Author Topic: Die Abhanga Gedigstruktuur  (Read 23293 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die Abhanga Gedigstruktuur
« on: April 13, 2011, 12:00:45 PM »
Die Abhanga het ontstaan in die sewentiende eeu, in Indië.
Dit is ‘n Marathi vorm, die amptelike taal van Maharashtra in Indië.
Dit is geskryf en gesing deur digters en heiliges, (Saints) by tradisionele optogte.
Aanvanklik het dit gehandel oor geloofsake of godsdienstige toewyding, maar kontemporêre (eietydse) digters gebruik dit vry.

Abhanga is ‘n eenvoudige struktuur wat bestaan uit vier versreëls met die volgende lettergreeptelling:
6, 6, 6, 4.

Die tweede en derde versreëls rym met mekaar. a,b,b,c.

Die strofes of stanzas kan deur die digter bepaal word.
Soos met meeste gedigstrukture is daar altyd ‘n ander bron wat meer of verskillende inligting het, maar ek volstaan hierby.

Voorbeeld:

Vrees

Uit my vrese sien ek
mirasiedrogbeelde.
Dit is nié verveelde
gesigte nié.
 
Dit kap en grou na my
en elke helle keer
kom tornado dit weer ...
Trap my sinloos.

Lam en uitgeput lê
ek met my arms om
‘n liggaam moeg en krom.
Uitgemergel!

Sak die son se kop weg,
draai die mirasies Wes.
Leer jy tog hierdie les:
Vrees bly net vrees ...

©
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Abhanga Gedigstruktuur
« Reply #1 on: April 13, 2011, 12:16:12 PM »
Ek nooi almal om hierdie gedigstruktuur aan te pak en saam te speel.  Skryf jou weergawe en kom plaas dit hier.  Volgens my mening en my ervaring,  is dit die beste "breinprikkeling" vir enige skrywer om "uit sy kassie" te dink.  Dit is een van die beste hulpmiddels wat 'n skrywer kan gebruik om sy skrywerk te bevorder.  Kom speel saam! 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die Abhanga Gedigstruktuur
« Reply #2 on: April 13, 2011, 12:51:04 PM »
Gisters se nou.

Ek tuur oor Bloubergstrand.
Branders golwe en see.
Deinstig skyn die heimwee
deur mistigheid.

Dof deur newels flikker
moederstad se liggies
soos karoogehuggies
se vetkerse

Verlang se skoene loop
met my die berge oor
om te verdwaal nog voor
ek koers kan kry.

Verdwaal in die onthou
van jare lank geleë.
Met kinderlike tree
Waggel ek voort

Waggel ek deur gange
deinstig in tyd verdof
Rakke onthou, vol stof
Raam die mure

Ek tuur oor Bloubergstrand
en ek leef die gisters
van gekoekte susters,
verlos in nou.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Abhanga Gedigstruktuur
« Reply #3 on: April 13, 2011, 01:30:25 PM »
Dankie Naas.  Jy is 'n ou doring!  Dit is 'n pragvoorbeeld.  Hoe lyk dit,  gaan jy die ander gedigstrukture ook aanpak? 
« Last Edit: April 13, 2011, 01:32:28 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Die Abhanga Gedigstruktuur
« Reply #4 on: April 13, 2011, 04:09:21 PM »
Nou ja hier is ekke ook!  :icon_thumright: Kyk julle is te oulik vir woorde. Ek gaan ook probeer. Die een behoort my aan die gang te kry...eish   :dontknow:

Nou waaaaar is ekke...Mmmmmm..  >:D nie heeltemaal nie, laat ek weer koekeloor.. :wav:
Het hom.  :angel12: :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Abhanga Gedigstruktuur
« Reply #5 on: April 14, 2011, 09:09:15 AM »
Ons wag in spanning Trappies!   Gooi hom Nooi!   :read:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Die Abhanga Gedigstruktuur
« Reply #6 on: April 19, 2011, 12:19:06 PM »
Abhanga        :dontknow:

Ek het vrydag probeer,
nou is die naweek oud.
Skimme van die ou goud,
skommel in my.

*Die ou goud = Abhanga*

Ylhoofdig

Ydel soeke na niks,
los my met verwyte.
Winter liefde winste,
bring droewigheid.


Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Abhanga Gedigstruktuur
« Reply #7 on: April 19, 2011, 12:44:31 PM »
Baie mooi Trappies!  Die lettergrepe is perfek en die rympatroon ook. 
Ek dink "winterliefde" moet een woord wees want dit is nie winter en liefde nie.  Een begrip,  een woord. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Die Abhanga Gedigstruktuur
« Reply #8 on: April 19, 2011, 03:40:12 PM »
Ek dink jy het dit reg PM.

Ylhoofdig

Ydel soeke na niks,
los my met verwyte.
Winterliefde winste,
bring droewigheid.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Abhanga Gedigstruktuur
« Reply #9 on: April 19, 2011, 04:24:15 PM »
 :hello2:  Nou lyk dit vir my dood dollies!   :wave:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Abhanga Gedigstruktuur
« Reply #10 on: June 20, 2011, 01:18:00 AM »
Steilte van die lewe

As die skemer kom, dan
sluip eensaamheid suutjies
nader; skuil in gaatjies
van donker angs

My bangwees vir alleen,
ego soos refreine
wat beur teen die steilte
van die lewe

Normale denke vlug
rigtingloos - in kringe
van die bangmaakdinge
wat hoop, verwurg

En ek, net ek alleen;
aan't soek, nag na nag
in hierdie donker skag
na die uitgang ...

©Meraai vannie baai

« Last Edit: May 03, 2012, 02:15:09 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Abhanga Gedigstruktuur
« Reply #11 on: June 20, 2011, 01:15:16 PM »
Pragtig Raaitjie.   :hello2:  Dit is heerlik om weer saam te speel!   :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Abhanga Gedigstruktuur
« Reply #12 on: June 21, 2011, 12:01:19 AM »
So groot voorreg mater! Ek het weer 'n nuwe liggie wat wink op die horison as ek alleen voel  :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die Abhanga Gedigstruktuur
« Reply #13 on: June 21, 2011, 09:09:19 PM »
As daar nog iets is wat ek graag wil leer is dit om goeie kommentaar te lewer.  Ek staan altyd met 'n bek vol tanne en weet nie wat om te sê nie.  Ek lees en ek lees weer en ek hou daarvan,  maar kom die tyd om iets te sê dan klink woorde so hol!  Ek is altyd so bang ek lewer kommentaar wat die skrywer sal afkraak,  al bedoel ek dit nie so nie.  Ons is tog hier om mekaar te bou. 
Kyk nou,  ek wil vir jou sê ek hou nie van hierdie komma nie  "wat hoop, verwurg".  Verduidelik asseblief vir my hoekom het jy dit daar geplaas. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Die Abhanga Gedigstruktuur
« Reply #14 on: June 21, 2011, 11:00:26 PM »
Gaan DOL hierdie kant, het net gou kom inloer om boodskappie te los dat ek eers weer volgende week se koers sal kan kuier tussen die ABC disse.

Jy vra oor die komma na hoop. As ek die gedig hardop vir jou sou voorlees sal die woord hoop uitgerek wees met 'n rukkie stilte (dus 'n rusplek wat die hoop laat hang in die lug) voor die finaliteit van die werkwoord 'verwurg' volg. Andersins sal dit net 'n gewone sin wees waarin die verwagting wat hoop skep in die verband, verlore sou gaan.

In my werk plaas ek die meestal die komma waar ek outomaties 'n rusplek met voorlees sou toepas  :toothy4: Hoop jy verstaan dit nou beter matertjie  :bootyshake: