Author Topic: Muisvalletjie.  (Read 4393 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Muisvalletjie.
« on: April 26, 2011, 12:14:49 PM »
Ek wou eers die raad onder Karel grootlieg se stories sit maar dan glo niemand my weer nie. Toe wil ek dit in die resepteboek sit maar daar's nie plek vir kaashappies nie en hier is nog nie 'n afdeling vir "so maak mens" nie. Nou moet ek maar hier gorrel.
Die storie om die verlore "nie" te illustreer.
Ek het geweldig probleme met muise ondervind en wou nie gif los nie want ek was bang my goudvissies kry dit in die hande. Die normale ou muisvalletjies is tog ook so vervelig en eenvoudig en ons muise is te intelligent vir die kontrapsie. Hulle steel net die kaas uit.
Toe ontwerp ek my eie muislokval en dit werk.
Eers vat ek 'n houtblokkie wat soos 'n kwart pizza gesny is. Op die kwartronde kant sit ek toe 'n bree saaglem met die tande na bo.
Die spesiale blokkie kry nou 'n stuk kaas agter die lem en word in die muis se gunsteling hoek gelos. Jy sal die volgende more agterkom dat die kaas op is maar moenie bekommerd wees nie. Sit nog 'n stukkie kaas daarop. Hou aan om die kaas gereeld te vervang. Dit is belangrik dat jy nie vergeet nie.
Hou so aan vir veertien dae.
Op dag vyftien sit jy nie weer kaas in die val nie. Wat nou gebeur is dat die muis oor die lem kyk, sy kop heen en weer swaai om te kyk waar die kaas is en in die proses sy eie keel afsaag.
Siedaar. 'n Biologies veilige manier om van muise ontslae te raak en geen gevaar vir jou goudvissies nie.
Nou sien ek in my geestesoog hoe Stof daai "nie" gesoek het. :laughing7: :laughing7:


 :icon_bigsmurf:
 
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Muisvalletjie.
« Reply #1 on: April 27, 2011, 10:15:20 AM »
Daai raad werk.  Ek het net die rekenaarskerm oop gehou by hierdie onderwerp vir een nag en ons het nog nooit weer las gehad van muise nie.  Hulle weet wat goed is vir hulle.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Muisvalletjie.
« Reply #2 on: June 22, 2011, 04:20:28 PM »
selfs die rekenaar muis slaap stil as hy die raad lees.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Muisvalletjie.
« Reply #3 on: June 23, 2011, 03:14:55 AM »
Naas man waar was jy met die raad gisteraand?? Outop leg half verkluim en wag op die muis om die kaas uit die valletjie te kom steel sodat hy die karnallie se opening kan toemaak sodra hy in die hokkie is. As jy nie vinnig speel nie is ta met kaas en al weer net so vinnig uit as wat hy ingegaan het! Die omgebuigde tonnel van bo is na onder kamma ontwerp dat muis se kind nie weer kan uit nie. Wha-ka!! Die ouens het beslis nog nie Gatkantlandse muise probeer vang nie  :headbang: