Author Topic: Vakansie  (Read 14773 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Vakansie
« Reply #15 on: December 28, 2011, 04:03:42 PM »
Was nou 'n hele week weg na iemand se plaas toe. Met ons karavaan. Minouchka was natuurlik ook saam. Net ons drie. O was dit lekker. Lekker uit gerus. Glo dit of nie maar na die tweede nag slaap ek deur. Soms tot 9h00. Dit gebeur nooit meer nie.  :icon_biggrin:

Ons eerste aandjie terug en ek word soos gewoonlik 3h00 die oggend wakker en begin weer met spoke stoei. Nou vra ek wat was die lekker week nou eindlik voor?  :crybaby2:

Elkgeval, dit nou daar gelaat. Liefie verf en maak reg (vensters wat wil uitval want die hout is nie meer hout nie.) Maak Oma se bank reg ens. Van oggend gou gaan straat werk doen en terug tuis en verf verf en o ja verf. Kombuis is nou gedoen en die gang. Nou is liefie besig met Ouboet se sitkamertjie, Okay dis seker nie 'n sit kamertjie nie net 'n stukkie wat sy badkamer en slaapkamer skei.  :icon_biggrin:

Ek het gou 'n koppie tee gemaak om te kom loer wat hier aangaan. Die probleem is ons is met vakansie en ons werk ons oor 'n mik.  :icon_scratch: Om alles reg te kry vir volgende jaar, want dan werk ons by ons werke en dan is daar nie tyd vir al die regmaak en skoon maak en uit pak en weg gooi nie. O ja dit bring my na dit wat ek besig was om te doen na my help verf en voor ek kom sit het. Kombuis kaste uit pak skoon maak en terug pak. Is dit net ek of gaar julle ook soveel gemors op soos ek. My magtig die eerste kas of rak van die kas waarmee ek nou besig is, haal ek 'n "WOK" uit (ps dit werk al jare nie) o ja en een van die glas oonde wat Adrian verkoop het. (PS dis nie die een wat Adrian verkoop het nie maar die "namaaksel" o ja en dit werk ook nie)  :evil6: Vir wat hou ek dit?  :icon_scratch: Dan was daar 'n water bottel dingetjie watse naam, die lek.   :icon_biggrin: So kan en aangaan en 'n hele boek skryf oor wat ek nou alles gaan weggooi. Dis een kas bo my stoof ek het nog nie die een onder begin nie. Daardie een is so vol 'n muis kan letterlik nie sy kleintjie daar kry nie.   :evil6:

Okay my tee is klaar en ek gaan maar klaar maak, want as "diefie" besluit hy wil dalk dit waag om by my in-te-breek, sal hy net so omdraai en dink, Shame hulle is alklaar van al hul goed beroof. Alles staan of in die middel van die vloer of op mekaar op kaste en deur hang oop, ag ek is seker julle kry die prentjie.  :evil6:

O ja dan moet ek nog voor die 3de 'n "indemnity" tik. Vir ons kuier mense. Ek het slange, honde, 'n swembad en trappe, wil nie nog 'n hofsaak ook aanhange maak as iets met hulle gebeur nie.  :toothy4:
 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vakansie
« Reply #16 on: December 28, 2011, 04:18:39 PM »
Ek is bly julle het dit so geniet.
"Skoonmaak" is beslis soos ouderdom, dit is nie vir sissies nie!  Die lekker lê daarin dat daar weer genoeg plek is vir volgende jaar se "gemors".   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Vakansie
« Reply #17 on: December 28, 2011, 05:14:50 PM »
Daai skoonmaak!!!
Ek is so lui, ek hou net die nodigste aan.  En soms het ek nie eens die nodigste nie.  Maar ek het nie een dag 'n tekort aan enigiets nie.
Ek is so lui, ek het 'n skoonmaak-diens wat my plek kom skrop sodat die stofgoggas my nie moet opvreetie.  Hulle help my en ek help die dames deur hulle te betaal.  Hulle is vir my goud werd.
Dit voel net vir my ek is in beheer van my huis-omgewing as ek nie baie goed het nie.  Kan glad nie funksioneer in 'n warboel nie.  Raak so buite myself, dat ek net my arms in die lug wil gooi..    :violent1:
elle

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Vakansie
« Reply #18 on: December 28, 2011, 09:08:00 PM »
Ja nee kyk ek weet ook nie so mooi van skoonmaak as my vakansie plesier nie. My rug is af ek voel glad nie gelukkig nie, want met die begin het ek agter gekom daar is nog  :evil6: Maar ek gaan eers more Taranee dokkie te vat sy is nie so lekker nie. Besig om lelik bold te raak. Elkgeval dan gaan ek vir Naasie my maatjie kuier. Kan nie wag nie. :hello2:

Dan sal ek weer begin met my vakansie nie plesier en verder skoonmaak. O Angelica, vertel meer oor die skoonmaak mensies, ons het net slegter afgekom van hulle, dat ek nou maar self aan ploeter. Net jammer ek kan nie so lekker die monster van 'n huis onder die kniee kry nie.

 :angel12:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Vakansie
« Reply #19 on: December 30, 2011, 03:14:41 PM »
Hi Trappies,

Hoop jou skoonmaak sessie is oor.
Ek het al die info van die skoonmaakdiens by die kantoor.
Sal dit vir jou gee sodra ek weer begin op die 3e Jan.

Burgess en sy span dames maak ook ons kantore skoon.  Ek het geen klagtes oor hulle.
Burgess is 'n jong ou wat ook nog studeer, 'n skat en baie goed met wat hy doen.  Die dames is deeglik in hulle werk.
Kyk of jy dit in die gids kry...  Fleur De Lis Cleaning Service. 
Dit is nou as jy solank met hom wil gesels.  Ek sal in elk geval die foon no en e-pos adres vir jou gee.

elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vakansie
« Reply #20 on: December 30, 2011, 03:22:21 PM »
Ons is geseend met die enetjie wat ons nou het.  Kyk, elke huis het sy kruis en so nou en dan maak ek my stem dik, maar sy is altyd dieselfde en nooit dikbek nie. Ek vertrou haar, (hoop nie sy bewys my ooit verkeerd nie).  Skoonmaak is nie vir sissies nie, beteken ek is
'n sissie  :icon_biggrin: , maar dit is lekker om 'n sissie te wees!  :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Vakansie
« Reply #21 on: December 30, 2011, 03:34:15 PM »
Daar is dinge wat ek myself gee:
Skoonmaakdiens
Wasgoed gedoen by 'n wassery
Groot bos blomme
Ek werk en doen meer as waarvoor ek betaal word.  (My base sal se hulle verwag daardie ekstra klomp myle.  Sommige loop geen ekstra myl, maar word nog steeds betaal.) 
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Vakansie
« Reply #22 on: December 30, 2011, 04:05:06 PM »
Dis maar hoe dit gaan. My se oupa het altyd geseg: "Die gewillige donkie wat die verste loop dra die swaarste vrag."




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vakansie
« Reply #23 on: December 30, 2011, 06:39:07 PM »
... maar ek glo ook dat daardie gewillige donkies die meeste selfrespek en sin vir verantwoordelikheid het.   :bootyshake:   :love7:
Om te weet is om te verstaan.