Bak en brou > Lekkers

Dadelbolletjies

(1/1)

PM:
Dadebolletjies

Bestanddele:
25 gram botter
250 gram fyngekapte dadels
Kwart koppie suiker (60 ml)
1 Ekstra groot eier geklits
20 Mariebeskuitjies gekrummel
100 ml klapper (opsioneel)

So maak mens:

Smelt die botter oor lae hitte.
Voeg die dadels by en roer en verhit tot die dadels sag is.
Verwyder van die hitte en voeg die suiker by.
Roer tot opgelos.
Voeg 'n bietjie van die warm mengsel by die geklitste eier en roer deur.
Voeg die eiermengsel by die orige dadelmengsel en meng goed.
Voeg die Marietjieskuitjies by en meng deur.
Plaas in die yskas om af te koel.
Rol in balletjies en dan in klapper indien verkies.
Plaas in klein papier-koekvormpies en verkoel tot benodig.
50 bolletjies.

Meraai vannie Baai:
Self 'n groot gunsteling in ons huis hierdie! Ek het dit net in blokkies gesny
en die Ausie beskuitjies effens growwer gelos.

PM:
Dit kan beter werk Raaitjie.  Jy kan die "toetskombuis" hanteer vir die boek en foto's.    :toothy4:

Angelica:
Hilda'tjie se Dadelvingers...
Hopeloos te lekker om te maak.  Ek eet hulle alles self op. Woerts-warts.

Navigation

[0] Message Index

Go to full version