Author Topic: Vakansie  (Read 14913 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Vakansie
« on: September 08, 2011, 03:15:43 PM »
Wil net hoor hoe hou julle vakansie?

Gaan julle weg oor naweke?

Waar verkies julle om te kuier?

Ek wil eindlik net vastel of ek al een is wat nie tot ruste kan kom nie!

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vakansie
« Reply #1 on: September 08, 2011, 04:24:11 PM »
vak ansie?  ek bedoel vakansie?  :icon_biggrin:

Ek is mal oor die wildtuin en Tsitsikamma.  Was so gelukkig om albei te besoek hierdie jaar.  Hou my net weg van 'n gedrom van mense, ek hou net niks daarvan nie.
Toe ons die langnaweek in die wildtuin was moes ons 'n uur in die tou staan om by die hek in te kom.  Die restaurante was tot oorlopens toe vol en by die kiosk het die ouens tot in Pretoria in 'n ry gestaan.  (Dit word 'n hiperbool genoem, nee nie die ry mense nie, die oordrywing.)   :icon_biggrin:   Nie weer nie!

Wat is lekkerder as wynproe op 'n naweek, maar dan moet jy in die Kaap wees.


Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Vakansie
« Reply #2 on: September 08, 2011, 05:44:47 PM »
as ek kon sou ek elke naweek weg gewees het, my male gaan wel elke naweek weg..

Ek is bie lief vir kamp in die bosveld! maar ek vrek oor die see en in fancy plekkies ook bly. nie noodwendig in fancy plekkies by die see nie, dit baie lekker om daar te kamp ook!  Sjoe die wildtuin is 'n lekker plekkie om te wees!

ons is lief om bietjie buiteland in te vaar met groot 4x4 voertuie en daar ook 'n lekke lang roadtrip te he!

maar ek werk hard tans so tussen deur die swot so dit gebeur maar selde deesdae.... behalwe as ons gaan duik!!
*The one and only AWESOME-EST


Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Vakansie
« Reply #3 on: September 08, 2011, 07:54:51 PM »
As ek vakansie het gaan ek so ver as my geld dit toelaat. Gewoonlik my sitkamer.






 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Vakansie
« Reply #4 on: September 09, 2011, 08:26:02 AM »
Nee man Naasie, dan moet jy praat ou, jy weet ek beplan my hele lewe weg. Is al weer beset tot die middel November. Ek reel maklik vir jou saam met ons kuiertjies. Tussen see en berge is waar julle my sal vind die volgende maande. Hoop net ek kan dan tot ruste kom. (?)

Ek het lang vakansie aan die einde van die jaar. Dan maak ons stoor toe. Maar ek beplan omtrent vir elke oomblik wat moontlik is 'n wegbreek, see toe of berge toe of sommer enige plek wat my sal neem.

Ek hou van kamp, ek is mal oor primitief. Hier is net so plek en dis waar ons dan ook een naweek in November gaan. Prys baie goed. Dis bo-op, tussen berge, Eish mensig dis so mooi daar ek sal sommer wegloop van alles en myself daar gaan wegsteek.  :love7: O en jy mag vir brakkie saam vat, solank hy vriendlik is. Ongelukkig is groot meneer nie vriendlik nie so hy moet tuis bly, maar Minouchka gaan altyd saam.  :love7:

Chikie ek moet sê ek sal vreeslik graag wil duik soos julle, maar ek kan nie. Het nog nooit geleer hoe nie. Kan seker gaan leer. Ek het wel een groot probleem ek hou nie van koud kry nie en ek kry gewoonlik koud.  :icon_scratch: Dit lyk vir my altyd so mooi daar onder die see. Daai pragtige visse en korale, julle is bevooreg. Geniet dit.

 :angel12: 

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Vakansie
« Reply #5 on: September 28, 2011, 07:10:00 PM »
ag heeeerlik! ek hoor daar is gisteraand gekuier inni kaap,   :hello:   voel amper jaloers.   :love7: 

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vakansie
« Reply #6 on: September 29, 2011, 05:43:06 AM »
Wie kuier sonder ons Adéle.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Vakansie
« Reply #7 on: September 29, 2011, 05:57:02 AM »
my meisiekind was vir drie dae inni Kaap en Trappies het haar gaan haal om haar alleenheid biki te breek. dankie! Trappies, Naas, vir julle liefde, sy het dit so geniet.

  :grommit: 
adéle  :grommit:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vakansie
« Reply #8 on: September 29, 2011, 05:59:09 AM »
Hoe kosbaar is vriendskap  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vakansie
« Reply #9 on: September 29, 2011, 06:00:13 AM »
Jy sal hierdie woorde weer raaklees, "sulke vriende skop 'n ou nie elke dag agter elke bos uit nie"  Adéle.  
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Vakansie
« Reply #10 on: September 29, 2011, 11:44:08 AM »
Ek was van plan om haar gistraand weer te gaan haal. Gelukkig het ek niks gese nie want toe gebeur die lewe en ek moet ander draaie gooi. My skoonbroer het 'n ander heup gekry wat toe besluit om te onsteek.
Storie van my lewe. Ek is 'n meester daarin om my eie teleurstellings te beplan. Dink ek moet dit as onderwerp vir my doktorstesis gebruik.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Vakansie
« Reply #11 on: September 29, 2011, 12:04:57 PM »
dis die lewe, Naas, maar as ons alles perfek kry, sal ons nooit iets waardeer nie. daarom laat glip ons Vader moeilike dae deur vir ons.
sterkte vir julle familie, dit klink na erge probleme vir hom.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vakansie
« Reply #12 on: September 29, 2011, 12:43:21 PM »
Sterkte, die jaar is amper verby, dan sal dit seker weer beter gaan.  Hoop ook maar net so!   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Vakansie
« Reply #13 on: September 29, 2011, 03:26:14 PM »
 :icon_cheers: Hallo julle, ek wou haar ook gaan optel. Ek en sy het bietjie gister gesels en sy het gepraat van vroeg in kruip, want sy moes baie vroeg op vanoggend. Dit was regtig lekker om haar te mog ontmoet.   :love7:

Sy mag nou net nie weer hier kuier sonder om 'n naweek saam met ons te spandeer nie. Ons kan haar bietjie wys hoe dit die kant van die land lyk. Sien sy hou ook van my rooikoeldrank - so 'n koeldrankproe sal op die lys van wat hier gebeur wees.  :hello2:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vakansie
« Reply #14 on: September 30, 2011, 11:33:31 AM »
Sy is beslis in die regte hande.  Sowat van gasvryheid en liefde is deesdae skaars.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Vakansie
« Reply #15 on: December 28, 2011, 04:03:42 PM »
Was nou 'n hele week weg na iemand se plaas toe. Met ons karavaan. Minouchka was natuurlik ook saam. Net ons drie. O was dit lekker. Lekker uit gerus. Glo dit of nie maar na die tweede nag slaap ek deur. Soms tot 9h00. Dit gebeur nooit meer nie.  :icon_biggrin:

Ons eerste aandjie terug en ek word soos gewoonlik 3h00 die oggend wakker en begin weer met spoke stoei. Nou vra ek wat was die lekker week nou eindlik voor?  :crybaby2:

Elkgeval, dit nou daar gelaat. Liefie verf en maak reg (vensters wat wil uitval want die hout is nie meer hout nie.) Maak Oma se bank reg ens. Van oggend gou gaan straat werk doen en terug tuis en verf verf en o ja verf. Kombuis is nou gedoen en die gang. Nou is liefie besig met Ouboet se sitkamertjie, Okay dis seker nie 'n sit kamertjie nie net 'n stukkie wat sy badkamer en slaapkamer skei.  :icon_biggrin:

Ek het gou 'n koppie tee gemaak om te kom loer wat hier aangaan. Die probleem is ons is met vakansie en ons werk ons oor 'n mik.  :icon_scratch: Om alles reg te kry vir volgende jaar, want dan werk ons by ons werke en dan is daar nie tyd vir al die regmaak en skoon maak en uit pak en weg gooi nie. O ja dit bring my na dit wat ek besig was om te doen na my help verf en voor ek kom sit het. Kombuis kaste uit pak skoon maak en terug pak. Is dit net ek of gaar julle ook soveel gemors op soos ek. My magtig die eerste kas of rak van die kas waarmee ek nou besig is, haal ek 'n "WOK" uit (ps dit werk al jare nie) o ja en een van die glas oonde wat Adrian verkoop het. (PS dis nie die een wat Adrian verkoop het nie maar die "namaaksel" o ja en dit werk ook nie)  :evil6: Vir wat hou ek dit?  :icon_scratch: Dan was daar 'n water bottel dingetjie watse naam, die lek.   :icon_biggrin: So kan en aangaan en 'n hele boek skryf oor wat ek nou alles gaan weggooi. Dis een kas bo my stoof ek het nog nie die een onder begin nie. Daardie een is so vol 'n muis kan letterlik nie sy kleintjie daar kry nie.   :evil6:

Okay my tee is klaar en ek gaan maar klaar maak, want as "diefie" besluit hy wil dalk dit waag om by my in-te-breek, sal hy net so omdraai en dink, Shame hulle is alklaar van al hul goed beroof. Alles staan of in die middel van die vloer of op mekaar op kaste en deur hang oop, ag ek is seker julle kry die prentjie.  :evil6:

O ja dan moet ek nog voor die 3de 'n "indemnity" tik. Vir ons kuier mense. Ek het slange, honde, 'n swembad en trappe, wil nie nog 'n hofsaak ook aanhange maak as iets met hulle gebeur nie.  :toothy4:
 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vakansie
« Reply #16 on: December 28, 2011, 04:18:39 PM »
Ek is bly julle het dit so geniet.
"Skoonmaak" is beslis soos ouderdom, dit is nie vir sissies nie!  Die lekker lê daarin dat daar weer genoeg plek is vir volgende jaar se "gemors".   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Vakansie
« Reply #17 on: December 28, 2011, 05:14:50 PM »
Daai skoonmaak!!!
Ek is so lui, ek hou net die nodigste aan.  En soms het ek nie eens die nodigste nie.  Maar ek het nie een dag 'n tekort aan enigiets nie.
Ek is so lui, ek het 'n skoonmaak-diens wat my plek kom skrop sodat die stofgoggas my nie moet opvreetie.  Hulle help my en ek help die dames deur hulle te betaal.  Hulle is vir my goud werd.
Dit voel net vir my ek is in beheer van my huis-omgewing as ek nie baie goed het nie.  Kan glad nie funksioneer in 'n warboel nie.  Raak so buite myself, dat ek net my arms in die lug wil gooi..    :violent1:
elle

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Vakansie
« Reply #18 on: December 28, 2011, 09:08:00 PM »
Ja nee kyk ek weet ook nie so mooi van skoonmaak as my vakansie plesier nie. My rug is af ek voel glad nie gelukkig nie, want met die begin het ek agter gekom daar is nog  :evil6: Maar ek gaan eers more Taranee dokkie te vat sy is nie so lekker nie. Besig om lelik bold te raak. Elkgeval dan gaan ek vir Naasie my maatjie kuier. Kan nie wag nie. :hello2:

Dan sal ek weer begin met my vakansie nie plesier en verder skoonmaak. O Angelica, vertel meer oor die skoonmaak mensies, ons het net slegter afgekom van hulle, dat ek nou maar self aan ploeter. Net jammer ek kan nie so lekker die monster van 'n huis onder die kniee kry nie.

 :angel12:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Vakansie
« Reply #19 on: December 30, 2011, 03:14:41 PM »
Hi Trappies,

Hoop jou skoonmaak sessie is oor.
Ek het al die info van die skoonmaakdiens by die kantoor.
Sal dit vir jou gee sodra ek weer begin op die 3e Jan.

Burgess en sy span dames maak ook ons kantore skoon.  Ek het geen klagtes oor hulle.
Burgess is 'n jong ou wat ook nog studeer, 'n skat en baie goed met wat hy doen.  Die dames is deeglik in hulle werk.
Kyk of jy dit in die gids kry...  Fleur De Lis Cleaning Service. 
Dit is nou as jy solank met hom wil gesels.  Ek sal in elk geval die foon no en e-pos adres vir jou gee.

elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vakansie
« Reply #20 on: December 30, 2011, 03:22:21 PM »
Ons is geseend met die enetjie wat ons nou het.  Kyk, elke huis het sy kruis en so nou en dan maak ek my stem dik, maar sy is altyd dieselfde en nooit dikbek nie. Ek vertrou haar, (hoop nie sy bewys my ooit verkeerd nie).  Skoonmaak is nie vir sissies nie, beteken ek is
'n sissie  :icon_biggrin: , maar dit is lekker om 'n sissie te wees!  :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Vakansie
« Reply #21 on: December 30, 2011, 03:34:15 PM »
Daar is dinge wat ek myself gee:
Skoonmaakdiens
Wasgoed gedoen by 'n wassery
Groot bos blomme
Ek werk en doen meer as waarvoor ek betaal word.  (My base sal se hulle verwag daardie ekstra klomp myle.  Sommige loop geen ekstra myl, maar word nog steeds betaal.) 
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Vakansie
« Reply #22 on: December 30, 2011, 04:05:06 PM »
Dis maar hoe dit gaan. My se oupa het altyd geseg: "Die gewillige donkie wat die verste loop dra die swaarste vrag."




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vakansie
« Reply #23 on: December 30, 2011, 06:39:07 PM »
... maar ek glo ook dat daardie gewillige donkies die meeste selfrespek en sin vir verantwoordelikheid het.   :bootyshake:   :love7:
Om te weet is om te verstaan.