Author Topic: Vinnige Pasta  (Read 1927 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9693
  • Gender: Female
Vinnige Pasta
« on: March 30, 2011, 01:55:23 AM »
Vinnige Pasta

Enige pasta kan gebruik word. 

Bestanddele

250g pasta
410g pitmielies
150ml olie
1 ui
'n halwe soetrissie
1 pakkie ontbytspek, gesnipper
1 pakkie sampioensoppoeier
200ml water
1 blik sampioene
250ml cheddarkaas, gerasper
sout en peper na smaak

Metode

Kook pasta tot gaar.
Dreineer, voeg pitmielies en olie by en meng.
Braai intussen die ui, soetrissie en spek tot gaar en bros en roer deur pasta mengsel.
Meng soppoeier en water en voeg saam met sampioene in kastrol en kook vir 15 minute.
Giet oor pastamengsel en meng.
Plaas in vuurvaste bak en bedek met kaas.
Bak by 180C totdat die kaas  bruin is.
Om te weet is om te verstaan.