Author Topic: *Goudstafies-kleinnode: Gewilde kinderversies en ♫ liedjies ♫  (Read 36352 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: *Goudstafies-kleinnode: Gewilde kinderversies en ♫ liedjies ♫
« Reply #15 on: November 06, 2018, 07:22:41 PM »
Jan kapater
Spring in die water
Vang n vis
Gooi hom in die kis
Kyk wat dit is
Dis n vet akkedis

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: *Goudstafies-kleinnode: Gewilde kinderversies en ♫ liedjies ♫
« Reply #16 on: November 06, 2018, 11:30:18 PM »
Naas, jy vat my nou ver terug mater. Lief die tergrympies! Wonder of Ou Jan Kapater familie is van Jan Makkepan? Ek begin lees en wonder onheiliglik of jy die laaste reel doelbewus aangepas het Naas?
 :headbang: :icon_biggrin:

Jan Makkepan
 
Die duiwel jaag hom aan,
die satan keer hom voor
by die poskantoor.

Anna Panna

Anna Panna, koek en tert,
vat die besem, vee die erd
vat die skop en tel dit op,
gooi dit in die varkenshok.

Sara

Sara, Sara, bamboesblare,
Sy lap haar rok met rooi gare.

Hessie.
 
Hessie tessie
spinnekopnessie
Loop met 'n bottel
maar nie met 'n flessie.
 
Sannie.
 
Sannie, Sannie
van oom Jannie
Sy wil graag slim wees.
maar sy kannie.

En dan is daar die tergverse van familiename  :icon_biggrin:

Faurie.
 
Piet Faurie
byt aan sy knie,
dan sê hy nog, ‘Wie?’

Van Blerck.
 
Piet van Blerck,
Styf en sterk.
Gou by die bak,
maar lui by die werk.

du Plooy.
 
Piet du Plooy,
Sit in die kooi
Hy vang 'n vlooi
Dit byt hom rooi
Hy sê dis mooi.

Terblanche.
 
Pieter Terblanche,
hy sit op die krans,
hy speel dat die parras so dans.
 
Gert Terblanche
Sit op 'n krans
Skreeu soos 'n oopbek gans.

Bouwer.
 
Lenie Bouwer
loop tog gouer,
trek jou kousies hoger op,
sit jou kappie op jou kop.

Die Luiaardsrympie

Kokkewiet, kokkewiet, my vrou is siek
In die middel van die week, maar Sondag niet.
Al wat ek haar gee dat lus sy niet.
 
Gee ek haar 'n pot rys
Dan sê sy dit maak haar wys;
Gee ek haar 'n pot ertjiesop,
Dan skep sy dit met haar vlerkies op
Gee ek haar 'n pot boontjiesop,
Dan skep sy dit met haar toontjies op
Kokkewiet, kokkewiet,
Jou vrou is siek.
 
(Zastron)
 
Gee ek haar boontjies,
Dan roer sy haar toontjies,
Gee ek haar ertjies,
dan roer sy haar stertjie,
Gee ek haar sop,
Dan skop sy agterop.
 
(Petrusburg).

Dae van die week

Antjie my kind,
So gou as die wind;
Maandag getroud,
Dinsdag 'n kind;
Woensdag gedoop,
Donderdag geloop,
Vrydag gespeen,
Saterdag weer een.

(Petrusburg)

Maandag maak ek klaar
Om Dinsdag aan die werk te raak,   
Woensdag is ek siek,   
Donderdag werk ek nie(t);   
Vrydag is daar Slamse kerk;   
Wie de duiwel wil dan Saterdag werk?   
En Sondag is daar weer kerk.

Ek wens dat aldag Sondag was,
En kermoes in die week,
En al die klippe nooiens was,
Dan werk ek nooit 'n steek.
(Petrusburg).

Koning, koning paardelyn,
Steek jou kop in terpentyn;
Want dit laat hom blink en skyn,
Koning, koning paardelyn.
 
(Huisgenoot Des. 1922 bl. 335).

Holderstebolder,
Die kat op die solder,
Die muis in die heining,
Die heining aan die brand,
Die Duiwel op die land
Met 'n sekel in die hand.

(Worcester.)

 :nono:
Onder die brug sit drie eendjies
Die een se naam is Driemeloklantjies,
Die een se naam is Suikerbek,
Die een se naam is haak, haak, haak.
Die ou meid sit te vaak, vaak, vaak.   

Bobbejaan op 'n krans
Spel Frans,
Deur sonder werwel;
Spel Frans van der Merwe.
 
(Petrusburg.)

Sa! Daar gaat 'n haas, is Piet van Sas,
Skiet hom met die pyl, is Piet van Zyl,
Deur die velletjie is ou Nelletjie,
Deur die bientjie is ou Lientjie,
Agter die randjie skrie ou Antjie,
Oorkant die spruitjie sit ou Truitjie.
 
(Petrusburg.)

BRON:
https://www.dbnl.org/tekst/toit004suid01_01/toit004suid01_01_0004.php

 
 
« Last Edit: November 07, 2018, 12:36:08 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: *Goudstafies-kleinnode: Gewilde kinderversies en ♫ liedjies ♫
« Reply #17 on: November 07, 2018, 12:11:07 PM »
Ek ken die so

Sara, Sara, bamboesblare,
Sy lap haar rok met roesrooi gare.

Jan Makkepan
 Die duiwel jaag hom aan,
die satan keer hom voor
by die hofkantoor.
Wag 'n bietjie baas
My broek is noggie vas
More gaan ek trou
Met 'n stompstert vrou.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: *Goudstafies-kleinnode: Gewilde kinderversies en ♫ liedjies ♫
« Reply #18 on: November 07, 2018, 12:57:55 PM »
Terwyl ek die rympies opgesoek het, het die verskillende variasies my opgeval. Duisend dankies vir die ene wat jy aangedra het Naas! Giggel alweer. Wonder hoe lyk 'n stompstert vrou?

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: *Goudstafies-kleinnode: Gewilde kinderversies en ♫ liedjies ♫
« Reply #19 on: November 07, 2018, 01:01:54 PM »
Ek gaan probeer verduidelik sonder om rassisties te wees.
Kleurling vroue (Saartjie Baartman se mense) het groot agterstewe gehad en die blanke vrouens was relatief plat van agter wat daartoe gelei het dat die kleurlinge na blanke vrouens verwys het as stompstert vrouens.
Dit was meestal in die Kaap en die gebruik het in verval gegaan met die tyd saam.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: *Goudstafies-kleinnode: Gewilde kinderversies en ♫ liedjies ♫
« Reply #20 on: November 07, 2018, 01:07:23 PM »
Ek is nou sommer lus en maak vir Outop wakker hahahaha. Wil hom vertel ek sou nie deug as 'n stompstertvrou nie   :icon_bigsmurf:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: *Goudstafies-kleinnode: Gewilde kinderversies en ♫ liedjies ♫
« Reply #21 on: November 07, 2018, 01:52:42 PM »
Ek is nou baie ver terug in die verlede.  Gerhard sit hier voor my en hy onthou ook nog al die rympies en wonder of "daar's 'n apie op 'n stokkie" ook onder hierdie afdeling val. 


 :icon_biggrin:  Ek is familie van Saartjie Baardman.  Ek is lankal om die draai dan kom my agterstewe nog agterna.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: *Goudstafies-kleinnode: Gewilde kinderversies en ♫ liedjies ♫
« Reply #22 on: November 08, 2018, 04:05:43 AM »
Baie van die versies en liedjies is beskou as skoot- en knie-deuntjies, skommel- en kittel-rympies, handjiesklap- en vinger-versies, paai- en troetelliedjies. Dit was ongetwyfeld een van die gewigtigste opvoedingsmiddele. 

                                                                               (Nederlands)
Daar's 'n apie op 'n stokkie,                             Daar zat 'n aapje op 'n stokje
Voor my ma se agterdeur;                                     Achter moeders keukendeur;
Daar's 'n gaatjie in sy broekie                             Hy had 'n gaatje in zyn rokje,
En sy stertje hang daardeur.                             Daar stak het schelmpje zyn staartje deur.
                                                                          (Tante Kota, 29; vgl. v. Vloten 46).

Besig om te loer na die ontstaan van die apie op 'n stokkie toe ontdek ek hierdie 'berispings-versie' waar jongelinge aangespreek was oor die tiekiedraai, soenspeletjies en vryliedjies ens. dit was beskou as 'n sondige neiging in die Heilbron omgewing voor die oorlog.

Ek verstout my om die enetjie vir myself te gaps. Dit sou vir my 'n gepasde grafsteenskriffie kon word :headbang:  :sign10:

‘Hul kan dit fer gen sonde hou
Omdat ons so gespeul het nou,
Want 'n mens se lewe is mar kort
En wi weet wat fan ons kan word.
 
As ons daar in di graf dan lê,
Dan kan ons nageslagte sê:
Daar leg sy in di dipe gat,
Mar tog sy het plesiir gehad.

 :hello2:  :angel4:
« Last Edit: November 08, 2018, 04:41:04 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: *Goudstafies-kleinnode: Gewilde kinderversies en ♫ liedjies ♫
« Reply #23 on: November 08, 2018, 10:50:01 AM »
Ons dominee se jy mag maar dans, solank jy dit net nie geniet nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: *Goudstafies-kleinnode: Gewilde kinderversies en ♫ liedjies ♫
« Reply #24 on: November 08, 2018, 12:40:57 PM »
 :angel4: Hou van jou dominee Naas  :bootyshake:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: *Goudstafies-kleinnode: Gewilde kinderversies en ♫ liedjies ♫
« Reply #25 on: November 08, 2018, 12:56:27 PM »
Ja ek ook Naas.   
(Daar was eens op 'n tyd 'n speletjie van "ek ook".  Ek sal gaan soek.
Jy sal moet kophou soos 'n dronk weeluis om al die rympies by al die regte name te kry Raaitjie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: *Goudstafies-kleinnode: Gewilde kinderversies en ♫ liedjies ♫
« Reply #26 on: November 08, 2018, 01:12:19 PM »
Morsjorsie

Ek loop so graag met voetjies kaal
kaalvoetjies in die sand
Ek speel so graag met water
met water buitekant
maar mammie roep my binne
Sy se ek mors te veel
ek wonder tog of iemand
sonder mors kan speel.


Kiepie

Kiepie, Kiepie kom tog gou
hier is lekker kos vir jou
maar dan moet jy my eers se
waar jy al jou eiers le.

Tien klein paddatjies

Tien klein paddatjies sit in 'n kring
Bring julle boekies laat ons sing
maak julle bekkies wa-wyd oop
en sing vir my so soet soos stroop
Kwaak, kwaak, kwaak
Kwek, kwek, kwek
Tien klein paddatjies maak my gek.


 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: November 08, 2018, 06:03:56 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: *Goudstafies-kleinnode: Gewilde kinderversies en ♫ liedjies ♫
« Reply #27 on: November 08, 2018, 03:27:39 PM »
Naas, die versies is nog luidend in my kop van laaaaaaaang jare terug as kind.  Daardie een van "More gaan hy trou, met 'n stompstertvrou"  het volgens my oorlewing so gegaan:  "More gaan hy trou met 'n stompstertvrou in die uniegebou"!   En in verband met die dominee wat seg jy kan maar dans, maar dit net nie geniet nie:  die Gatjieponders (Doppers) is mos bekend daarvoor dat hulle nie dans nie.  Nou, die ou Puk, waar ek geswot het is mos dopperland (gewees).  Ons het daar altyd gespot en gese, jy mag nie seks bedryf nie, want dit kan tot dans lei.  Hie hie
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: *Goudstafies-kleinnode: Gewilde kinderversies en ♫ liedjies ♫
« Reply #28 on: November 08, 2018, 03:38:22 PM »
 :toothy4: Julle maak my nag. Lig my  :coffee2: hoog. 
« Last Edit: November 08, 2018, 03:46:54 PM by Meraai vannie Baai »

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: *Goudstafies-kleinnode: Gewilde kinderversies en ♫ liedjies ♫
« Reply #29 on: November 10, 2021, 12:06:15 PM »
Hier is die lirieke van Nanky Pooh(Nanki Pooh?) ek is nie seker van die oorspronklike spelling nie. Help asseblief  :icon_bigsmurf:

Nanky Pooh, Nanky-Pooh, maak nou jou ogies toe. Môre is vêr nog en slapenstyd wag
Nanky-Pooh, Nanky-Pooh, maak nou jou ogies toe. Mamma sê slaap nou, en mooi droom vannag.

'n Mensie in wording, hier onder my hart, my liefde was joune, van toe af tot nou
En van die begin af het ek al gevoel; vervulling is myne, ek is nou 'n vrou!

Nanky Pooh, Nanky-Pooh, maak nou jou ogies toe. Môre is vêr nog en slapenstyd wag
Nanky-Pooh, Nanky-Pooh, maak nou jou ogies toe. Mamma sê slaap nou, en mooi droom vannag.

Jy het gekom en my lewe verander; 'n seunskind met bruin oë, soos ek altyd wou. ( hier sou ek sing " 'n meisie met groen oë ")
En mag dit gegee word, dat ek jou nooit faal. Vervulling is myne, ek is nou 'n vrou!

Nanky Pooh, Nanky-Pooh, maak nou jou ogies toe. Môre is vêr nog en slapenstyd wag
Nanky-Pooh, Nanky-Pooh, maak nou jou ogies toe. Mamma sê slaap nou, en mooi droom vannag.
x 2

Carika Keuzenkamp
https://www.youtube.com/watch?v=fVG55fAnm2Y

Mynie Grové -
https://www.youtube.com/watch?v=RV1itV7HHOc