Die kuierstoep > Bekgeveg

My patetiese internetspoed

(1/4) > >>

PM:
Dit maak my so de vieste in as 'n mens betaal vir 'n diens en jy sukkel daarsonder.
Vanoggend, dit is na drieuur, sukkel my wielietjie hom dronk om 'n onderwerp vas te keer.  MTN se G-spot is stukkend!
Watter opsie is die beste vir fibre?

Naas:
Dis 'n vraag wat ek jou nie kan antwoord nie. Dit verskil letterlik van voorstad tot voorstad en word bepaal deur dienslewering wat in Suid Afrika wissel tussen ê! Ê! En fokkol.

 :icon_bigsmurf:

PM:
Wat praat jy?  Wat is "diens"? 
Ons het gister ons voertuigregistrasiedokumente gaan haal.  Was baie verbaas om te sien dat daar nie 'n tou is wat 2 kilometer lank is nie.  Twee, net twee kasiere is oop.  Ons sit nog so toe skuif een 'n bordjie voor die venster, in iemand se gesig, tea/lunch.  Ons wag waragentagentag 20 minute tot sy terug kom.  Die ou langs my sit sy kop tussen sy bene en lag.  Lag jy of huil jy vra ek.  Nee hy lag en huil sommer deurmekaar.  Sulke wanorde het hy nog nooit beleef nie. 
'n Uur later toe stap ons daar uit met die afskrifte. 
Diens?  Wat bedoel meneer dan nou?

Naas:
And
No one
Cares

Ek begin vermoed dat die spoed van donkerte baaaaie vinniger is as die spoed van lig.

 :icon_bigsmurf:

Naas:
Ek lees nogal baie op oor swart gate (black holes) wat alle stermassa rondom hulle oor die event horizon intrek en dan weet niemand waar dit heen is nie want self lig waarmee ons sien verdwyn in daai swart gate in.
So verdwyn ons geld en menswees letterlik ook oor die event horizon. Ek vermoed deur 'n wormhole China toe.

 :icon_bigsmurf:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version