Die kuierstoep > Kom kuier saam

Lox, vertel vir my....

(1/10) > >>

Angelica:
Lox, vertel vir my bietjie oor wingerde...
Kan jy enige kultivar's naby mekaar plant?
Het verskillende kultivar's verskillende bemesting of bespuiting nodig of kry almal dieselfde medisyne en grond?
Het 'n wingerdstok blommetjies of waar kom die vruggies vandaan?
Word dit deur goggas bestuif?

En jy lag NIE. 
Ek ry elke dag twee keer om Durbanville Hills en is gek na die wingerde wat nou so mooi staan.
En, by the way, hulle het die koring begin stroop vandag.  Pragtig. Absoluut pragtig.  Verlang terug plaas toe.  Na lande en lande vol koring en ertjies en boorde vol vrugte.... 

Meraai vannie Baai:
My plek geboek vir hierdie antwoord  :notworthy:

Lox:
sjoe jy vra so min vrae wat so baie waarde kos om te antwoord

nee ek lag nie vir jou vrae nie geen vraag is dom vraag want jy weet weer baie ander goed wat ek nie weet nie. en as niemand jou vertel nie sal jy nie weet nie en hoe moet iemand weet dat jy nie weet nie as jy nie vra nie.

as ek mense die plaas en kelder wys wil ek hê hulle moet vra anders dink ek ek praat net klomp bollie en hulle sluk dit vir soetkoek. soms kry mens een wat hom probeer slim hou en jou probeer vasvra maar dan seg ek reguit ek weet nie die slim mense weet dalk.


vraag 1
kultivars naby mekaar, ja teen mekaar en deurmekaar, hulle verbaster nie. maar ons plant 'n hele blok met dieselfde cultivar en nie deurmekaar nie om dieselfde cultivar te oes. in die kultivars kry jy ook klone wat selfde cultivar is maar verskillende klone of karaktertrekke. so al een kloon van hanepoot bv minder dra as ander kloon en dalk hoër suiker tot gevolg het. by steen ( chenin blanc) kry jy i kloon wat meer dra of ander een minder dra, sommige digter kompakte trosse ander losser tros, meer of minder bestand teen siektes of ander geure as die ander kloon het.

as jy dink vraag een is omslagtige antwoord dan moet y geduld vir vraag 2 se antwoord hê.

ek praat maar net van die kultivars wat ek ken, daars baie wat ek nog nie eers die name gehoor het.

eerstens kyk jy na die grond en besluit watter onderstok aard in die spesifieke grond en dan watter kultivars is aanpasbaar met daai stok en grond en klimaat.

daar is verskillende wyn doelwitte. soms verskillend vir verskillende kultivars, soms selfde  vir verskillende kultivars en soms selfde kultivar verskillend. ( nou praat ek jou kop lekker deurmekruis ne)

jy kan bv van chenin blanc 'n baie goeie en lekker chenin blanc maak wat in die bottel kom en pryse wen as cultivar wyn. dan kan jy dit ook gebruik as net gewonde droog wit of versnit wyn ( met colombar) of kan ook soetwyn maak daarvan of wyn vir die verstoking van brandewyn. dis nie al die cultivars wat so veelsydig is nie. hanepoot kan jy droë wyn, droog versnit of soetwyn maak maar nie brannewyn nie agv die muskaat geur.
rooi cultvars kan jy goeie cultivar rooiwyn maak, of versnit rooi of soet rooi of rooi port of selfde wyn vir brandewyn maar die handel is nei so mal daaroor nie, ek dink nie daar word meer rabat ( brandewyn wyn) van rooi behalwe van hermitage ( cinsaut) gemaak nie. o ja van rooi kan ook rose gemaak word.

jy bepaal voor die tyd wat is jou doelwit vir die druiwe en behandel hom dan so. dan pas jy jou kunsmis program daarby aan en ook jou water gee program. min of meer selfde kunsmis vir als, meer en minder soms en selfde bespuitings vir als, alhoewel jy stokke kry wat meer en of minder vatbaar vir siektes en droogte en te nat is.

pas maar aan en bestuur dit dat dit kan werk.

word vervolg, vra solank verder
 




Angelica:
Hel, ja nee, konfoes is my middelnaam.
Sou nooit 'n wynmaker kon word nie.

Dankie vir die eerste hoofstuk.  Gelukkig kan en gedurig terugkom om weer te kom verfris.

My volgende vraag was:
blommetjies - waar kom die vruggie vandaan? 
Dit word obviously nie bestuif deur goggo's nie.

Ek wil graag druiwe pluk so, en hier is my volgende vraag:
Hoeveel weeg so 'n mandjie en sal ek dit kan dra/sleep?

Tot volgende keer.

Lox:
blommetjies en bevrug en bestuif, ja dit gebeur alles.

maar eers weer waarsku dis so kort vraag en so lang antw. in wyndruiwe besigheid is niks gou nie.
dis nou eerste week november en die wingerd blom nou, alle cultivars nie 100 % op dieselfde tyd nie en ook nie als gelyk op die selfde stok nie. nou gaan ek jou weer effe konfus.
dis nou november 2011 en feb/mrt 2013 ( nie 2012) se oes word nou in die stok gevorm. elke loot bestaan uit paar komponente, die loot self, die blare met die blaar stele en rankies en dan ook trosse. die wingerdstok is eintlik 'n rankplant en daarom het hy rankies wat kan vasklou. die trosse is gewysigde rankies wat korrels dra. Dan is daar ook die ogies waar die blaar uitkom. die blaarsteel vorm teenaan die ogie en die rankies groei aan die teenoorgestelde kant van die ogie. die 2013 se oes word nou binne in die ogies gevorm. daarvoor is genoeg sonlig nodig, daarom breek ons met die hand onnodige lote uit voor blomtyd sodat daar genoeg sonlig eenhede op die ogie kan kom om die rankie eerder 'n tros as 'n rankie te laat vorm. as jy in november winter weer het, soos in november 2009 wat dit so baie gereën en bewolk was, word swakker oes gevorm. daarom was vanjaar s eoes swakker agv 2009 november se bewolk en reën.

daarom ook hoe langer die loog gelos word met snoei tyd is die later ogies op die loot, seg nr 8 tot 12, meer vrugbaar as nr 1 en 2. by meeste wyndruiwe is nr 1 en 2 genoeg vrugbaar dat ons net 2 ogies los. by sommige tefldruiwe is nr 6 tot 8 of 8 tot 12 eers genoegvrugbaar om 'n ordentlike oes te kan gee, soos sultanas, maar daar kom dan weer ander probleme soos groot oplei stelsels en opvleg en ander snoei metodes wat nie meganies gedoen kan word nie.

jy kan ook nie net leke jaar 8 na 12 ogies los nie na 3 jaar is jou prieel vol lote en geen plek meer nie.

nou bot daai loot die volgende jaar en die miniatuur trossie is reeds binne in die ogie gevorm. soos die loot begin groei wys dit 'n trossie. die plant het genoeg sink en boor nodig om ordentlike korrels te vorm en dit moet voor blomtyd gegee word. daar is baie faktore wat die trosse kan beïnvloed.

die korrels wat jy in die eerste trossie sien is eintlik 'n blom.

alle vrugte begin met 'n blom en sover ek weet is die goed wat ons eet as groente en dit blom eers eintlik vrugte, soos tamaties en pampoen. groente is goed wat 'n eet ding dra sonder or voor blom soos kool en wortels en beet ens.

elke korrel wat jy sien was eers 'n blom op sy eie. ons praat van die blomtros. maw daars seg maar 104 of 43 of hoeveel blomertjies aan die tros. daar is 'n stamper en 4 stuifmeel drade. dan is daar 'n kappie bo oor die blom en hy bestuif homself en dan val die kappie af. ons praat van kappiesval. dan sien jy die stuifmeel drade wat los spring en die stuifmeel kom ook uit en jy kan dit soms ruik op 'n doodstil oggend.

daardie stuifmeel kan nie 'n ander korrel besuif nei want dis klaar bestuif voor kappieval en dan begin die korrel vorm of ons praat van korrelset. as die toestande swak is set die korrels sleg en die tros het min korrels wat vasheg en jyt 'n maer tros soos die korrels afspeen veral by hanepoot langkorrel en  ruby cabernet.

jy kan voor blom en in blom kelpac by jou spuitmengsel gooi en dit help met goeie korrelset. kelpac is 'n seewier of seebamboes prduk wat baie sitokonine bevat wat die stok of enige plant help om goeie wortelgroei te kry en dan kry die korrels goeie voeding en sal beter set en minder afspeen.

ek is nie baie opgewonde oor die bewolk en reenrige weer die tyd van die jaar nie. nou is die trossies ook baie vatbaar vir donsskimmel want dis soos nuwe groei wat nog geen beskerming teen siektes het nie. spuit teen siektes is nou baie belangrik en ons spuit voorkomend.

ek wil hoeka  vlg wek kyk op een mooi stil oggend of ek die blomtrosse kan afneem en dalk van die stuifmeel drade ook.

sjoe jy vra en eenvoudige vraag en dan is die antwoord so lank maar ek dink dit sal jou beter perspektief gee van wat aangaan in die stokke.

'n mandjie druiwe weeg sowat 18 na 20 kg, hang af van die cultivar en ook die grootte mandjie maar ons standaard mandjies se gewig is soveel.
van druiwe en oestyd gepraat. ek glo ons wyndruiwe ( meeste van hulle) is baie lekkerder as tafeldruiwe. sagte skil en meer geurig. dit het wel pitte want hoe meer pitte die korrel het hoe meer vleis bou hy om die pitte. maar ek praat nou van sagte skil en geur en smaak. nou gaan jy vra hoekom dan nie wyn druiwe op die mark sit ipv tafeldruiwe nie. wyndruiwe het nie 'n raklewe nie. as jy hom vandag pluk en mooi oppas sal hy dalk oormôre haal.

meeste rooi druiwe se sap is wit want hulle kleur en geur sit in die doppe. daars so paar cultivars wat rooi of pienk sap het, soos alicante Bouche, ruby cabernet en nog een of 3


die lekerste druiwe is goudini so lang korrel hanepoot.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version