Author Topic: Die Forum se gedagtes.  (Read 44626 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Forum se gedagtes.
« Reply #15 on: May 26, 2011, 08:50:38 AM »
Dit was lekker dae.   :love7:   :read2:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Forum se gedagtes.
« Reply #16 on: June 20, 2011, 03:11:49 AM »
Dit is juis al hierdie geliefde name wat ek raakgelees het wat my hoek, sinker en aas aan die kraag beetgekry het  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Forum se gedagtes.
« Reply #17 on: June 20, 2011, 01:41:17 PM »
Ek lees ook nou weer deur al die geselsies en voel ook daai borrellaggie hier iewers in my binneste krioel!  Ek wonder hoeveel van julle besef wat julle vir my beteken?   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die Forum se gedagtes.
« Reply #18 on: June 20, 2011, 05:23:05 PM »
Dit is juis al hierdie geliefde name wat ek raakgelees het wat my hoek, sinker en aas aan die kraag beetgekry het  :love7:

dankie dat jy ook opgeklim het, ek het spesiaal so na as moontlik aan die kus geroei om jou te soek, was so bang ons mis jou....
 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Forum se gedagtes.
« Reply #19 on: June 21, 2011, 11:26:03 AM »
Baie welkom Ta' Raaitjie. Nou voel ek weer heel.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Forum se gedagtes.
« Reply #20 on: July 02, 2011, 01:18:30 AM »
Voel ek ook skielik weer heel!  :love7:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Forum se gedagtes.
« Reply #21 on: July 02, 2011, 09:18:04 AM »
 :hello2:  Dit is wonderlik!  Hierdie week wat kom gaan ek probeer om by al die strukture uit te kom wat vir my lê en wag.  Ek het so lank laas geskryf, ek kan nie eers meer die woord spel nie!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Die Forum se gedagtes.
« Reply #22 on: July 11, 2011, 08:29:19 AM »
Noudat die Forum se databasis weer honkiedorie is, lyk dit of die lede aflyn is.  Maar ongelukkig kan die beste van programmeerders, nie juis iets daaromtrent doen nie.  'n Goeie maatjie van my beveel die volgende daarvoor aan:
Heuning, suurlemoensap en gemmerbier, sluk so gereeld soos jy kan, en spoedig kan jy weer op die Forum kom kuier.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Forum se gedagtes.
« Reply #23 on: July 11, 2011, 08:32:58 AM »
Laas week het ek ook genies en proes vir die eerstespan.  Dit voel nog of my kop 'n pampoen is, maar ek glo dit sal ook gou weer sak.   :icon_biggrin:

Hierdie week wil ek ernstig begin met die inhoud van die boek.  Ek sal die nodige plaas en as julle sal antwoord sal ek dit baie waardeer. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Forum se gedagtes.
« Reply #24 on: July 11, 2011, 11:09:46 PM »
  :bootyshake: :wave: Weet nie of ek nou twee stelle vergrootglase nodig het nie maar ek kan nie by sommige afdelings soos bv. die gedigstrukture, 'n skakel kry vir nuwe plasings?  :dontknow:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Forum se gedagtes.
« Reply #25 on: July 12, 2011, 09:37:57 AM »
Ek sal nou dadelik gaan kyk wat fout is.  Hou daar, ek is nou daar!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Forum se gedagtes.
« Reply #26 on: June 01, 2013, 04:40:10 AM »
Pragtige geselsies uit ons groeipyne. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Forum se gedagtes.
« Reply #27 on: October 01, 2015, 01:00:54 PM »
Vanaand loop ek weer wye draai om onse kooi en dwaal kort-kort terug om eers gou weer te sien wie kuier saam. Loop ek gelukkig vir Naas raak so tussen die lyne en soos gewoonlik sorg hy vir my lagpilletjie  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Forum se gedagtes.
« Reply #28 on: October 02, 2015, 12:16:06 PM »
Ek is bly ons loop mekaar so nou en dan raak vir 'n kuiertjie en 'n doppie.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die Forum se gedagtes.
« Reply #29 on: September 23, 2018, 06:49:43 AM »
Wie gaan my kwalik neem as ek skryf: ons het geweet HOE om te kuier tussen lyne. My grootste wens vandag is dat ons hier weer so gaan saam kuier. Seblief ouens - ek het julle nodig. Moenie verdwyn nie. Sleep 'n mater saam as jy kan en kom griffel 'n vers en drink 'n woorddop in ons kroeg. Kry jou daar  :wave: