Author Topic: Hardloop jy saam?  (Read 17709 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Hardloop jy saam?
« on: August 27, 2011, 08:14:22 AM »
Ek luister vanoggend na 'n persoon wat op "Contbytsake"    :icon_biggrin:  hulle skryf dit so ja...   :icon_biggrin:
vertel dat hy voertuie het wat al vyf jaar op die l.e.d ligte rond hardloop. 
Nou, ek weet van mense wat hulle besigheid ook hardloop.  Hulle voertuie hardloop ook baie lig op brandstof en so hardloop hulle voort.
Ek het gedink 'n ou bedryf jou besigheid en jou voertuig is ekonomies op brandstof? 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #1 on: August 27, 2011, 09:51:03 AM »
Hmmm ek het self so gedink maar smaak my ons is hardloop vanuit die oude doos op PM 9 batterye  :icon_biggrin:

Offline Stof

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 112
  • Gender: Male
  • 'n Dankbare begenadigde
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #2 on: August 27, 2011, 10:30:09 AM »
Alles 'n gejaag na wind.  Dis baie minder stresvol om eerder maar net te stap.  Vanaf die luisnes tot by PM se nes, is ongeveer twee uur en 'n bietjie se stap.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #3 on: August 27, 2011, 11:16:05 AM »
Hannes sê juis vanoggend dat hy so dankbaar is vir die kroeg, want daar laai my PM 9 batterye tot hardlopens toe.  As hy in die oggend wakker word is die vloere geskrop, die wasgoed gedoen en die kombuis is blinkskoon.  Dan sê ek vir hom dankie omdat hy so hard gewerk het.   :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #4 on: August 27, 2011, 12:38:56 PM »
Wel, iemand wat op 'Cont-byt-sake' kommentaar lewer, se voertuig sal seker op l.e.d. lig kan rond hardloop dat die stof so staan.
Ek is bevrees, 'n PM10 gaan nie eens my kan opcharge vir vloere skrop nie.
PM, jy is beslis ge-PM9 charged as ek so na jou besigheidjie hier kyk.
Net 'n paar maande en jou eerste boek, wat 'n lank-al droom is, is baie na aan geboorte.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #5 on: August 27, 2011, 12:56:35 PM »
Al moet ek dit nou self ook sê, ek is baie trots op almal wat so mooi saamwerk om hierdie groot droom te bewaarheid.  Sover is ons op skedule en dit wil gedoen word ja.  Hier in my agterkop is ek nog erg bekommerd dat daar nog probleme mag opduik, maar ons sal dit hanteer soos wat dit opkom om asem te skep.  Ek het 'n roeispaan, slat elke probleem plat!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #6 on: August 31, 2011, 11:30:37 AM »
Ek Hardloop, maar dit lyk my ek haal niks in nie, alles hardloop onder my uit....HALT is wat ek nou wil roep!

Ek sal nie om gee om weg te HARDLOOP nie, maar ondervinding het my ook al geleer die lewe hardloop net weer saam jou weg. So staan ek maar algaar en aanstaar.  :icon_scratch:

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #7 on: August 31, 2011, 11:50:31 AM »
Hierdie laaste paar weke het 'n gehardloop van 'n ander planeet afgegee.  Jy is reg, 'n ou se probleme is geneig om saam te hardloop.  Naas sê mos hy het nog nooit 'n bloedbek in 'n geveg gekry nie, hy kyk nie om as hy weg hardloop  nie.  Wanneer laas het julle saam gekuier?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #8 on: August 31, 2011, 11:59:57 AM »
Ja kuier die gooi ons elke nu en dan in. Shame maar die ou is vrot van die siekies, le pens en voetjies in sy kooi. Met 'n koors wat gister nog nie wou wyk nie. Hy sê hy's hond siek in die bed, toe seg ek hy moet die hond van die bed af jaag dan sal hy beter voel.

 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #9 on: August 31, 2011, 12:04:11 PM »
Ag nee, ek hoop dit gaan gou beter met hom.   :crybaby2: 

Waar en wanneer gaan ons die boek uitstal?  Wens ek kon 'n groot bus kry wat Kaap toe "hardloop" dan het ek almal gaan oplaai vir een groot makietie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #10 on: August 31, 2011, 12:08:07 PM »
Nou praat jy PM, so bek moet rooi koeldrank kry... :hello2:

 :angel12:

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #11 on: August 31, 2011, 03:11:32 PM »
PM

Dan hardloop jou PM9's se beker oor van volgeit en hardloop Hannes se dankbaarheid oor van vreugde

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #12 on: August 31, 2011, 03:55:09 PM »
 :toothy4:  Hannes is gewoonlik net drankbaar   :toothy4:  en ekke ook.   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #13 on: August 31, 2011, 05:48:57 PM »
Le op my sy en tik. Kry nie asem nie so sal nie kan saamhardloop nie.
Ek het drie jaar terug in die hospitaal loop draai en voel nou erger.
Ek is egter nog hier rond en saam met julle moerig oor die kuberbraker wat so lastig was.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Hardloop jy saam?
« Reply #14 on: September 01, 2011, 06:24:25 AM »
Naas, sit regop, slaan daai viriesie met a plank dat die sop spat. Jy wil seker net bederf word daar innie bed.
Daardie kraker se dop gaan kraak as ons hom in die hande kry.
Die ouens dink hulle is slimmer as slim, maar hulle name sal deur die groot klok uitgespeel word.
Sal ons hoor wie die skremunkel is?
Ons sal maar sien wie plaas gedigstruktuur info op hul sites.
Wil net 'n ietsie vir die ou wys...      :bootyshake:   en vir hom se dat hy 'n uiterste boef is.

Aan almal van julle:    DIE SOMER IS OPPAD!!!
Ons kan weer uit ons hiberneer-stadiums ontwaak en die veld en berge invaar.

elle