Digkuns > Digformules of -strukture

Die Abhanga Gedigstruktuur

(1/6) > >>

PM:
Die Abhanga het ontstaan in die sewentiende eeu, in Indië.
Dit is ‘n Marathi vorm, die amptelike taal van Maharashtra in Indië.
Dit is geskryf en gesing deur digters en heiliges, (Saints) by tradisionele optogte.
Aanvanklik het dit gehandel oor geloofsake of godsdienstige toewyding, maar kontemporêre (eietydse) digters gebruik dit vry.

Abhanga is ‘n eenvoudige struktuur wat bestaan uit vier versreëls met die volgende lettergreeptelling:
6, 6, 6, 4.

Die tweede en derde versreëls rym met mekaar. a,b,b,c.

Die strofes of stanzas kan deur die digter bepaal word.
Soos met meeste gedigstrukture is daar altyd ‘n ander bron wat meer of verskillende inligting het, maar ek volstaan hierby.

Voorbeeld:

Vrees

Uit my vrese sien ek
mirasiedrogbeelde.
Dit is nié verveelde
gesigte nié.
 
Dit kap en grou na my
en elke helle keer
kom tornado dit weer ...
Trap my sinloos.

Lam en uitgeput lê
ek met my arms om
‘n liggaam moeg en krom.
Uitgemergel!

Sak die son se kop weg,
draai die mirasies Wes.
Leer jy tog hierdie les:
Vrees bly net vrees ...

©

PM:
Ek nooi almal om hierdie gedigstruktuur aan te pak en saam te speel.  Skryf jou weergawe en kom plaas dit hier.  Volgens my mening en my ervaring,  is dit die beste "breinprikkeling" vir enige skrywer om "uit sy kassie" te dink.  Dit is een van die beste hulpmiddels wat 'n skrywer kan gebruik om sy skrywerk te bevorder.  Kom speel saam! 

Naas:
Gisters se nou.

Ek tuur oor Bloubergstrand.
Branders golwe en see.
Deinstig skyn die heimwee
deur mistigheid.

Dof deur newels flikker
moederstad se liggies
soos karoogehuggies
se vetkerse

Verlang se skoene loop
met my die berge oor
om te verdwaal nog voor
ek koers kan kry.

Verdwaal in die onthou
van jare lank geleë.
Met kinderlike tree
Waggel ek voort

Waggel ek deur gange
deinstig in tyd verdof
Rakke onthou, vol stof
Raam die mure

Ek tuur oor Bloubergstrand
en ek leef die gisters
van gekoekte susters,
verlos in nou.


 :icon_bigsmurf:

PM:
Dankie Naas.  Jy is 'n ou doring!  Dit is 'n pragvoorbeeld.  Hoe lyk dit,  gaan jy die ander gedigstrukture ook aanpak? 

Trapsoetjie:
Nou ja hier is ekke ook!  :icon_thumright: Kyk julle is te oulik vir woorde. Ek gaan ook probeer. Die een behoort my aan die gang te kry...eish   :dontknow:

Nou waaaaar is ekke...Mmmmmm..  >:D nie heeltemaal nie, laat ek weer koekeloor.. :wav:
Het hom.  :angel12: :angel12:

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version