Voorstelle en klagtes > Die Hoof se kantoor

Die Forum se gedagtes.

(1/7) > >>

Naas:
Meneer die Hoof. Ek het 'n aardige probleem. Die forum se gedagtes het Altzheimers en wil my nie onthou nie. Ek merk daar by "Sign in"  "forever" maar as ek later terugkom soek hy weer my se naam en passeerwoord.
Kan julle dalk help dat die forum se gedagtes bietjie langer hou?


 :icon_bigsmurf:

Bestuur:
Die hoof is ernstig besig om die forum se gedagtes voor stok te kry.   :evil6:  Die hoof self sukkel nou al 'n geruime tyd met 'n soortgelyke probleem en dit is nogal half lastig.  Daar lui die klokkie nou vir teetyd.  Die hoof moet nou eers gaan tee drink.  Sal net daarna aandag gee aan die saak.   :icon_biggrin:

PM:
 :icon_biggrin:  Passeerwoord!  Hoort dit nie dalk by die nuwe woorde nie?   :icon_biggrin:

Naas:
Passeerwoord kan dalk 'n anglisisme wees.


 :icon_bigsmurf:

Stof:
Hierdie is waarskynlik een van Bill gates se narcistiese stepe.  Explorer laat slegs een SMF forum se inlogbesonderhede in sy langtermyngeheue toe.  Nou weet Stof nie of Naas dalk die Forum verraai het en iewers anders ook 'n "forever" intekening het nie, maar as hy wel so stout sou wees, dan is dit waar die antwoord lĂȘ.  Stof gebruik soms Opera om veelvuldige forums se inlogbesonderhede gelyk te onthou, en dit werk goed.  Maar dis seker te verstane, want boetie Billy werk nie by hulle nie.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version