Voorstelle en klagtes > Die Inligtingkantoor

Vers akkoord en 'n piekniek mandjie

(1/7) > >>

Jeannedarc:
Goeie more Forumiete

Saterdag die 8ste Oktober gaan ons weer so maak. Ons gaan die mikrofone staanmaak sodat algaar hul woordskeppings en/of lirieke kan kom deel. Elkeen bring sy/haar mandjie propvol snoepighede en hul keuse van vloeibare verversing.

Om die dinge ordelik te laat verloop, sal dit waardeer word as elkeen wat gaan bywoon sy/haar lysie met items wat gedoen gaan word aan my te stuur sodat 'n program saamgestel kan word.

Nou kan ek ook nie wag dat die 8ste aanbreek nie.

PM:
Dankie vir jou moeite met die uitnodigings en die saamstel van 'n program Natalie.  Ek sien ook uit na die volgende byeenkoms.  Dit gaan weer groot pret wees.   :hello2:

Chichi:
waar vind hierdie wonderlike aksie plaas?

PM:
Dit is in Annlin, Pretoria.  Waar woon jy Chichi?  Ons begin 2uur die middag.  Elke ou kan kom voordra, sing, musiek maak of sommer net 'n lawwe grappie vertel en as jy mikrofoonsku is soos ek, luister jy net saam en geniet dit.

Meraai vannie Baai:
Boek tog maar myse plekkie in die gees groot sambliefie  :love7:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version