Author Topic: Palindrome  (Read 37786 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Palindrome
« on: April 19, 2011, 11:52:50 AM »
‘n Palindroom is ‘n woord wat van agteraf dieselfde lees as van voor af.  (Van links na regs,  of van regs na links)

aa
abba
daad
droomoord
droommoord
dood
edelstaalplaatslede
effe
ekke
elle
ede
egge
eie
emme
ene
enne
erre
esse
ete
ewe
geheg
geleg
gereg
geseg
geveg
lepel
lol
kaak
kajak
kik
knalplank
kok
kook
kyk
leerreel
leiwiel
lel
lol
lul
maandnaam
madam
mam / mom
meetsisteem
muis-op-mis-simposium
naasaan
non
paap
pap
papajapap
pop
pyp
raar
radar
redder
reier
rekker
remmer
rotator
rotor
sagas
sannas
ses
sis
solo’s
soos
s.o.s
sus
tattarrattat
tot
wow

Palindroom Voorname:
Ada
Anna
Aviva
Bob
Eibie
Elle
Eve
Hannah
Idi
Laval
Natan
Okko
Otto
Pip
Pop
Reinier
Sas
Sus
Tat
Viv
Yarray.


TT / JJ en ander afkortings.
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Palindrome
« Reply #1 on: April 19, 2011, 11:53:55 AM »
As julle nog woorde of frases het,  kom plaas dit hier asseblief.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Palindrome
« Reply #2 on: April 19, 2011, 01:36:59 PM »
Pal naas 'n emmer pap rem mens aan lap. (My eie palindroom. Ek daag enigiemand om dit te verbeter.)

Die mees bekende palindroom in Engels was ge-uiter deur een van die manne wat verantwoordelik was vir die beplanning van die Panama kanaal. " A man, a plan, a canal. Panama."


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Palindrome
« Reply #3 on: April 19, 2011, 01:45:00 PM »
Snaaks tog hoe ek in my eie sous kan braai!  Eish,  nou moet ek my reeds oorwerkte paar pitte gaan inspan.  Hoop nie julle kry "popcorn" nie.   :icon_biggrin:   Wag,  ek is nou-nou terug.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Palindrome
« Reply #4 on: April 19, 2011, 02:14:16 PM »
Drie ure later:  "Wag,  ek probeer nog!"
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Palindrome
« Reply #5 on: June 20, 2011, 12:08:56 AM »
Muis-op-mis-simposium

Kyk Madam Hannah
abba Ada pop;
enne Otto pyp!

Ene Sus Kok
kook papajapap ewe
soos 'non' gereg

Naasaan eie lel geheg
lol rotor radar effe:
knalplank rotator S.O.S
Raar Geveg: Ete - Dood!

Ekke sis 1001 esse
enne rekker erre,
soos ses edelstaalplaatslede:
muis-op-mis-simposium!
©

*Met my verbrandingsvermoë as kok en die offergawe-etes (Gawie se uitdrukking) ingedagte, het ek die palindroom gedig geskep vir ons Ekphrasis album. So is die beskikbare 'van-voor-tot-agter-eenderste-woorde' ingespan om die 'verhaal' voor die stoof te vertel.

Die S.O.S boodskap (die brandalarm wat in jou ore skreeu) die ete (non-gereg wat meer lyk soos papajapap) is dood (verbrand) en die kok wat aanmekaar laaaaang erre en esse swets; die stoofdele die skuld gee LOL.

Die ene wat gewoonlik agter die kospotte staan met sukses (madam Hannah) is met sy pyp (Outop onse amptelike kok afgegee/bietjie vrye tyd), bagasie en al (rugsak met fotografiese toerusting; ala pop op die rug) en ekke voor die stoof - dit het die hele muis-op-mis-simposium tot gevolg gehad.

Die 'non-mom' is 'n verbuiging wat ek gebruik het, om aan te dui dat ma's veronderstel is om goed voor die stoof te wees   


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Palindrome
« Reply #6 on: June 20, 2011, 12:27:56 PM »
Dankie Raaitjie, vir jou bydrae,  soos jy kan sien is dit een te veel vir my!   :sign10: 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Palindrome
« Reply #7 on: June 20, 2011, 05:32:15 PM »
en dis sooo goed, ekke sal moet opstaan as ek oooit hierby wil kom

 :grommit:
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Palindrome
« Reply #8 on: June 20, 2011, 11:03:14 PM »
  :toothy4: Blommetjie vir al die mooie woorde van myse maters! Die agterstevoorleesbare woorde kan nogals toor met 'n mens se verstand  :icon_scratch:

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Palindrome
« Reply #9 on: July 12, 2011, 09:43:26 AM »
ek beleef dalkies nou 'n brunet oomblik maar ek het nou sopas die woord papajapap raakgelees en nou sit ek met 'n probeem. ek gaan soek die woord in die HATTE en ander woordeboeke maar loop 'n bloutjie. papierpap die vind ek maar om die dood nie papajapap nie. die woord papaja verskyn wel.  :read: en ek haat 'n rooi gesig as ek bloutjies loop.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Palindrome
« Reply #10 on: July 12, 2011, 09:54:18 AM »
Ek kry ook nie die woord nie,  maar as ek dink daaraan dan kan dit wel sin maak.  As papaja die byvoeglike naamwoord is dan skryf 'n mens dit met twee woorde.  As dit een begrip is, is dit een woord.  Kom help!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Palindrome
« Reply #11 on: July 12, 2011, 02:20:30 PM »
Ek dink nie papaja is 'n byvoeglike naamwoord nie maar wel 'n selfstandige naamwoord. maar weereens mag ek verkeerd wees. Ek het ook nie 'n probleem met die woord papajapap nie, dis net dat ek dit nie geken het nie en miskien moet dit in die woordeboek kom.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Palindrome
« Reply #12 on: July 12, 2011, 02:27:16 PM »
Ek stem saam,  papaja is 'n selfstandige naamwoord,  maar help my uit,  as die pap van papaja gemaak is,  is dit nie 'n byvoeglikge naamwoord om die pap te beskryf nie?   :sign10:   Ek sal myself nog knoop, my bene is al agter my ore!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Palindrome
« Reply #13 on: July 12, 2011, 03:55:52 PM »
Sou jy pap maak van papaja's sal die naam daarvoor papajapap (een woord) wees want dit is een begrip. Wanneer selfstandige naamwoorde bymekaargevoeg word in Afrikaans vorm dit altyd 'n nuwe begrip (naam vir iets) wat een woord sal wees. Daar is eenvoudig ontelbaar sulke moontlikhede wat 'n Afrikaanse woordeboek so dik sal maak dat dit onhanteerbaar sal word. Die betekenis van elke woord moet dus maar apart opgesoek word om te verduideklik wat dit is.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Palindrome
« Reply #14 on: July 12, 2011, 04:15:01 PM »
Dankie Naas, jy verduidelik altyd so mooi dat tot ek dit kan verstaan.   :icon_biggrin:   Anders as Natalie is ek blond!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.