Author Topic: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie  (Read 19826 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« on: September 05, 2011, 09:00:56 AM »
Goeie more Forumiete

Saterdag die 8ste Oktober gaan ons weer so maak. Ons gaan die mikrofone staanmaak sodat algaar hul woordskeppings en/of lirieke kan kom deel. Elkeen bring sy/haar mandjie propvol snoepighede en hul keuse van vloeibare verversing.

Om die dinge ordelik te laat verloop, sal dit waardeer word as elkeen wat gaan bywoon sy/haar lysie met items wat gedoen gaan word aan my te stuur sodat 'n program saamgestel kan word.

Nou kan ek ook nie wag dat die 8ste aanbreek nie.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #1 on: September 05, 2011, 09:22:31 AM »
Dankie vir jou moeite met die uitnodigings en die saamstel van 'n program Natalie.  Ek sien ook uit na die volgende byeenkoms.  Dit gaan weer groot pret wees.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #2 on: September 05, 2011, 03:54:32 PM »
waar vind hierdie wonderlike aksie plaas?
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #3 on: September 06, 2011, 06:05:39 AM »
Dit is in Annlin, Pretoria.  Waar woon jy Chichi?  Ons begin 2uur die middag.  Elke ou kan kom voordra, sing, musiek maak of sommer net 'n lawwe grappie vertel en as jy mikrofoonsku is soos ek, luister jy net saam en geniet dit.

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #4 on: September 06, 2011, 07:19:56 AM »
Boek tog maar myse plekkie in die gees groot sambliefie  :love7:

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #5 on: September 06, 2011, 09:07:00 AM »
Oeee bloos ek nou bloedrooi van skaamte. Askies dat ek nie die plek genoem het nie. Ja dit is Annlin en die adres is Van Der Schyff Straat 28.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #6 on: September 06, 2011, 09:53:22 AM »
 :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2:

Sal Ta-Meraai so klein bietjie opskuif, ek wil langs Tante sit in die gees...  :love7:

 :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #7 on: September 06, 2011, 10:18:15 AM »
Ek gooi nog elke week 'n lyntjie in die water om te kyk of ek nie daai lotto kan wen nie, dan vlieg ek julle almal in!
Slaapplek is mos nou nie 'n probleem nie.   :dontknow:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #8 on: September 06, 2011, 08:27:04 PM »
Ekke bly in krugersdorp, noordheuwel area om meer spesifiek te wees!!! dit nie te ver nie! maar al my mensies werk daardie tyd van die dag, sal maar alleen moet deurkom  :icon_biggrin: wie gaan langs my sit!!! hehe (ek verwag dat julle nou almal vuis slaan vir die eer)
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #9 on: September 07, 2011, 02:56:18 AM »
Jy kan beurte maak om langs ons te sit.   :sign10:  Dit sal heerlik wees om jou hier te hê Chichi.  Ek sien uit daarna.
Die heel grootste nadeel met al ons vriende hier op die forum, is dat die meeste van hulle so ver bly.  Ons sien mekaar so min. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #10 on: September 07, 2011, 08:20:36 AM »
YAY!!! dan kan ek maar gedeel word  :icon_biggrin: :icon_biggrin:

Dit sal baie lekker wees
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #11 on: September 07, 2011, 08:23:40 AM »
Goed so, Natalie sal jou naam op die lys plaas.  Wat gaan jy doen, sing, dans, voorlees? 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #12 on: September 07, 2011, 08:55:29 AM »
Sit en kyk!!!  :toothy4: Ek is nie baie talentvol nie hehe kan so bietjie dans maar dits goed soos spaans en ballet en ek is baie baie seker niemand wil dit nou eintlik sien nie.  Wat gaan jy doen?!!!
*The one and only AWESOME-EST


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #13 on: September 07, 2011, 10:48:14 AM »
Jy laat my sommer hoendevleis kry.  Ek  MOET  'n gedig voorlees en dan sal ek ook net sit en kyk.  'n Glasie rooiwyn help natuurlik altyd, so 'n 750ml glasie.   :icon_biggrin:  Dan dans ek sommer in my eva's gewaad op die toonbank.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Vers akkoord en 'n piekniek mandjie
« Reply #14 on: September 07, 2011, 11:12:51 AM »
En ek dag al die tyd daai rok het net 'n stryk nodig.  :headbang:




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.