Author Topic: Wie is onmisbaar.  (Read 7724 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Wie is onmisbaar.
« on: August 26, 2011, 04:45:02 AM »
Soms gebeur dit dat die lewe jou aan die kraag beet kry en jou slinger na plekke, of situasies, waarin jy nie wil wees nie.  Dit ruk jou uit jou daaglikse roetine en jy kwel jou siek omdat jy nie kan wees, waar jy glo, mense nie sonder jou kan klaarkom nie.  Dan keer jy terug en sien, oeps, niemand het my eers gemis nie.  Die lewe het maar sy gang gegaan.  Alles is in orde.  Ontspan maar daai boude, neem 'n rukkie vir jouself, dit is soms nodig. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Wie is onmisbaar.
« Reply #1 on: August 26, 2011, 05:23:46 AM »
Hoe waar is dit nie wat jy hier geskryf het mater! Ek het juis net vanoggend vir my sus geskryf: steel vir jou 'n sekond of ses en doen ietsie lekkers. Die lewe gaan aan of jy nou deel is of nie, kan netsowel jouself intussen bederf!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wie is onmisbaar.
« Reply #2 on: August 26, 2011, 06:34:30 AM »
Ek seg altyd "Ons kan net altyd doen wat ons kan, nie altyd wat ons wil nie."   Soms gaan ons te swaar gebuk onder ons sin vir verantwoordelikheid, of dink jy dit is ons sin vir "beheer"?   
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Wie is onmisbaar.
« Reply #3 on: August 26, 2011, 06:53:37 AM »
PM, jy het my nou hier aan die wonder: Is 'n sin vir verantwoordelikheid 'n sin vir beheer?
Ek 'beroem' my altyd daarop dat ek 'n groot verantwoordelikheidsin het en ek wil ook altyd in beheer wees.
Heng, ek wil darem nou ook nie 'n 'beheervraat' genoem word nie, alhoewel daar sekere mense is wat so dink....

 
 :nono:
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wie is onmisbaar.
« Reply #4 on: August 26, 2011, 07:13:44 AM »
Beheer is 'n vreeslike ding.  Ons was mos altyd in "beheer".  "Ons" is nou die Mammas en Pappas wat kinders grootmaak.  Jy besluit wanneer word wat  hoe gedoen.  Jy besluit oor talle huishoudelike sake.  Hol rond om alles betyds klaar te kry en sorg dat almal alles het wat hulle nodig het.  As jy nie in beheer is nie is daar chaos. 
Nou word ons ouer en die kinders word groot en ons, of altans ek,  wil nog steeds beheer hĂȘ.  Ek dink steeds as ek nie daar is nie sal daar chaos wees.  Dan eendag "skrik ek wakker" en besef, besef dat daar nie chaos sal wees nie.  Alles is wel, elke ou kan vir homself sorg. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: Wie is onmisbaar.
« Reply #5 on: September 01, 2011, 11:25:04 AM »
Ek het so 'n paar jaar gelede tot die slotsom gekom dat ek gladnie gemis sal word as ek nie daar is nie want die ratte draai onverpoos voort en dit is inderdaad dan ook hoe dit moet wees. Ek het ook agter gekom dat om in beheer te wees/te moet wees 'n vreeslike las op my plaas want as ek nou nie in staat is om volgens my standaarde te presteer nie is ek mos die mislukking. Toe besluit ek om myself eerste te stel in wat ek ookal doen. Ek is eerste in my lewe en ek doen net wat my gelukkig maak. As ek gelukkig is behoort my kinders ook gelukkig te wees maar ek is nie verantwoordelik vir hulle geluk nie, elkeen is verantwoordelik vir sy haar geluk. Vandat ek daardie besluit geneem het het ek nie meer stress en depressie nie en is my lewe 'n lied. As ek beheer oor 'n situasie neem is dit omdat ek dit uit eie wil doen en omdat ek dit geniet om te doen en nie omdat ek genoop voel om dit te doen nie.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Wie is onmisbaar.
« Reply #6 on: September 01, 2011, 06:52:08 PM »
Dit maak volkome sin Natalie.  Soos ek jou ken kan jy beheer uitoefen waar nodig en jou sin van verantwoordelikheid lewer net die beste resultate. 
Om te weet is om te verstaan.