Die Afrikaanse Forum
Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on June 07, 2011, 09:48:13 AM
-
Dorre Karoovlaktes
dorre peperkorrel bossies
Bossies oortrek met stof
bossies kaalvinger smekend
Smekend om genade
smekend vir lewens water
Water vanuit hemel
water uit verre wolkies
Wolkies saamgepak op horison
wolkies deinstig vêr
Vêr van verligting
vêr bo dorre aarde
Aarde wagtend
aarde soekende
Soekende verlange
soekende hulpkreet
Hulpkreet na verlossing
hulpkreet om lewe
Lewe in die grond
lewe in bossies
Bossies weer skoon
bossies getooi in groen
Groen die takkies
groen die aarde
Aarde dankbaar
aarde versadig
Versadig in die soeke
versadig in geboorte
Geboorte van lewe
geboorte van voortbestaan
Voortbestaan verseker
voortbestaan vasgevang
Vasgevang in bossies
vasgevang in dierasies
Dierasies jubel
dierasies dans
Dans om grasgroen bossie
dans van lewensvreug
Lewensvreug gestort
lewensvreug ontvang
Ontvang uit hemelswater
ontvang vanuit natuur
Natuur wat onderhou
natuur wat omgee
Omgee vir haar wesens
omgee voortbestaan
voortbestaan van almal
voortbestaan van lewe
Lewe…
Almal…
:icon_bigsmurf:
-
hier lees ek weer deur jou woorde en besef hoe uitstaande werk al die beelde saam vorm.
:grommit:
-
Dankie. Hierdie struktuur stuur die skrywer se gedagtes in al wyer kringe. Ek moes myself forseer om op 50 reels toe te maak.
:icon_bigsmurf:
-
Dankie vir 'n pragbydrae Naas. Dit klink erg as 'n mens vra om 'n gedig met 50 versreëls te skryf en as jy dan eers begin kan jy nie ophou nie! Kan ons 'n gesamentlike projek begin met hierdie struktuur? Sal jy asseblief 'n onderwerp begin en die eerste paar versreëls begin, dan volg ons met die res?
-
Werklik, werklik besonders en slim geskryf.
-
Gaande hieroor!!! Ek onthou so goed toe PM vir ons hierdie struktuur se eerste voorbeeld kom wys het .... ek het weggeskram want 50 lyne het arig geklink maar as mens eers begin griffel, weergee die vingers die beelde wat flits en 'n mens sug van verligting agterna - die nagmerrie struktuur is onder die knieg gekry :icon_cheers:
-
:dontknow:
Help Ta Raaitjie!!!
My grysmassa is geklits. Ek kan glad nie die struktuur onthou nie...
:icon_bigsmurf:
-
Ek moes nou diep gaan grawe Naas. Slaan die Alzheimer's my reg van voor :icon_bigsmurf: Dit is 'n Blitz struktuur.
Trappies het die ene ook aangepak Junie so ewe op die dertiende in 2011 :notworthy:
Hier is die skakel: https://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=332.msg1167#msg1167
-
Dankie Ta Raatjie.
:icon_bigsmurf:
-
Sjoe ek het al vergeet van die tegniek en dat ek dit probeer het. :icon_scratch:
Dankie vir die deel. Ek gaan hier op my rekenaar bietjie speel.
:angel12:
-
Ek wou net seker maak. Ek het die gedig gister afgetrek vir my beplande boek maar kon glad nie onthou wat die struktuur is wat ek gebruik het nie.
:icon_bigsmurf:
-
:hello2: :hello2:
Onse Ta Raaitjie is Blitzvinnig.
:mumum: