Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: Lox on November 21, 2011, 06:47:28 PM

Title: vryery
Post by: Lox on November 21, 2011, 06:47:28 PM
'n Polisieman op patrollie sien een aand 'n kar in 'n verlate straatjie geparkeer. By nadere ondersoek blyk dit dat daar twee tieners in die kar sit, 'n jong man voor besig om 'n rekenaartydskrif te lees, en 'n jong meisie agterin besig om te hekel.

Die polisieman klop aan die venster, en die jong man maak dit ook. "Ja, konstabel?" "Wat doen jy?" "Ek lees 'n rekenaartydskrif, konstabel."

"En wat doen die meisie?" "Sy hekel, konstabel." "Seun, hoe oud is jy?" "Ek is negentien, konstabel," antwoord die jong man. "En hoe oud is die meisie wat daar agter sit en hekel?" Die jong man kyk op sy horlosie en sĂȘ: "Wel, konstabel, oor vyftien minute sal sy sestien wees."
Title: Re: vryery
Post by: Angelica on November 21, 2011, 07:15:21 PM
What a waste of time.. kon hulle nie maar solank begin oefen nie.
Kinders darem.
Title: Re: vryery
Post by: PM on November 22, 2011, 07:22:51 AM
 :icon_biggrin:  Ek hou van wetsgehoorsame kinders.   :icon_biggrin: