Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on May 19, 2011, 08:17:29 PM

Title: Afrika kind
Post by: Naas on May 19, 2011, 08:17:29 PM
My Afrika kind,
jou maag ballon voor jou uit.
Naeltjie wys vinger

Kind uit Afrika
weet hoe om honger te wees,
vir swaarkry ken jy.
Maar waar ek jou ook al sien
straal jou gesig vol tande.

Afrika se kind,
wat probeer jy vir my leer?
Wysvinger naeltjie...

Haiku, tanka, haiku


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Afrika kind
Post by: Angelica on May 20, 2011, 03:40:34 AM
 :angel8:

Jou beeldspraak is pragtig.
Title: Re: Afrika kind
Post by: Naas on May 20, 2011, 06:15:40 AM
Weet jy wat is vir my pragtig? Die feit dat ek nog 'n maatjie gekry het hier op hierdie nuwe forum.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Afrika kind
Post by: PM on May 20, 2011, 09:01:45 AM
Dankie Naas.  Het jy tyd om die haiku en tanka te bespreek?  Dit sal baie gaaf wees.

Een van die dae kuier ons saam.
Title: Re: Afrika kind
Post by: Trapsoetjie on May 20, 2011, 09:04:16 AM
Dis mooi. Ek sien die kind langs die pad, wat waai, met 'n bekkie vol tande.  :icon_biggrin:

 :angel12:
Title: Re: Afrika kind
Post by: Fransi on June 17, 2011, 08:26:56 AM
Pragtig! Vreugde en vriendelikheid selfs te midde van gebrek.
Title: Re: Afrika kind
Post by: Meraai vannie Baai on July 07, 2011, 02:57:44 AM
Soos altyd:beeldende woorde wat mens bybly  :notworthy: