Die Afrikaanse Forum
Voorstelle en klagtes => Waar is jy? => Topic started by: Meraai vannie Baai on November 24, 2019, 03:41:24 AM
-
Meraai vannie baai is effe beswaard. Ouens die forum het julle nodig, op die oomblik is ek moeg om elke keer my eie naam by plasings te sien. Was dit nie vir Adele nie was ek stoksielsalig alleen aan't dwaal deur die forumgange. Daar MOET meer wees as net kwale en skete en etes waaroor ons kan skryf. Groot asb. kom neem weer deel sodat ek ander name kan raaklees en nie net twee lede sin nie :crybaby. Voel my ek hou die forum kunsmatig aan die lewe alhoewel ons rekord lesersgetal die teendeel spreek waaroor ek jubel en juig.
-
so het ek ook al gewonder, lief Raaitjie .... :dontknow:
-
Spesiale drukkie vandag vir jou. :love7: :hello2: :angel8:
-
Hier by my gaan dit rof. Die groot K se sekel maai onder die familie. Eers my dogter se skoonpa. Hy was pas begrawe toe word my dogter se man gediagnoseer met Kanker. Hy wen sy eerste stryd teen die siekte net om 14 dae later te hoor dat daar 'n nuwe een posgevat het en behandeling van voor af. Terwyl hy behandeling ondergaan hoor ons sy ma het ook kanker. Sy is twee weke terug begrawe. My skoonseun baklei nog voort maar geen behandeling het enige effek op die kanker nie, dit tier maar lustig voort. Intussen is my vrou se jongste broer hospitaal in, hospitaal uit met kanker in sy rug wat besig is om al sy rugwerwels op te vreet.
Julle moet dus verskoon as ek bietjie asemloos is. Dis net werk hospitaal slaap werk... ens.
Gelukkig is dit amper vakansie maar vanjaar meer as ooit sien ek nie uit na die feesseisoen nie.
Vir persoonlike redes hoe ek niks van die tyd van die jaar nie maar nou le dit soos 'n berg voor my.
:icon_bigsmurf:
:mumum:
-
So bitter jammer om te hoor van al die nare nare gebeure rakende jou geliefdes Naas :crybaby2: wat kan ek skryf? Die lewe is hard en wreed. Dankie dat jy ingeloer het om te laat weet. Vou jou toe met omgee en verstaan.
-
Ek verstaan so klein bietjie van jou seer oor wat was, jou moedeloosheid wat tans soos 'n mantel om jou hang en jou angs oor more ... elkeen ervaar kanker en behandeling en remissie en verlore stryd anders as die een agter of voor jou. Elkeen klou vas aan iets anders vir troos ...vir my is geloof in God alles, ek loof en prys die Here met die woorde ".... nogtans sal ek God loof en prys"
Maar ja, te midde daarvan het ook ook baie trane gestort, voor, tydens en na die Weggaan van my geliefdes. En vandag? Soms gebeur iets, 'n stukkie musiek, aanhoor van 'n geselsie van onbekendes in 'n winkel, 'n opskrif in 'n tydskrif, dan loop my trane maklik.
Ek wil nie graag ander se gevoelens openlik deel nie, hulle seer (en soms afsku oor K) lê te diep, maar een ander troos is, ons is nie alleen in die ondervindinge van kanker nie. En ander siektes? Sommige is erger, ander minder, maar dieselfde angs, moedeloosheid en seer hang in en oor baie geliefdes en naastes in Christus en buite ons kringe.
Sterkte lief maat, altyd is ons maar net 'n paar woordjies of oproep ver.
-
Hallo Meraai :icon_salut:
-
Ek gee eers op.
Ek en Assie baklei nou al onder mekaar van eensaamheid hier op die forum.
Gaan eers 'n breek vat tot volgende Maandag.
Die gaste praat nie terug nie en lees dieselfde onderwerpe oor en oor.
:icon_bigsmurf:
-
Hallo julle
Gaan ook effens dol hier.
Ek kom binnekort weer koffie drink op elke voorstoep.
-
Naas, Assie en Antjie julle is 'n vars briesie vir my diekant van die aardbol. Adele, jou geloof hou my op die regte pad! Ek het een troos, ons gaste lees nog en dit dui daarop dat hulle nog soek na ietsies in Afrikaans. Of dit nou ter inligting is oor 'n skeet, 'n grap, digstrukture of deeltekens is, ek was nog nooit hier dat dit net ek was nie. 'n Mens raak moeg om met jouself te gesels verseker. Gelukkig was daar nog altyd spokies en skaduwees in die agtergrond as ek kom loer. 'n Baie spesiale woord van dank van my kant af vir elkeen. Kyk die verskillende onderwerpe wat hulle vandag by inloer:
Meraai vannie Baai 10:52:50 PM Viewing the board index of Die Afrikaanse Forum.
Guest 10:52:40 PM Viewing the topic ons troue- met verjaarsdae, huweliksherdenking, kuiers ens.
Guest 10:52:37 PM Viewing the board Woordbou .
Guest 10:52:30 PM Viewing the topic Die sopdieët.
Guest 10:52:05 PM Viewing the board index of Die Afrikaanse Forum.
Guest 10:51:50 PM Viewing the topic Boerneef - 1959.
Guest 10:51:20 PM Viewing the board Spelling.
Guest 10:48:09 PM Viewing the board Die Gorrel plek.
Guest 10:48:03 PM Viewing the topic Blokkieland en die draak.
Guest 10:47:51 PM Logging into the forum.
Guest 10:46:47 PM Viewing the topic Net drie dae oud toe haar ogies vir laas gesluit het!.
Guest 10:46:17 PM Viewing the topic Kankerbehandelings - wat jou nie altyd vertel word nie.
Guest 10:45:23 PM Viewing the board index of Die Afrikaanse Forum.
Guest 10:44:54 PM Viewing the topic Politieke humor uit Ausie.
Guest 10:44:28 PM Viewing the board Souse.
Guest 10:44:20 PM Viewing the board Elizabeth se plek.
Guest 10:44:12 PM Viewing the board Hoendergeregte.
Guest 10:43:32 PM Viewing the board index of Die Afrikaanse Forum.
Guest 10:41:07 PM Viewing the board Die Hoof se kantoor.
Guest 10:40:51 PM Viewing the topic Om te weet: Seëning of vloek?.
Guest 10:40:08 PM Viewing the topic My liefde vir Afrikaans.
Guest 10:39:49 PM Viewing the topic ?????.
Guest 10:39:12 PM Viewing the topic hier wou ek net agterbly.