Woordskuur > Verskombuis

Die Lock Pandok se "2013 P-menu"

<< < (2/2)

PM:
Ek moet iewers 'n lekker pizzadegieresep hĂȘ.  Sal bietjie gaan soek en dit kom plaas.

Raaitjie, jou tafels is altyd so keurig gedek.  Dalk moet ek kom kers opsteek. 

Meraai vannie Baai:
Oe wonnnnerlik! Bring daai resep groot sebliefie hoor en  :icon_bigsmurf: dankie vir die mooi kompliment PM.

PM:
Hier is solank 'n skakel.  Die resep wat ek het skud jy in 'n houer tot dit 'n bolletjie is dan druk jy dit net in die pan in.  Ongelukkig is alles weggepak na die vloed, maar sodra ek uitpak kry ek dit weer en dan stuur ek dit aan. 

http://www.foodnetwork.com/recipe-collections/pizza-dough/index.html?No=0&sort=MostViewed

Meraai vannie Baai:
 :hello2: :notworthy: Ekke hom gou veilig gaan bewaar!!

Fransi:
 :hello:

PM, ek het nou gaan kyk na die resep en dit lyk heerlik.

My ma het ook een gehad wat jy skud in 'n bak, totdat dit 'n bolletjie is wat jy kan plat druk in 'n oondbak, maar ek weet nie waar die resep is nie. Dit was altyd 'n groot bederf, maar ek onthou die kors was nie soos 'n gewone pizza een nie, meer bros.

Dit is so waar, Meraai-hulle se tafels  laat my altyd dink dat elke ete daar beslis spesiaal is. Pragtig. :-)

Navigation

[0] Message Index

[*] Previous page

Go to full version