Author Topic: Ek soek na....  (Read 10335 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek soek na....
« Reply #15 on: February 13, 2018, 01:49:23 PM »
Dankie Gerhardus Ebersöhn, Ek het na jou boek geloer en gaan dit deurlees sodra ek 'n paar dae af is ook, want voldagwerk en dan tyd afstaan vir lees, is moeilik. Ek erken ek word net te moeg. Elke aand lees ek al 'n stukkie, maar sien uit daarna om alles deur te werk.

Tussen internet se fb en google, link die soekenjins soms self name en plasings, en so het ek 'n fb profiel oopgemaak wat dalk joune kan wees nl Christiaan Gerhardus Ebersöhn

Ek hoop van harte dis nie jou eie nie, maar iemand wat dalk jou naam gebruik en ook deur hierdie Afrikaanse Forum stap. Ek wil net sê, ons het nog nooit weggesteek dat ons uit die Woes-era kom nie. Woes het daardie tyd sy forum verander en honderde van ons plasings en versamelings van interessanthede soos woorde en gesegdes weggegooi, daarom het Petra ons eie webwerf begin. MAAR ONS WAS NIE WOES NIE, STAM OOK NIE UIT WOES UIT NIE. Daar is ook ander internetwebblaaie begin deur ander wat ook nie meer deel van Woes wou wees nie.

Ons laat ook nie meer Godsdiensbesprekings toe nie omdat daar altyd iemand op Woesforum was wat ons geloof in Christus en die bestaan van die Drie-enige God bevraagteken het. Mense wat ons uitgelok en aangeval het met woorde wat altyd tot onmin gelei het. Op fb en ander internetblaaie is genoeg plek daarvoor. Op die Afrikaanse Forum wil ons skryf en dig en is ons nie lus vir teologiese gevegte nie. Nie een van ons is 'n opgeleide teoloog nie.

Ek noem dit ter verduideliking omdat hierdie plasings deur ene Christiaan Gerhardus Ebersöhn op fb onverklaarbaar is, gesien in die lig van jou versoeke hierso en ook jou antwoord op een van my gedigte.

die volgende het ek op fb gaan haal:

Christiaan Gerhardus Ebersöhn
Yesterday at 04:46 ·
Ek dink dis belangrik genoeg om hier te vertel...

Christine, die wêreld loop oor van bedrog en bedrieërs. Daai sogenaamde Afrikaanseforum! Dis die ou Woes wedergebore in groter sonde. Ja, sommer met die intrapslag toe vind ek hulle uit. Hulle is 'n paar ou Jou-wa-is-vodde-man! tannies wat mekaar met vleitaal oor die Drakensberge probeer aanpor! Die tannie Meraai van die Baai met haar kie-tjie-woordjies om oor te kots en die simbaal-besimpelde Adele engel met haar w-etniese suiwering Woord-moord-gedagtes. Neegwat, maar net nog een van daaaai's.

Wees verseker afgeraai!



en ook

Christiaan Gerhardus Ebersöhn
10 February at 06:51 ·

afrikaanseforum
sê nié ek gaan nie swaarkry nie,
maar gee my elke uur hulp daarby.
adéle theron


Dis 'n growwe wanvoorstelling van iemand op jou blad om te sê ek sê die Afrikaanse Forum gaan my nie laat swaarkry nie, maar elke uur hulp gee. Dit kom uit 'n skrywe van my en gaan oor die Evangelie en Christus wat my elke dag dra. Ek gaan nie moeite doen om dit op te soek nie. U het dit gelees en kan die volledige skrywe hier kom plaas om die fout uit te wys, asseblief.

en ook hierdie


Christiaan Gerhardus Ebersöhn
7 February at 10:29 ·
Party plekke is toe ook maar useless... hoe jonger hoe temeriger ou spul...


Christine Andrews
Christine Andrews Watter plek is dit nou? Ek het so pas geregistreer op die Afrikaanse forum... Dalk kan ons saam lewe daarin blaas 😁


Christiaan Gerhardus Ebersöhn
Christiaan Gerhardus Ebersöhn Watter plek? Al te goed onthou ek nog: in waarheid bekrompe en gevrek is vloek-verlig al wat die plek, ja, twee, ooit reggekry het om te wees. Loop bars op die plek seblief, maar skeer my nie onder jul heilige kam nie: Bybel is nie godsdiens nie!

Christine Andrews
Christine Andrews  🤔 Ek verstaan nie...

Christiaan Gerhardus Ebersöhn
Christiaan Gerhardus Ebersöhn Jammer Christine, by die herinnering ontbreek die oortreding nie. Die boggers het klaarblyklik nie ene die Groot Verseboek nie en of het al ooit daarvan gehoor nie. En nie ene skyn ooit die gedig 'Aand' van een van die dertigers as ek reg onthou, te gelees het nie. Niks jou skuld nie. Lamlendigheid gee my net die ritteltits. Dis maar al. Lief vir jou, hoor!

Christiaan Gerhardus Ebersöhn
Christiaan Gerhardus Ebersöhn al was die naam eers woes


Ek is jammer ons nie die gedig "Iets soos Aand ..." kan opspoor nie. Dis net opmerklik dat u versoek ook op u fb-blad nie hulp opgelewer het nie. Kontak asseblief Litnet, die akademici en professionele skrywers  en leiers in ons mooi taal Afrikaans is almal daar betrokke, dalk is daar iemand om u soektog te antwoord.

Ek het nou al die plasings met leuens en wanvoorstellings en growwe beledigings teenoor ons, gaan screenprint en ook my reaksie op elkeen daarvan. Ek sit nog verstom en oorbluf oor hierdie fb blad se plasings en aanvalle en weet nie regtig wat om daarvan te dink nie.

Was hierdie Ebersohn ook op Woes? Het hy daar ook so tekere gegaan om aandag te kry? Snaaks hy nêrens 'n profielfoto van homself opgelaai het nie. Wie is hy?
« Last Edit: February 13, 2018, 05:44:32 PM by adele »
adéle  :grommit:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek soek na....
« Reply #16 on: February 13, 2018, 10:41:00 PM »
Sjoe, dit is geen wonder hierdie tannie Meraai vannie Baai loop wye draaie om hulle wat met die bybel onder die arm smousie :icon_biggrin:
« Last Edit: February 14, 2018, 09:19:14 PM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek soek na....
« Reply #17 on: February 14, 2018, 02:41:08 PM »
My ma het ook altyd geseg:  Pasop vir hom wat kom met, die Here seen jou.  Gryp jou pantoffeltjies en hardloop!  Hoeveel keer het ek dit nie in my lewe ervaar nie. 
« Last Edit: February 14, 2018, 02:42:58 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek soek na....
« Reply #18 on: February 17, 2018, 07:13:39 AM »
Die probleem is, as mens nie self agter die deur staan nie, sien jy nie die skynheiliges daar raak nie. Ek verkies om liewer deur die deur te stap, my geloof in God en my Verlossing te lééf, maar ander nie te oordeel nie en nog minder sleg te sê. Dis dan wanneer sulke kômmin-kop-verloor-aanvalle op my of dit wat myne is, my altyd onkant vang. Siestog, die arme mens loop nou al soveel jare met 'n kraak in sy persoonlikheid .... dink net hoe vreeslik moet hy met homself sukkel.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ek soek na....
« Reply #19 on: February 18, 2018, 08:03:37 AM »
Ek het gewonder of hy nie in 'n inrigting iewers is nie.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Ek soek na....
« Reply #20 on: May 28, 2018, 09:03:46 AM »
Oi joi joi! Die ups en downs van samesyn tussen lyne is ook nodig. As ons strepie net altyd gelyk loop, is ons mos hoeka oorle en gekis. Na Adele se plasing het ek op FB gaan loer en myself voorgestel aan Gerhardus. Die man/vrou sonder gesig ook genooi om hom/haar aan ons voor te stel maar daar niks van gekom nie. En tot my skande soek ek nog steeds na die gedig en in die proses van voortgaan met speel in die woordsandput het ek baie fyntjies gelet om nie te tjie-tjie nie  :`ip2:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Ek soek na....
« Reply #21 on: May 28, 2018, 10:27:57 AM »
Ek lees nou weer deur sy plasings wat ek hier kom plak het en wonder weer wat die arme persoonlikheid met sy eie gedagtes probeer aanvang. Wens ook ek kon daai Christine opspoor. Dit het vir my gelyk asof sy nie geweet het waarvan die persoon praat nie ....
adéle  :grommit:

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Ek soek na....
« Reply #22 on: May 28, 2018, 10:34:03 AM »
He?  (Kyk verward links en regs af innie gang)  Gelukkig het ek daardie woord Jack the ripper misgeloop!  Hie hie.  Daar is nie 'n skroef wat makeer nie.  Dis sommer 'n hele rat!  :icon_cheers:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ek soek na....
« Reply #23 on: May 28, 2018, 11:10:32 AM »
Ja nee, sy varkies het voorwaar malkoeisiekte.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Anastasia

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 423
  • Gender: Female
  • My taal is Liefde
Re: Ek soek na....
« Reply #24 on: May 28, 2018, 12:26:05 PM »
Geen 'Ducks in a row" nie.  Squirrals everywhere!   :mumum:
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!