Author Topic: anderste vakansie 4  (Read 3424 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline AB

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1930
anderste vakansie 4
« on: March 19, 2013, 03:31:55 AM »
4

Woensdag oggend weer die pad gevat na die vinnige plaas besoek.
Die kerkgebou van Winburg in die daglig



Net na die Vaaltolplaza diesel ingegooi, en jy kry 1,5 liter coke gratis as jy meer as 300 liter ingooi. Dit was net na 12 uur die middag.

 

Sommer ‘n wit en swart foto geneem met rooi.




Eerste skoorstene van rookmasjiene opgemerk op pad sasol toe.



By die bierfabriek verby gery teen 13h30



Op Alberton ‘n bietjie verf afgelaai, net na 14h00.


En 15 minute later weer gery. Ek sien toe dit lyk heel anders as wat ek laas daar was in 19 voertsek. Het op ‘n tyd by ‘n meisie gekuier daar van Alberton. Hulle plaas se naam is Klipriviersberg en die dorp of stad is so om die plaas gewees. Moes ek mooi soek om weer die plek raak te sien soos die nuwe paaie gebou is. Ry toe ‘n “nuwe” pad (vir my) dig teenaan die plek verby.



So kry ons verkeer op die pad, effe meer karre as wat ek aan gewoond is op ons dorpie.
Gautrain se brug daar voor ons oor die pad.




So net na 4 daar by die Centurion  depot aangekom. En baie verf afgelaai en weer van die specials watverby is opgelaai. Die depot se bakkie het gaan aflewerings doen en ek en Johan het sommer van die tyd gebruik gemaak om te stort terwyl ons vir die bakkie se terugkoms wag.
Ons het die aand by my broer en sy gesin gaan slaap, sowat 16 km van daar. Die 16 km het ons sowat 45 minute geneem om te ry en al het ons onder andere op die snelweg gery was ons hoogste snelheid 105 kmpu. So iets is ek nie aan gewoond nie. Maar nou ja ek dink dit moet erg wees om so in die rotte resies vasgevang te wees. Die frustrasie vlakke van daai mense wat elke dag daai paaie ry moet seker hemel hoog wees.
Die geld kan in Gauteng wees maar beslis nie rustigheid nie.

My broer en sy vrou en kinders was baie bly dat ons die aand daar kom kuier oorslaap het. Die grootste rede was dat hy weer ‘n slag voor 11 uur die aand by die huis was dat hulle hom kon sien voor slaaptyd.

Besluit ek toe om sommer iets anders ‘n slag af te neem, met kamera wat stil gehou kan word en nie skud in die lorrie nie.

Sien toe die blomme in skoonsus se huis, en eers wonder sy hoekom ek dan die skildery agter die blomme afhaal.


 


Ek moes ook darm’n bottel lekker wyn afneem, nie aldag dat ek en my broer saam kan rooiwyn drink nie.





Baie lekker gekuier by hulle en goed geslaap. Raak ek in die nag wakker van ‘n geraas van iemand wat val. Johan het gaan draai loop en die vloer is baie glad gepoleer en daar gly sy voete onder hom uit op die trappe en hy hop op sy stuitjie en rug teen die trappe af. Eerste ding wat ek oor bekommerd is is of hy reg is want hoe kom ons by die huis. Ek het wel lisensie en pdp vir die lorrie maar nie ondervinding nie. Sien ek al in my geestesoog hoe ek teen 40 na 50 kmpu hier af kaap toe ry.
Gelukkig geen ernstige besering nie.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: anderste vakansie 4
« Reply #1 on: March 19, 2013, 04:55:47 AM »
Joe het vir my in 'n briefie van hierdie kuier en val geskryf en ons was vir dae kreupel en verfrommeld gelag vir hoe hy die nare ervaring lyntjiegewys oorgedra het  :headbang: