Die Afrikaanse Forum

Die kuierstoep => Die Gorrel plek => Topic started by: AB on February 03, 2013, 04:20:45 PM

Title: eerste skooldag
Post by: AB on February 03, 2013, 04:20:45 PM
n Trotse jong Gautengse mamma sien haar enigste seuntjie af by sy skool vir sy eerste skooldag.

'Wees 'n goeie seuntjie, my goggatjie! Dink baie aan Mammie, Soetlappie! Wag vir Mammie by die hek, my skattebolletjie!

Mammie is baie lief vir jou, onthou dit Liefling!"

Teen die einde van die skooldag wag sy vir hom by die hek.

'En wat het my sterretjie geleer op sy eerste dag by die skool?'

Seuntjie: "Ek het geleer dat my naam Hendrik is."
Title: Re: eerste skooldag
Post by: Ah Willa on February 03, 2013, 07:28:14 PM
My beste maatjie Sub A,B en Std 1 se naam is Hendrik en ons het altyd gespot en gese -  HennnnnnnnnnDRUK en daar le die eier ...  :angel8:
Title: Re: eerste skooldag
Post by: adele on February 03, 2013, 07:35:27 PM
   :toothy4:  
Title: Re: eerste skooldag
Post by: Fransi on February 04, 2013, 09:19:19 AM
 :icon_biggrin:
Title: Re: eerste skooldag
Post by: PM on February 04, 2013, 09:37:43 AM
Dis te oulik.   :icon_biggrin: