Digkuns > Digformules of -strukture

Terse Verse & Prettige raaisels

(1/11) > >>

Meraai vannie Baai:
Al ooit gehoor van hierdie prettige korte-korte struktuur? In Engels word Terse Verse begin met 'n vraag of stelling, en die antwoord word verskaf in 'n paar rymende woorde. Ek kon nerens voorbeelde van so struktuur in Afrikaans kry nie en in ons eie weergawe is die antwoorde soms ietwat langer. Hierdie struktuur is lekker vermaak wanneer jy die langpad vat met kleingoed in die motor :angel8:

http://members.shaw.ca/rjbiebrich3/MyWeb3/Poetry/TerseVerse.htm

Paar vertaalde voorbeelde:

Watter danspas
is sitrus-prettig?
Die Mango-Tango!

~~~~~~~~

Wat is die geelsoompie
aan See se blourokkie?
Seesand!

~~~~~~~~

Wat huil weemoedig sonder stem
en kan byt sonder 'n enkele tand?
Die wind my kind!

 :toothy4:

PM:
Dankie vir die aandra Raaitjie.  Jou voorbeelde is pragtig en prettig.  

Wat dra 'n geel kappie
om 'n swart gesiggie?
'n Sonneblom.

Wat kom in pare, twee-twee,
tog is sy maat altyd soek?
'n Kous Kabous.

Wat is dit wat klou,
krul, draai en swaai?
'n Klimop ou slimkop!

Hiermee kan 'n ou heeldag sit en speel.   :icon_biggrin:

Meraai vannie Baai:
Dit is kostelike voorbeelde PM. Ek gaan dit vir die kabouertjies leer in Afrikaans  :love7:

PM:
Bring asseblief nog voorbeelde vir boek twee asseblief.  Kyk hoe mooi vra ek asseblief!

Meraai vannie Baai:
Ek het al vergeet van hierdie prettige versies :toothy4: Hoop daar kom nog 'n hele klompie vir boek twee PM!

Wie kan sy nekkie strek
en langer rek as hy help
soek na 'n bal op die dak?
Die volstruisie in 'n kindergediggie!

*******

Watter vabonde baklei soos kat en hond;
jaag mekaar rond en bont op my skerm?
Tom en Jerry natuurlik!

*******

Wie se asem is suikersoet
en 'n mens kan dit opeet?
Spookasem
 :notworthy:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version