Die Afrikaanse Forum

Voorstelle en klagtes => Baie geluk... Baie welkom => Topic started by: PM on July 16, 2012, 01:20:53 PM

Title: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: PM on July 16, 2012, 01:20:53 PM
Baie hartlik welkom aan jou Elizabeth.   :hello2:  Ek glo en vertrou dat jy nog ure se taalpret saam met ons sal deel hier op die forum.  Voel welkom en skryf saam. 
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: Trapsoetjie on July 16, 2012, 02:41:22 PM
 :wave:  :wave:  :wave:  :wave: Hallo Elizabeth, lekker saam skryf.  :wave:  :wave:  :wave:  :wave:

 :angel12:
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: PM on July 16, 2012, 06:46:15 PM
Ag dankie ou Trappies!  Ek lief jou stinkend.
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: Meraai vannie Baai on July 17, 2012, 01:09:50 AM
Bewe ek van opgewondeheid van my kroontjie tot die kromtoontjie. Welkom welkom Sussa. Hierrrr kom kreatiewe spore - gin lieg!  :hello2: :love7:
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: PM on July 17, 2012, 09:10:54 AM
Jy praat Raaitjie.  Kry ek so ewe 'n briefie:  Mag ek deel wees...   :icon_biggrin:
Ek kan nie wag dat Sussa kom kuier nie.   :angel8:
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: Naas on July 17, 2012, 11:03:53 AM
 :hello2: :hello2: :hello2:

NOU GAAN ONS 'n PAAR MOOI SKILDERYE SIEN.

Welkom maatjie.



 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: Elizabeth on July 18, 2012, 02:58:39 AM
BAIE dankie aan ou geliefde skryfmaatjies! Ek waardeer jul welkomwoorde baie....hou tog net seblief in gedagte dat ek nog "nuuf" is hier op die mooi werf van julle, sal sekerlik weldra "bykom" en alles onder die knie kry. Dankie nogmaals vir die ope arms!
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: PM on July 18, 2012, 08:11:34 AM
Dankie vir die inloer Sussa.  Ons wag in spanning vir jou bydraes.  Een van die dae sal ons weer baie besig wees hier. 
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: Meraai vannie Baai on July 18, 2012, 12:20:13 PM
My plek geboek, soos altyd!
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: Elizabeth on July 18, 2012, 03:32:36 PM

Tralalie! Ek kon dit regkry om iets gepos te kry! Lekker!
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: PM on July 18, 2012, 10:30:14 PM
Dt is pragtig uit en uit!  Ekke♪ hy♪ hou♪ hom♪ vannie ♪ mooi prentjies♪ ekke ♪ hy hou hom van die ♪ mooi deuntjies en hierdie sing en juig in my hart!
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: PM on July 18, 2012, 10:31:17 PM
O jitte!  Dit is baie mooi!
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: Meraai vannie Baai on July 18, 2012, 11:47:33 PM
Amen!! Ekke ♪ saam. Liefffff dit!!!
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: Ah Willa on July 19, 2012, 07:52:48 AM
Ek is verby opgewonde - bietjie erge rowe tyd agter die rug en kon nou eers weer in teken ... en kyk net hierdie heerlik verassing!!! 

Hello Elizabeth - WELKOM!!!!   :wav:
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: PM on July 19, 2012, 08:41:22 AM
Daar is 'n stemmetjie wat vir my fluister dat hierdie prentjie jou eie kunswerk is Sussa.  Jok hy vir my?
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: Elizabeth on July 19, 2012, 12:23:55 PM
Nee, daai stemmetjie praat ware woorde Piet Magriet! En dankie ook sommer Willa, ek's meer as gelukkig hier in jul midde.....maar ek moet jul waarsku, my woorde het soortvan opgeraak, gelukkig het die prentjies meer geword. Sal deel as daar te dele is, dan kan julle maar jul digwoorde bylas as dit julle inspireer of hoe?
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: Elizabeth on July 19, 2012, 12:24:49 PM
Hier's nog enetjie....
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: Ah Willa on July 19, 2012, 12:28:19 PM
te mooi al die kindertjies ;-)   

jou woorde sal weer meer word hier tussen die woordenaars en kunstenaars :-) :love7:
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: PM on July 20, 2012, 06:40:20 AM
Dit is goed gedoen.  Ons het 'n afdeling in ons boek vir kunswerke.  Hoop van harte om jou werk ook daarin te sien.  Louis het ook die mooiste "diereprentjies" in sy plek wat ook boek toe. 
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: Elizabeth on July 22, 2012, 03:14:39 PM
Baie dankie PM! Ek sal my oor styf teen die grond hou!
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: PM on July 24, 2012, 12:45:54 PM
As jy nog in dronkwordspruit is kan jy 'n kopie van die boek by my sustertjie optel om te sien hoe dit lyk.  Spreek net die woord.  Dalk is jy naby my?
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: Elizabeth on July 25, 2012, 07:21:58 PM
Ek is nog in dronkwordspruit ja...en ek spreek die woord...!
Title: Re: Elizabeth Kendall ons nuutste matertjie
Post by: PM on July 27, 2012, 07:55:32 AM
As jy vir my jou adres en telefoonnommer in 'n privaat-epossie aanstuur, maak ek gou 'n plan.