Author Topic: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie  (Read 21717 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« on: September 05, 2011, 09:00:56 AM »
Goeie more Forumiete

Saterdag die 8ste Oktober gaan ons weer so maak. Ons gaan die mikrofone staanmaak sodat algaar hul woordskeppings en/of lirieke kan kom deel. Elkeen bring sy/haar mandjie propvol snoepighede en hul keuse van vloeibare verversing.

Om die dinge ordelik te laat verloop, sal dit waardeer word as elkeen wat gaan bywoon sy/haar lysie met items wat gedoen gaan word aan my te stuur sodat 'n program saamgestel kan word.

Nou kan ek ook nie wag dat die 8ste aanbreek nie.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #1 on: September 05, 2011, 09:22:31 AM »
Dankie vir jou moeite met die uitnodigings en die saamstel van 'n program Natalie.  Ek sien ook uit na die volgende byeenkoms.  Dit gaan weer groot pret wees.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #2 on: September 05, 2011, 03:54:32 PM »
waar vind hierdie wonderlike aksie plaas?
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #3 on: September 06, 2011, 06:05:39 AM »
Dit is in Annlin, Pretoria.  Waar woon jy Chichi?  Ons begin 2uur die middag.  Elke ou kan kom voordra, sing, musiek maak of sommer net 'n lawwe grappie vertel en as jy mikrofoonsku is soos ek, luister jy net saam en geniet dit.

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #4 on: September 06, 2011, 07:19:56 AM »
Boek tog maar myse plekkie in die gees groot sambliefie  :love7:

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #5 on: September 06, 2011, 09:07:00 AM »
Oeee bloos ek nou bloedrooi van skaamte. Askies dat ek nie die plek genoem het nie. Ja dit is Annlin en die adres is Van Der Schyff Straat 28.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #6 on: September 06, 2011, 09:53:22 AM »
 :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2:

Sal Ta-Meraai so klein bietjie opskuif, ek wil langs Tante sit in die gees...  :love7:

 :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #7 on: September 06, 2011, 10:18:15 AM »
Ek gooi nog elke week 'n lyntjie in die water om te kyk of ek nie daai lotto kan wen nie, dan vlieg ek julle almal in!
Slaapplek is mos nou nie 'n probleem nie.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #8 on: September 06, 2011, 08:27:04 PM »
Ekke bly in krugersdorp, noordheuwel area om meer spesifiek te wees!!! dit nie te ver nie! maar al my mensies werk daardie tyd van die dag, sal maar alleen moet deurkom  :icon_biggrin: wie gaan langs my sit!!! hehe (ek verwag dat julle nou almal vuis slaan vir die eer)
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #9 on: September 07, 2011, 02:56:18 AM »
Jy kan beurte maak om langs ons te sit.   :sign10:  Dit sal heerlik wees om jou hier te hê Chichi.  Ek sien uit daarna.
Die heel grootste nadeel met al ons vriende hier op die forum, is dat die meeste van hulle so ver bly.  Ons sien mekaar so min. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #10 on: September 07, 2011, 08:20:36 AM »
YAY!!! dan kan ek maar gedeel word  :icon_biggrin: :icon_biggrin:

Dit sal baie lekker wees
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #11 on: September 07, 2011, 08:23:40 AM »
Goed so, Natalie sal jou naam op die lys plaas.  Wat gaan jy doen, sing, dans, voorlees? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #12 on: September 07, 2011, 08:55:29 AM »
Sit en kyk!!!  :toothy4: Ek is nie baie talentvol nie hehe kan so bietjie dans maar dits goed soos spaans en ballet en ek is baie baie seker niemand wil dit nou eintlik sien nie.  Wat gaan jy doen?!!!
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #13 on: September 07, 2011, 10:48:14 AM »
Jy laat my sommer hoendevleis kry.  Ek  MOET  'n gedig voorlees en dan sal ek ook net sit en kyk.  'n Glasie rooiwyn help natuurlik altyd, so 'n 750ml glasie.   :icon_biggrin:  Dan dans ek sommer in my eva's gewaad op die toonbank.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #14 on: September 07, 2011, 11:12:51 AM »
En ek dag al die tyd daai rok het net 'n stryk nodig.  :headbang:




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #15 on: September 07, 2011, 12:46:05 PM »
Naas, is jy nog siek in die bed?  Ek kan hoor jy het baie energie.   :headbang:  Braaf ook nog!   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #16 on: September 07, 2011, 12:50:38 PM »
Ek is so braaf ek sal 'n pofadder borsvoed.
Wat die siekte aan betref is dit net my longe wat nie asem kry nie. Die res van my sal nog lank lewe.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #17 on: September 07, 2011, 12:53:39 PM »
Sodra jy kan sluk en lustig saam met jou lewer sing het jy darem nog baie om voor drankbaar te wees.  :toothy4:

Jy sal jou broekie verloor.  Hou die ding liewers om jou lyf.
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #18 on: October 06, 2011, 12:57:05 AM »
Onthou julle nog van Saterdag se piekniek?  Ek kan nie wag nie!
Ons het vir Marion op die lughawe gekry vanaand, nee ek bedoel gisteraand, dit is nou amper eenuur, en sy sien uit daarna om julle almal te ontmoet.  Kom ons wys vir die "Holander" hoe hou ons vers, akkoord en piekniek!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #19 on: October 06, 2011, 03:09:54 AM »
Nou hoe moet Naas nou voel?
Ek het ook mos 'n binniste en nie net 'n krop soos 'n duif nie.





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #20 on: October 06, 2011, 06:19:18 AM »
Ons sou julle Kapenaars so graag hier wou hê Naas.  What to do!  What to do?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #21 on: October 06, 2011, 01:49:23 PM »
Nee O Vrek! Slaap julle twee nie!

Ek staan/sit langs jou Naas, al is my binneste 'n duisternis, wil ek ook net noem ek het ook een,  :crybaby2:

Geniet dit julle klompie!

 :angel12: en  :icon_bigsmurf: sal hier rustig sit en ons eie woorde besing.  :icon_biggrin:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #22 on: October 06, 2011, 04:32:02 PM »
Ons het nog baie tyd oor om te slaap.  Seg jongste ook vir my, hy sal slaap as hy dood is.   :icon_biggrin:
Wat gedoen moet word moet gedoen word.  Jy weet dan liefding.

Ons sal julle mis.  Hou maar 'n lekker piekniek saam en dink aan ons.   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #23 on: October 06, 2011, 05:47:42 PM »
ekke sit ook by, langes julle met die seer binnestes, sommer so ekstratjie, het mos nie eers iemand na-a-aby my nie,
maar geniet dit julle, elke geselsie en stilte, elke happie en slukkie, elke sterretjie wat gaan vonkel...
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #24 on: October 07, 2011, 08:36:22 AM »
Dit is wonderlik om pragtige vriende soos julle te hê, maar dit stink dat ons so wyd verspreid is.  Ons mis julle vi-skik-kik=vi-skik-kik baie en wens opreg dat julle ook hier kon wees.  En Angelica en Louis Weka. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #25 on: October 09, 2011, 09:24:34 PM »
Hoe was die piekniek julle!!!??????/ ek het getry en getry maar lyk my dit was net nie in die boeke vir ons die keer nie
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #26 on: October 10, 2011, 09:08:45 AM »
Ons was 'n pragtige klompie bymekaar.  Die helfte van die ouens wat bevestig het was ongelukkig nie hier nie. 
Ek het dit baie geniet, dit was rustig en heerlik om saam te kuier. 

Natalie het soos gewoonlik geslaaf met die klanktoerusting.  Dankie matertjie, 'n mens kan altyd op jou staat maak.
Dankie ook aan jou seun vir sy hulp en ondersteuning.  Ek kry elke dag meer en meer respek vir ons jongmense.  Jy kan net trots wees op joune.

Ons maak vroeg volgende jaar weer so.  Hoop julle sal dan almal hier kan wees.
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #27 on: October 10, 2011, 09:16:03 PM »
SOOO bly julle het lekker gekuier, ook baie baie spyt    :crybaby2:   ons land is soms so groot, jammer dat die wat baie nader aan PM-hulle bly nie tog daar kon inloer nie, al was dit net vir 'n rukkie. darem lekker as mens mekaar kan ontmoet en gesiggie by ons profiele kan pas.   :wave: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #28 on: October 10, 2011, 09:27:50 PM »
Die groot probleem is dat die lewe so besig is, elke ander persoon het sy eie verantwoordelikheid wat hy/sy moet nakom, dit is nie altyd so eenvoudig nie.    Ek dink maar net aan die laaste paar keer wat daar 'n byeenkoms is wat gereel was, en ek self kon dit nie bywoon nie omdat ek soveel ander verpligtinge gehad het om na te kom.  Ek sou wat wou gee om daar te wees, ek kon dit net nie doen nie. 
Daar is dinge wat ons graag wil doen, en dan is daar dinge wat ons kan doen.  Jy kan nie altyd doen wat jy wil doen nie, jy kan net soms doen wat jy kan doen!  Maak dit sin?

Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #29 on: March 08, 2016, 01:32:20 AM »
Daar is dinge wat ons graag wil doen,
en dan is daar dinge wat ons kan doen. 

Jy kan nie altyd doen wat jy wil doen nie,
jy kan net soms doen wat jy kan doen!

*mmmmmmm  wat 'n lieflike voorbeeld van ons eie 'herhaalde woordstruktuur'

 :book1: :notworthy: :icon_salut:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #30 on: March 08, 2016, 06:40:25 PM »
 :love7:    :coffee2:   :love7: 
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #31 on: March 23, 2016, 10:52:13 AM »
Wens ek kan so iets doen hier in die bos!  Wie is lus om te kom, wie kan kom?  Ons kon orals slaap.  Op die vloer, op die dek, onder die boom.  Ha-ha, jy sal net moet lig slaap vir die ystervarke en die bosvarke as jy onder die boom wil slaap!
Om te weet is om te verstaan.