Die Afrikaanse Forum

Digkuns => Digformules of -strukture => Topic started by: Meraai vannie Baai on April 20, 2013, 04:38:20 AM

Title: Nommer asseblief? Dial-a-line Poetry.
Post by: Meraai vannie Baai on April 20, 2013, 04:38:20 AM
In die Engelse voorbeelde word die lettergrepe per reel getel vir die telefoonnommer.
Vir ons eerste Afrikaanse 'nommer asseblief' het ek 'n gedeelte uit Angelica se plasing
gebruik en die nommer saamgestel uit die aantal woorde per reel.

1  Jitte,
7  ek is seker sommige mense se kenne
5  gaan aan hulle borste vasgroei.
4  Nie eens die verkeersreels
7  het 'n uitwerking op hierdie euwel nie
4  en daardie handsfree gedoentetjie
7  met die toutjie nog in die oor...
3  Ag nee jinne,
2  kom by.

© Angelica

As ons die nommer sou saamstel deur lettergreeptellings, sal dit so vertoon. Ek het van ons woordbou-kompetisie woorde uit die skuur, ingespan as 'n voorbeeld. http://forum.afrikaanseforum.co.za/index.php?topic=2484.msg18608#new

5  Langs die huppelweg
7  van 'n goue-gare-paar
8  is daar glo geen geutverdriet nie,
6  want die giggelpille
9  word afgesluk met kêkkelwater.
9  Op die weg van griffelrebelle
8  skuil daar soms rare woordkwale.
7  Skommelkoors verander jou
5  in 'n komatoos.

Vir Engelse voorbeelde kan julle hier gaan loer.
http://stalsstpatspoetryplace.wikispaces.com/Dial-a-Line+Poetry
Title: Re: Nommer asseblief? Dial-a-line Poetry.
Post by: PM on April 20, 2013, 05:40:04 AM
Dit is baie kreatief.  Dankie vir die deel Raaitjie.  Dalk is hier 'n paar ouens wat wil kom saamspeel. 
Title: Re: Nommer asseblief? Dial-a-line Poetry.
Post by: Meraai vannie Baai on April 20, 2013, 05:51:10 AM
Dit lyk heel eenvoudig ne. Enige rympatroon, -struktuur ensovoorts. Tel net die grepe of woorde en daar pronk jou 'nommer asseblief'  :hello2: :icon_salut: