Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on May 15, 2011, 09:26:38 PM

Title: Jy is
Post by: Naas on May 15, 2011, 09:26:38 PM
Bloedrooi roos
met sy dorings en al
se skoonheid vervaag in jou menswees.

Waterstroom
se diepste kabbeling
murmer oor die stilte in my hart.

In fynbos
styg die aardse geure,
aromas van ons laaste saamwees.

Die landskap
in sy volle wydheid
omvou nie die skoonheid wat jy straal.


 :icon_bigsmurf:
Title: Re: Jy is
Post by: PM on May 16, 2011, 07:46:09 AM
Pragtig Naas.  Hierdie struktuur werk uitstekend in Afrikaans nĂȘ?
Title: Re: Jy is
Post by: Assie on September 14, 2021, 02:06:39 PM
Watter struktuur was dit Antie PM?

 :mumum:
Title: Re: Jy is
Post by: PM on September 14, 2021, 06:40:41 PM
Oepsie, vra jy my nou, dit was 10 jaar gelede.  Dit klink egter vir my na 3,6,9.
Raaitjie, kom help asseblief.   :dontknow:
Title: Re: Jy is
Post by: Meraai vannie Baai on September 14, 2021, 11:56:54 PM
Oi die ouderdom. Ek het gaan grawe maar kon glad nie die struktuur tussen ons bewaarde strukture opspoor nie. Jou uiteensetting van 3,6,9 pas handskoenperfek PM.  :notworthy: :book1:
Title: Re: Jy is
Post by: PM on September 15, 2021, 12:52:42 PM
Dit is so 'n mooi gediggie, ek lief dit.