale gegee het was die merkwerk geweldig baie.  Ek doen kontrak merkwerk vir Unisa.  Hou my kop darem besig. Ek het mos onlangs nog weer verdere nagraadse studies voltooi. Sit self met 'n hopie, maar dit hou my beursie vol vir my eie benodigdhede, hou nie daarvan om geld te vra vir my man nie.  Hy hou die huishouding aan die gang.  Sterkte met die skoolhou, dis tog suiwer voorreg, glo my ek mis dit vreeslik. Ek hou nie van die skootsitters nie.  Ek verkies steeds die staan rekenaar.
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: PM on July 01, 2015, 01:39:45 PM
Skootsitters!   :sign10:  Pragtig gestel Anastasia.  :icon_salut: 
Vra iemand vandag (Woensdae is ons biblioteek oop van 10 tot 12  :icon_biggrin:) of ek opvoedkundigeboeke lees of liefdesverhale.  Nee seg ek, ek dink ek is nou klaar opgevoed.  Nou wil ek net lekker ontspan met 'n boek boek.   :icon_biggrin:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Anastasia on July 02, 2015, 07:48:40 AM
Ek kom ook agter ek wil nie meer lees en vra wat die dieper betekenis is nie. Ek wil my in ander se stories verloor sodat ek van my eie kan ontsnap.
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Meraai vannie Baai on July 02, 2015, 09:44:00 AM
Baie baie bly dat dit nie net ek is wat so voel nie  :icon_biggrin:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Jeannedarc on July 18, 2015, 07:23:50 AM
The other day I was walking in a shopping mall and I saw the most amazing "pramme" in a display window - all different sizes and shapes with most of them not even suffering from coopers droop and not to mention the colours . . . they even had wheels these pramme. Ohh I saw a number of "kotte" too  :love7:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Meraai vannie Baai on July 19, 2015, 09:56:32 AM
Bulder alweer onvroulik diekant van die aardbol  :headbang:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Naas on July 19, 2015, 10:56:35 AM
Miskien is dit tyd dat ons 'n liedjie maak oor pramme en kotte...

En ek se Sproeitjies, magtag
jou pram hang in die sop
en as jy nie passop nie
loop die sop oor in die kot
Sproeitjie jy's nou al oud ja
so als wys nie meer op
ek wens ek kon jou deur my katarakke sien...


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Anastasia on July 19, 2015, 04:57:04 PM
Ek kom net hier verby om te demonstreer hoe ek lag!   :wav: :bunny: :bunny: :bunny:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Meraai vannie Baai on July 20, 2015, 12:52:18 AM
Ag vadertjie toggie tog, net toe ek dog daar is nie meer plek vir nog 'n opgekrukkelde lagvou op my gevreet nie, lees ek die ene raak.
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Naas on July 20, 2015, 11:14:20 AM
O fffff..isantvere! Ek hoop die onderwerk is in die kroeg naders gaan Petronella Margerita Smith my weer dood aanrand.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Anastasia on July 20, 2015, 11:34:28 AM
Hie hie.  Gelukkig gaan ek nou eers gou loer, voordat ek reply, anders was ek saam met jou in die sssss..storie !
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Anastasia on July 20, 2015, 11:36:54 AM
Ha la ka la la.  Nee ee nee ee, dit is nie in die kroeg die onderwerp nie!   Piet Magriet!!!!!!!!!  Kom kyk vir Naaaaaaaasssss!   :icon_cheers: :icon_cheers: :icon_cheers: :icon_cheers:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Naas on July 20, 2015, 12:00:05 PM
Nou's dit hoeka te laat (686 keer gelees) en al die jongmense wat pramme soek om hulle kindertjies in te stoot gaan saamsing.
Google is die grootste skinnerbek wat ek ken.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Anastasia on July 20, 2015, 03:29:10 PM
Lekker lag ek nou.  Imagine 'n pervert gaan soek 'pramme' op google en word hierheen direct.  Hy gaan lekker flat bande he!!!!!  O, ek geniet die stoute streke van ons hier.
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Naas on July 21, 2015, 02:37:43 AM
Dis nou daai tyd van die oggend wat mens se sondes jou oopoog bekruip en die slaap verjaag.
Onthou Naas mos nou weer die matrasrugbywedstryd wat Gerhard Viviers uitgesaai het. Dis nou die rugby wat daai agtermekaar kêrels altyd speel. die Hall-broers het altwee voorry gespeel as my geheue my nie innie steek laat nie.
Ek besef dis nie die kroeg nie maar hou maar by die pram topic.
Die uitsaai het amper so iets geklink:
"En daar ontstaan 'n woeste los gemaal vir die bal op die doellyn. Dis 'n gespook en 'n gespartel maar die bal kom nie uit nie. Die ref blaas sy fluitjie maar hier langs die kant is daar eers twee manne wat handsakke uitruil. Hulle moet sak vir 'n vaste skrum en dis Noord Transvaal se Kleinstingel wat die bal moet insit. Die manne stoot vir 'n vale. Dis diekant, daaikant, onderkant en fraaikant toe en Dan's daar 'n los pram innie skrum en WP haak vannie vaskop Kant af En DIS 'N OORSTOOT DRIE IN BESERINGSTYD!!!.
Ek wonder wat gaan WP met 'n laatlam op 'n wynplaas maak."


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Meraai vannie Baai on July 23, 2015, 04:03:27 AM
Ek sit met my oor styf teen die draadloos soos van ouds en geniet die uitsending  :headbang:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Anastasia on July 30, 2015, 12:51:02 PM
Meraai, ek het my oor by die ander luidspreker.  Ek wag om te sien wanneer Naas pak slae kry, alhoewel die deler sekerlik net so goed soos die steler is.  Een Naas is al wat ons gekry het.  Enig en kostelik!    :bunny:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Naas on July 30, 2015, 05:09:54 PM
Gelukkig is ek nog nooit in die gesig geslaan nie. ek kyk nie om as ek wegskuifel op my krukke nie. Toe ek jonger was was ek 'n Springbok langafstand bokser.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: PM on August 07, 2015, 11:21:15 AM
Goeiste, ek is bly julle sin vir humor is nog mooi gesond.   :hello2:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Naas on August 07, 2015, 11:54:22 AM
Hierdie is nog niks. Jy moet my hoor as ek stort.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: PM on August 07, 2015, 12:00:12 PM
Kom kuier Naas, dan kan ek jou afluister.  :icon_biggrin:  Ons kuier 'n paar dae hier by Gerhard in Centurion.  Gelukkig het hy internet.   :wave:
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: Meraai vannie Baai on August 07, 2015, 12:55:57 PM
Dit is wonderlik om jou weer te 'sien' tussen die lyne PM!
Title: Re: spelfoute of onkunde
Post by: PM on August 10, 2015, 05:17:56 PM
Dis 'n groot frustrasie om nie internetopvangs te hê nie.  Ons wag ook al maande vir 'n landlyn!   :dontknow:
Gelukkig is ons baie tevrede "innie bos".  Dit sal ook nou begin warmer raak, dan is ons al vyfuur in die veld. 
Wonderlik om nie voertuie, vliegtuie en blaffende honde te hoor nie.   :hello2: