Author Topic: Chiasmus (ky-AZ-mus)  (Read 13222 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Chiasmus (ky-AZ-mus)
« on: August 23, 2011, 08:58:12 AM »
Chiasmus (ky-AZ-mus) is die patroon waarin woorde gerangskik word om dan weer herhaal te word in omgedraaide (reverse) vorm.

Seker een van die bekendste aanhalings in 'n verwerkte Chiasmus-vorm is die woorde deur John F. Kennedy  “Ask not what your country can do for you but what you can do for your country.”

Die digter/skrywer, kan hierdie soort van skryfvorm gebruik om deeglik gestruktueerde idee's oor te dra wat blywende indrukke op die leser laat met die herhaalde voorkoms van gedagtes in kruisvorm. Wonderlike skryfoefening waarmee jy jou skryfstyl kan opkikker!

Die woord is afgelei van die Griekse letter chi wat soos 'n X lyk. Dit stel dan ook die kruising voor in die twee gedagtes wat herhaal word. As jy wil weet of jou stelling / aanhaling 'n chiasmus is, pas jy bloot die X metode toe.  Om te verduidelik met voorbeelde uit die Bybel:

Let op na die kruis (X) wat denkbeeldig getrek kan word tussen die herhaalde woorde in die volgende voorbeelde:

Matt. 23: 11-12
 
Maar wie homself verhoog, sal vermeder word,
en wie homself, verneder, sal verhoog word

En ook in Matt. 19:30

Maar baie wat eerste is, sal laaste wees,
en wat laaste is, sal eerste wees


Wanneer jy op kreatiewe manier met indentasie hierdie skryfvorm toepas kan dit visuele plesier verskaf aan die lesers. Verskoon die Engels maar dit is een van die mooiste en bekendste voorbeelde om die vorm bekend te stel aan ons lesers.

Genesis 9:6:

A   Whoever sheds
  B   the blood
    C     of man
    C'     by man shall
  B'   his blood
A'   be shed


As ons die volgende sin as voorbeeld gebruik: Eet (A) om te lewe (B), nie lewe (B) om te eet (A) nie, sal dit dan so geplaas kan word:  

A *******

      B *******

      B*******

A *******

Die vorm kan ook uitgebrei word met meer woorde en skematies sal dit dan so vertoon:
A B C D D C B A

 A *******

      B *******

         C *******

            D *******

            D *******

         C *******  

    B *******

  A *******

Chiasmus definisie van die 'middelklas'
Te arm om ryk te wees; te ryk om arm te wees.

By hierdie skakel is 'n paar wonderlike gedigte wat die maters lankal vir die woordeboek geskep het:
http://www.woesblog.com/chiasmus-kyazmus-n-kreatiewe-skryfvorm

*Vir nog voorbeelde en meer breedvoerige beskrywings besoek asb die erwe:
http://www.wisegeek.com/what-is-a-chiasmus.htm
http://www.drmardy.com/chiasmus/definition/definition1.shtml
« Last Edit: August 23, 2011, 09:09:20 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Chiasmus (ky-AZ-mus)
« Reply #1 on: August 23, 2011, 09:02:44 AM »
Hier is 'n paar pragtige chiasmus-uitdrukkings van Langenhoven:

*Dis net so moeilik om maklikheid in die ou wêreld te kry as wat dit maklik is om moeilikheid te kry.
 
*Daar is mense wat kan doen wat hulle wil, maar dit is die wat wil doen wat hulle kan.
 
*Hy is nie 'n ryk man wat suinig geword het nie: hy is 'n suinige man wat ryk geword het.
 
*Daar is geen kuns by sukkel en geen sukkel by kuns nie.
 
*Ek sê nie al die suur mense is fariseërs nie. Maar naastenby al die fariseërs is suur.
 
*Leen jou ore uit aan iedereen wat 'n tong het, maar moenie jou tong uitleen aan iedereen wat ore het nie
 
*Moenie by die hemel gaan soek na die engele nie, soek by die engele na die hemel.
 
*Die slegte ambagsman beveel sy werk aan; goeie werk beveel sy ambagsman aan.
 
* Betaal 'n donkie se prys en moenie 'n perd se diens te wagte wees nie - maar jy betaal maklik 'n perd se prys en jy kry 'n donkie se diens.
 
*Waar is die waarheid. Ja, waar is hy, dis waar. Maar waar is hy?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Chiasmus (ky-AZ-mus)
« Reply #2 on: August 24, 2011, 06:01:21 AM »
Jy is 'n staatmaker, dankie Raaitjie.

Sy is mooi van ver af, maar ver van mooi af. 



 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Chiasmus (ky-AZ-mus)
« Reply #3 on: August 24, 2011, 09:35:43 AM »
Wrintiewaar die waarheid daai ene PM  :toothy4:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Chiasmus (ky-AZ-mus)
« Reply #4 on: September 06, 2011, 07:17:14 AM »
Juffrou Gawie sit toe chiasmusties en wonder op die gevreetboekie:
 ...hoe lank dit sal neem voor hierdie brulpadda sal besef dat dit die prinses was wat 'n padda tot prins kon soen en nie die prins wat die padda tot prinses gesoen het nie.  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Chiasmus (ky-AZ-mus)
« Reply #5 on: September 06, 2011, 10:21:17 AM »
Baie skerp!  Juffrou Gawie slaap nie verniet in die messelaai nie, hoe dink jy moet die messe anders skerp
word!  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Chiasmus (ky-AZ-mus)
« Reply #6 on: September 09, 2011, 09:43:00 AM »
Lox se Ouma het gesê, hou jou ding uit gate dan bly jou gat uit dinge.

Naby genog Stoffeltjie, ek het gesteel en hier kom vasmaak want dit is BAIE goeie raad  :hello2:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Chiasmus (ky-AZ-mus)
« Reply #7 on: September 16, 2011, 12:03:19 AM »
Naas: Ek wonder of hy al sy eerste laaste beleef het en of sy eerste laaste dalk ook sy laaste eerste sal wees...

*hierdie woorde van jou het my baie diep aan die dink Naas!

Adéle sê sy verlang so na haar kinders, of was dit nou die kinders se bondels wasgoed, of was dit nou die bondel wasgoed wat haar na die kinders laat verlang? (aangedra deur PM)  :notworthy:
« Last Edit: September 16, 2011, 07:02:22 AM by Meraai vannie Baai »

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Chiasmus (ky-AZ-mus)
« Reply #8 on: September 21, 2011, 12:50:41 AM »
PM: ... ek is te lig vir swaar werk en te swaar vir ligte werk.
 :icon_cheers: :notworthy: :book1:

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Chiasmus (ky-AZ-mus)
« Reply #9 on: September 21, 2011, 01:00:41 AM »
Chiasmus Gedigte

SueEe:  ABBA Vorm:
 
Uit blote hoop word
'n droom gebaar,-
dis die droom
wat hoop bewaar
 ©

 
ABCDDCBA Vorm: Geloof, Hoop en Liefde

 Sal ek weet
 dat mens liefde nie kan meet
 en nooit met hoop kan vervang
 maar dan met geloof kan aanvaar
 en slegs met geloof kan ervaar
 dan dit deur hoop te kan ontvang
 alles wat liefde sou kon meet
 Ek sal weet
 ©
 
Antjie: ABCDDCBA Vorm:
 
 In sy droom is hy koning
 In sy lewe is hy ‘n doring
 Vee ek die skuld van my rug
 Hoe oorkom ek hierdie brug
 Deur die woede in my met stilte te oorkom
 Dat jy besef die skuld maak jou krom
 Dit weerhou jou lewe van die ewigheid
 Versplinterde droom om jou edelheid
 ©

http://www.woesblog.com/chiasmus-kyazmus-n-kreatiewe-skryfvorm
« Last Edit: September 21, 2011, 01:07:50 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Chiasmus (ky-AZ-mus)
« Reply #10 on: September 21, 2011, 08:24:06 AM »
Ek wil altyd die raad vir ander voorhou, hou 'n pen en papier voor, maar kom kry ek my, sit ek sonder die nodige, wanneer die nodige slimmigheid deur my kop kom spoel.  Wou ek alles hier kom neerpen, maar nou pen dit my neer, pen en papier, by die huis alweer!
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Chiasmus (ky-AZ-mus)
« Reply #11 on: September 23, 2011, 02:40:31 AM »
Sjoe praat van oorkruis-styl het jy 'n paragraaf hier bemeester  :bootyshake: :icon_biggrin: :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Chiasmus (ky-AZ-mus)
« Reply #12 on: September 23, 2011, 06:57:56 AM »
O gaats!  Ek werk deur die stokkieboek en skryf vir 'n matertjie dat ek iets verander het.  Om 'n lang storie kort te maak, sy het net die teenoorgestelde gelees van wat ek bedoel het.  Wens soms ek kan my woorde beter kies.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Chiasmus (ky-AZ-mus)
« Reply #13 on: September 29, 2011, 12:53:23 AM »
So maklik om mekaar verkeerd te verstaan, wil sowaar nie in jou skoene staan nou nie. Sterkte weereens mater!! Dalk trek die paar lyne jou gedagtes oorkruis en vergeet jy bietjie van jou blaaiskete!

*PM: As ek weer voor moet begin dan ...  begin ek maar weer voor.

*Ek is wat ek praat en ek praat wat ek is.
 
*Die lewe het my leer dink, maar die dink het my nie leer leef nie

*As jy nie daarin slaag om te beplan nie, beplan jy om nie te slaag nie.

*Hulle krap op plekke waar hulle nie jeuk nie en ander jeuk weer op plekke waar hulle nie kan krap nie!

*As jy skop, kan jy nie trek nie en as jy trek, kan jy nie skop nie.  

*Jy kan nie die armes ryk maak, deur die rykes te verarm nie.  

*'n Boer wat ophou skoolgaan voordat hy doodgaan, moet liewer doodgaan voordat hy ophou skoolgaan.

« Last Edit: September 29, 2011, 05:14:01 AM by Meraai vannie Baai »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Chiasmus (ky-AZ-mus)
« Reply #14 on: September 29, 2011, 06:18:51 AM »
Dit het regtig baie gehelp dankie matertjie.  By die vormdig kon ek nie jou naam onder die toring van Babel inkry nie toe skryf ek maar langs die gedig,  "en toe skryf Raaitjie die toring van Babel.  'n Boer moet nie net ophou skoolgaan nie, hy moet ook 'n plan kan maak in die proses.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Chiasmus (ky-AZ-mus)
« Reply #15 on: September 29, 2011, 06:28:11 AM »
Jy sien! Jy's 'n :angel8: vir ons almal! :angel3:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Chiasmus (ky-AZ-mus)
« Reply #16 on: April 15, 2016, 01:01:04 AM »
In 'n kommentaar by die gevreetboekie raak 'n vrind die volgende kwyt: Die mensdom is eintlik maar 'n dom mens  :hello2:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Chiasmus (ky-AZ-mus)
« Reply #17 on: April 19, 2016, 10:47:37 AM »
Hier kom klop die verlede weer aan die deure van ons gisters.  Van hoeka, ek bedoel toeka, tot nou? 
« Last Edit: April 19, 2016, 10:54:19 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.