Author Topic: skeisake  (Read 3200 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
skeisake
« on: November 22, 2011, 12:57:53 PM »
Liewe Gert

 

Ek skryf aan jou hierdie brief om te sê ek gaan jou verlaat. Ek was ‘n goeie vrou vir jou vir sewe jaar en ek het niks om daarvoor te wys nie. Die laaste twee weke was louter hel. Jou baas het my geskakel om te sê dat jy vanoggend bedank het en dit is nou die laaste strooi.

 

Laas week het jy nie eers opgelet toe ek my hare en naels laat doen het nie. Ek het jou gunsteling dis voorberei en ‘n nuwe 'sexy' nagrok gekoop. Jy het huistoe gekom, jou kos in twee minute verorber en is reguit bed toe nadat jy sport op TV gekyk het.

 

Jy vertel my nooit meer dat jy my liefhet nie. Jy gee my nie meer soentjies of drukkies nie. Jy is verlief op iemand anders of jy het my net nie meer lief nie. In ieder geval, ek verlaat jou.

 

NS. As jy my probeer soek – los dit maar. Ek en jou broer Sarel het saam ‘n plekkie gekry aan die Natalse suidkus. Geniet jou lewe!

 

Jou 'ex' vrou
Sannie

 

<><><>

 

Liefste Sannie my 'ex' vrou

 

Niks kon my dag so maak as toe ek jou brief ontvang het nie. Dit is waar dat ons al sewe jaar getroud is. Dat jy ‘n “goeie vrou” was, is ver van die waarheid. Ek hou daarvan om sport op TV te kyk om van jou permanente gesanik weg te kom – net jammer dit werk nie altyd nie.

 

Ek het laasweek opgelet dat jy al jou hare laat afsny het. Die eerste ding wat by my opgekom het, is dat jy nou soos ‘n man lyk. Ek het niks gesê nie, omdat my ma my grootgemaak het om stil te bly indien jy nie iets goed kan sê nie.

 

Toe jy my gunsteling dis voorberei het, moes jy my verwar het met my broer, aangesien ek al vir jare nie meer vark eet nie. Ek het gaan slaap terwyl jy die 'sexy' nagrok aangehad het omdat die prysetiket nog aan die nagrok gesit het. Dit het in my gedagtes gespook dat dit tog asseblief toeval moet wees dat my broer daardie oggend R200 by my geleen het en die nagrok se prys is R199. Ten spyte van dit alles is ek nog steeds lief vir jou en het ek gehoop dat ons nog dinge kon uitwerk.

 

Daarom het ek vanoggend, nadat ek uitgevind het dat ek die Lotto van R20 miljoen gewen het, my werk bedank en vir ons twee plek bespreek by ‘n eksotiese eiland vakansieoord in die Ooste. Met my aankoms by die huis was jy al weg. Ek neem aan alles gebeur om ‘n rede. Ek hoop jy kry die vol lewe waarna jy so “smag”. My prokureur verseker my dat jy nie ‘n sent gaan kry nie aangesien jy weg is voordat jy van die Lotto geweet het.

 

NS. Ek het jou nooit vertel nie, maar my broer Sarel was by geboorte Sandra. Hoop nie dit is vir jou ‘n probleem nie.

 

Liefde
Jou 'ex' man
Gert
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: skeisake
« Reply #1 on: November 22, 2011, 01:12:29 PM »
My liewe exman Gert, volgende keer as jy lotto speel moet jy nie die kaartjie in jou hempsak vergeet nie en nou weet jy ook sommer hoekom ek my hare so kort laat sny het.   :icon_salut:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: skeisake
« Reply #2 on: November 22, 2011, 08:20:31 PM »
My liewe 'ex' Gertjie,
Nie eens die Lotto geldjies kan ons huwelik meer red nie.
Jou broer het verlede naweek 'n Lotto kaartjie gekoop vir R2.00 en toe die Jackpot geslaan en R100m gewen.
So, steek maar daardie Lotto-kleingeld in jou agterend, ons gaan op 'n trip om die wereld... nee, twee keer om die wereld.

Toedeldoe...

Jou 'ex',  Samantha.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: skeisake
« Reply #3 on: November 23, 2011, 08:13:53 AM »
  :icon_biggrin:
Is hier nie eers een "Gertjie" wat kan antwoord nie? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: skeisake
« Reply #4 on: November 23, 2011, 11:29:51 AM »
Wel dalk as ek my hare nog korter sny kan ek as ex Gertjie gaan, net jammer ek het nie die lotto gewen nie, en dit maak seer  :crybaby2:
 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: skeisake
« Reply #5 on: November 24, 2011, 07:14:20 AM »
Troos jou maar daaraan, niemand wat 'n naam het wen die lotto nie.   :pottytrain2:
Om te weet is om te verstaan.