Die Afrikaanse Forum

Kom skryf saam in jou eie plekkie => Kom deel jou woordwerke => Naas se plek => Topic started by: Naas on May 02, 2011, 03:14:02 PM

Title: Sielsdief. (Altzheimers)
Post by: Naas on May 02, 2011, 03:14:02 PM
Die deur se klap
dawer deur sy kop
om in die leë gange
in stille eggo’s te verdwyn.

Haar beeld groei voor sy oë
tot onbekende spook
want haar gister fotos
het verdwyn in wolke mis en rook.

Die soutsmaak van sy treur
as sy tong oor bewend lippe gaan
op soek na vergete soene
se proe in elke traan.

Vreemde walms parfuum slaan vas
in doolhowe van reuk
wyl lang geleë se onthou
sukkel om vergeet te breek.

Haar sagte hand van liefde
paai rillings deur sy lyf,
bring verstroosting en aanvaarding
wat alleenwees tydelik verdryf.


Sintuiglike gedigstruktuur.



  :icon_bigsmurf:
Title: Re: Sielsdief. (Altzheimers)
Post by: PM on May 03, 2011, 03:14:58 PM
Pragtig!  Daar trek jy nou 'n stofstreep,  voor in die koor!   :icon_biggrin:  Ek lief julle werk,  dit is baie goed. 
Title: Re: Sielsdief. (Altzheimers)
Post by: Meraai vannie Baai on January 15, 2018, 12:26:53 AM
As jy kan, kan jy! Wat meer kan 'n mens noem? Naas jy bly 'n doring. So dankbaar elke keer as ek sien dat ons ou woordskeppings nog steeds besoekers lok. (Grinnik - ja ek lees weer oor 'n skouer).
Title: Re: Sielsdief. (Altzheimers)
Post by: PM on January 15, 2018, 11:14:18 AM
Kan jy glo, slegs twee komtare maar oor die 800 keer gelees. 
Title: Re: Sielsdief. (Altzheimers)
Post by: Anastasia on May 27, 2018, 09:52:01 PM
PM, ek verstaan ook nie daardie ding van die baie lees en min ,taartjies nie.  Skitterend, Naas.  So 'n hartseer onderwerp, wat nou ook vir ons geslag om die deur staan en loer.   :sad5:
Title: Re: Sielsdief. (Altzheimers)
Post by: Meraai vannie Baai on May 27, 2018, 10:53:03 PM
Seer seer woorde inderdaad :crybaby2: en die wete dat geliefdes of jyself 'n slagoffer van die sielsdief kan word, laat mens elke stukkie onthou van vooraf vertroetel.  Net gister weer 'Notebook' gekyk en myself weereens verwese getjank.
Title: Re: Sielsdief. (Altzheimers)
Post by: Anastasia on May 28, 2018, 07:41:13 AM
Ek dink Notebook sal vir ewig daar bo op my weer en weer lysie bly.  Dis 'n nare siekte, wat mens stuk vir stuk van jou geliefde beroof.