Author Topic: Die los- en vasskryf van woorde  (Read 20252 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9638
  • Gender: Female
Die los- en vasskryf van woorde
« on: April 12, 2011, 12:17:15 PM »
Die los- en vasskryf van woorde is nog 'n groot kopseer.  Ek plaas die artikel hier vir diegene wat belangstel.

DIE LOS- EN VASSKRYF VAN WOORDE

(artikel deur Godfrey van der Merwe)

Die los- of vasskryf van woorde in Afrikaans skep dikwels probleme. In Afrikaans is die neiging om saamgestelde woorde vas te skryf. Daar is egter gevalle waar van koppeltekens gebruik gemaak word, of waar die woorde apart van mekaar staan. Hier volg enkele riglyne:

Anders as in Engels word woorde wat (saamgestel) een begrip vorm, vas geskryf.

Voorbeelde hiervan is:

AFRIKAANS

 

Hospitaalgelde

Gemeenskapsgesondheidswerker

Grensgebied
   

ENGELS

 

Hospital fees

Community Health Worker

Border area

Die dele van samestellings kan tot verskillende woordsoorte behoort. Die volgende patrone word onderskei:

NAAMWOORD + NAAMWOORD (met voegsel soos vebindings-s tussenin)

Bv.

    Arbeidswetgewing, Bestuurskomitee, Personeelvergadering, Taalbeleid.

Hierdie samestelings kan bestaan uit twee of meer naamwoorde (bv.

    Bestuurskomiteevergadering wat uit drie woorde saamgestel is, of Regeringsdienspensioenfonds wat uit vier naamwoorde bestaan.

NAAMWOORD + WERKWOORD

Asemskep, perdry, moddergooi, hartklop, stormloop

NAAMWOORD + BYVOEGLIKE NAAMWOORD

Gebruikersvriendelik, Persgereed, regstegnies

WERKWOORD + WERKWOORD

Brandmerk, hangsweef, stortreën

WERKWOORD + NAAMWOORD

Gloeilamp, kleefband, eetgerei, ponsmasjien, skryfblok

WERKWOORD + BYVOEGLIKE NAAMWOORD

Kraakvars, brandarm

BYVOEGLIKE NAAMWOORD + BYVOEGLIKE NAAMWOORD

Blougroen, domastrant, helderrooi

BYVOEGLIKE NAAMWOORD + WERKWOORD

Blinkvryf, rofstoei, natgooi, swartsmeer

BYWOORD + WERKWOORD

Binnekom, neerslaan, wegspring, wegvloei, rondslinger

BYWOORD + NAAMWOORD

Agterblad, bykos, voorbok, buiteperd

SETSEL + WERKWOORD

Aanbied, afdank, teenwerk, opslaan, inhaak

SETSEL + NAAMWOORD

Agterdeur, omweg, voorarm, buiteband

TELWOORD + NAAMWOORD

Duisendpoot, sestiendenoot, tienkamp, tweegesig, tiental, eenoog

SETSEL + SETSEL

Langsaan, tussendeur, onderaan

Samestellings kan ook uit meer as twee woorde bestaan, byvoorbeeld:

    Blouoognooi, blouwildebees, lugdienspersoneel, kernkragsentrale, reënwaterafvoersloot.

Hier kan ook gelet word op woorde wat bestaan uit ‘n BYVOEGLIKE NAAMWOORD plus een of meer NAAMWOORDE wat verbind word om een begrip te vorm. ‘n Vraag wat egter opkom is, hoe maak mens in gevalle waar die byvoeglike naamwoord die eerste naamwoord in die woordsamestelling beskryf, en in gevalle waar dit die tweede naamwoord beskryf? In eersgenoemde geval (d.w.s waar die b.nw die eerste nw. beskryf) word die woord VAS geskryf. Voorbeelde hiervan is:

Abnormalevragpermitte (waar abnormaal die woord vrag beskryf, en nie permitte nie)

intensiewesorgeenheid

hoësorgeenheid

platbakvoertuig

langtermynvoordele

In gevalle waar die b.nw die tweede of laaste nw. beskryf, word die b.nw los van die naamwoorde geskryf, bv.:

allesomvattende kinderhandleiding (die handleiding is allesomvattend, nie die kind/kinder nie)

elektriese operateurstoetse

intensiewe eenheidsorg

intensiewe teatersorg

plat voertuigbak

SAMESTELLINGS MET KOPPELTEKENS

Koppeltekens word onder meer gebruik:

    * om woorddele te skei en die lees daarvan te vergemaklik, bv see-eend, wa--as ;
    * om ‘n besondere betekenisverhouding tussen dele aan te dui, bv digter-politikus, sakeman-musikant;
    * as weglaatteken in bv Moeders- en Vadersdag, taal- en letterkundiges
    * as ‘n vorm van vasskryf by saamgestelde woorde, bv:

        * opeenvolging van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen dele van samestellings: bo-op, na-aap, drie-enig, bo-ent, senu-instorting. Daar is egter uitsonderings op hierdie reël, bv in gevalle waar ‘n opeenvolging van vokale nie noodwendig moeilik of verkeerd gelees sal word nie: handearbeid, naywer, sakeadres, senuaandoening;
        * waar die lengte van ‘n saamgestelde woord lees bemoeilik; ontwikkelingspelerspan-afrigting, woonstelblok-parkeerterrein;
        * wanneer ‘n syfer, simbool of getal met’n woordelement verbind word: A-span, DNS-molekuul, 9 mm-pistool, R100-noot, 1997- oesjaar, 80%-kans.

WOORDE WAT LOS GESKRYF WORD

Saamgestelde taalname bestaande uit’n verboë byvoeglike naamwoord plus ‘n basiese taalnaam, word los geskryf: Kaapse Afrikaans, Klassieke Latyn, Nuwe Engels, Moderne Grieks.

Woorde wat deel van ‘n woordgroep uitmaak, word los van mekaar geskryf: alleen loop, in diens tree, in staat stel, ter aarde bestel,alles omvat, ter tafel lê.

Uit hierdie woordgroepe kan egter afleidings gevorm word wat vas geskryf word:

Alleenloper, indienstreding, teraardbestelling.

Vebindings van byvoeglike naamwoorde en selfstandige naamwoorde word in die reël los geskryf: blink plan, groen perske, hoë snelheid. Uitsonderings op hierdie reël kry ‘n mens by byvoeglike naamwoorde wat kleur aandui, wat tradisioneel vas geskryf word: blouaap, geelslang, swartmamba, swartrenoster, blouwildebees; wanneer ‘n verbinding van ‘n byvoeglike naamwoord plus ‘n selfstandige naamwoord in die geheel die waarde van ‘n byvoeglike naamwoord of bywoord het: ‘n grootbek ondersteuner, kaalvoet seun, hardekoejawel vent, (in die geval van bywoorde: Sy is dikbek; Die seun loop kaalvoet; Die student is platsak); wanneer betekenisverdigting plaasvind, d.w.s. wanneer die betekenis verskil van die ooreenstemmende woordgroep: donker kamer (wat swak verlig is) teenoor donkerkamer (fotografie); groot mens (groot van postuur) teenoor grootmens (volwasse);geel perske (enige perske wat geel is) teenoor geelperske (soort perske).

Verbindings met telwoorde word in die reël los geskryf: drie kilogram, ses pogings, haar tweede man.

In gevalle van betekenisverdigting of inkorting, vorm ‘n verbinding met ‘n telwoord ‘n enkele woord en dan word dit vas geskryf: bv. drie hoeke teenoor ‘n driehoek;drie wiele teenoor ‘n driewiel; party kere teenoor partykeer (soms); baie kere teenoor baiekeer (dikwels); enige een teenoor enigeen; enige iets teenoor enigiets.

Die elemente van straatname waarin rangtelwoorde voorkom, kan sowel vas as los geskryf word: Derde Straat of Derdestraat, Vyfde Laan of Vyfdelaan

As die rangtelwoord gedeeltelik in syfervorm weergegee word, word die verbinding los geskryf: 3de Laan, 26ste Straat.

Geografiese name met rangtelwoorde as elemente word as enkele woorde geskryf: Derdepoort, Eersterivier, Eersterus.

‘n Bepaalde hooftelwoord in ‘n geografiese naam word los geskryf van die selfstandige naamwoord in die meervoudsvorm: Drie Susters, Twee Riviere, Veertien Strome. In die geval waar die selfstandige naamwoord egter enkelvoudig is, word dit vas geskryf: Driefontein, Sesriem, Tweespruit.

Hooftelwoorde met ‘en’ word óf los óf met koppeltekens vas geskryf: een en twintig of een-en-twintig

Verbindings van honderd, duisend, miljoen, miljard, ens. Met ‘n voorafgaande telwoord kan óf los ó sonder ‘n koppelteken vas geskryf word: drie honderd of driehonderd, tien duisend of tienduisend, vyftig miljoen of vyftigmiljoen, twee miljard of tweemiljard.

Die woord ‘al’ plus ‘n telwoord word los geskryf: al twee, al drie, al honderd-vier-en twintig.

Samestellings en afleidings met telwoorde word vas geskryf: eersteministerskap teenoor eerste minister; twintigste-eeus teenoor twintigste eeu.

Byvoeglike naamwoorde en graadwoorde word los van mekaar geskryf in groepe wat ‘n byvoeglike naamwoord as kern het: besonder gunstig, blakend gesond, duidelik sigbaar, algemeen aanvaarde, swaar gesubsieerde, wetenskaplik bewese. Heelwat van hierdie verbindings word ook vas geskryf. Dit hang in baie gevalle saam met die kortheid van die graadwoord en ook die vastheid van die verbinding tussen die graadwoord en die byvoeglike naamwoord, bv.: andersdenkend, goedgesinde, halfgaar, hoogliggende, pasgebore, pasverskene, snelgroeiende, weldeurdag.

Vaste verbindings van ‘n naamwoord plus ‘n werkwoord wat in sy geheel as werkwoord optree, word in gevalle van betekenisverdigting vas geskryf: asemskep, dopsteek, grondvat, stokkiesdraai, ysskaats.

Vaste verbindings van ‘n bywoord of byvoeglike naamwoord plus ‘n werkwoord wat in sy geheel as werkwoord optree, word in gevalle van betekenisverdigting vas geskryf: doodmaak, goedkeur, kortvat, verbygaan.

Ander voorbeelde van los en/of vas skryf

Los

 

Aan een (vir een)

Aan mekaar (---verknog wees)

Agtiende eeu

Alles behalwe (hy eet –die pampoen)

Al te veel(reeds te veel)

ander kant (aan die --)

blou oog (‘n oog wat blou is)

by mekaar (--kuier)
   

Vas

 

aaneen (aanhoudend)

aanmekaar (dit reën --)

agtiende-eeus

allesbhalwe (volstrek nie)

alte veel (glad te veel)

anderkant (--die berge)

blouoog (persoon)

bymekaar (saam)

SKRYFWYSE VAN SAMESTELLINGS MET ‘N EIENAAMELEMENT OF AKRONIEM: LOS, VAS OF MET ‘N KOPPELTEKEN

‘n Uitsondering op die reël van vasskryf geld ten opsigte van samestellings met ‘n eienaamelement of akroniem en kan sodanige samestellings nou feitlik op enige manier geskryf word. Dit geld egter nie vir plekname, straatname en taalname nie. Voorbeelde van verskillende skryfwyses (almal korrek) is:

Vrystaatstadion/Vrystaat-stadion/Vrystaat-Stadion/Vrystaat Stadion/Vrystaat stadion

Bethlehemhospitaal/Bethlehem-hospitaal/Bethlehem-Hospitaal/Bethlehem Hospitaal/Bethlehem hospitaal

Nissanonderdele/Nissan-onderdele/Nissan-Onderdele/Nissan Onderdele/Nissan onderdele

Sonskynkafee/Sonskyn-kafee/Sonskyn-Kafee/Sonskyn kafee

Sasolpetrol/Sasol-petrol/Sasol-Petrol/Sasol Petrol/Sasol petrol

Samestellings met ‘n akroniem:

UVS-kursus/UVS-Kursus/UVS Kursus/UVS kursus

RGN-ondersoek/RGN-Ondersoek/RGN Ondersoek/RGN ondersoek

OVS-span/OVS-Span/OVS Span/OVS span

Ander problematiese samestellings met ‘n eienaamelement:.

hoëtrou Blaupunkt/hoëtrou-Blaupunkt

volbloed Bonsmara/volbloed-Bonsmara

50 cm³ Honda/50 cm³-Honda

tienjaar KWV/tienjaar-KWV

hoëtrou Blaupunkt musieksentrum/hoëtrou Blaupunkt-musieksentrum/hoëtrou-Blaupunkt musieksentrum/hoëtrou-Blaupunkt-musieksentrum/hoëtrou-Blaupunktmusieksentrum

BRONNELYS

Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2002. Afrikaanse Woordelys en Spelreëls. Kaapstad. Pharos.

Taalgids. 1993. OVS Provinsiale Administrasie
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 1843
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die los- en vasskryf van woorde
« Reply #1 on: April 13, 2011, 09:00:51 AM »
Ek het op 'n staduim hierdie titel by my vorige werksplek beklee:
Aksiekriekettoernooireelingskommiteevoorsitter.
Die reel se dit moet een woord wees omdat dit een begrip is.
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9638
  • Gender: Female
Re: Die los- en vasskryf van woorde
« Reply #2 on: April 13, 2011, 09:43:01 AM »
Naas,  ek self is baie skuldig aan verkeerd skryf as dit by los- en vas- kom. 

Een kopkrap wat ek darem opgelos het is wanneer om "huistoe"  of   "huis toe" te skryf. 

'n Mens kyk eers na die woord wat voor die  "toe" kom.  Wanneer dit 'n selfstandige naamwoord is,  soos huis, dorp, skool, werk ens.  dan is dit twee woorde.  Ek gaan huis toe. 

Wanneer dit 'n bywoord is wat voor "toe" staan,  skryf ons dit aanmekaar.  Bv.  binnetoe,  agtertoe, ens.
« Last Edit: May 26, 2011, 09:11:43 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1780
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die los- en vasskryf van woorde
« Reply #3 on: May 26, 2011, 07:53:42 PM »
dankie baaaie hiervoor, ek het oor die algemeen 'n slag met spelling, maar soms duik onkunde ook hierso in die gat. hier is 'n paar interessante reels.
[skuus ek kan nie leestekens oppi skoottoppie intik nie.]

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline adele

  • Bouspan
  • Hardebaard
  • Posts: 1780
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Die los- en vasskryf van woorde
« Reply #4 on: June 13, 2011, 01:49:28 PM »
ek wonder sommer oor die volgende:

sin: hy het dit agtergekom
of
hy het dit agter gekom

help bietjie

  :icon_scratch:
 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9638
  • Gender: Female
Re: Die los- en vasskryf van woorde
« Reply #5 on: June 13, 2011, 03:03:56 PM »
 :sign10:  Tokkel jy nou my stoutesnare.   :icon_biggrin:

Of dit nou reg is of nie,   :icon_biggrin: ek dink agtergekom is een begrip.   :icon_biggrin: 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Karin

  • Suigeling
  • Posts: 13
Re: Die los- en vasskryf van woorde
« Reply #6 on: June 24, 2011, 11:46:49 AM »
Soos jy weet sukkel ek my gaai af met hierdie onderwerp. Baie dankie vir die post.  :headbang:

Offline Naas

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 1843
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die los- en vasskryf van woorde
« Reply #7 on: June 24, 2011, 06:23:27 PM »
As jy dit agterkom is dit een woord. Die verledetyd bly een woord "agtergekom"
As jy agter kom (soos in verloor) (eintlik agterna kom) sal dit twee woorde wees en bly in die verlede tyd "Agter gekom"
Die reel (met sommige uitsonderings bly eintlik eenvoudig: een begrip, een woord. (en as jy twyfel help 'n koppelteken meeste van die tyd.)



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9638
  • Gender: Female
Re: Die los- en vasskryf van woorde
« Reply #8 on: June 25, 2011, 07:38:46 AM »
Dankie Naas,  nou is ek seker!   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 2962
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die los- en vasskryf van woorde
« Reply #9 on: November 09, 2015, 09:55:27 AM »
Ek en 20 ander gaste lees nou hier!  :toothy4: :icon_salut: :notworthy:

Offline Naas

  • Global Moderator
  • Hardebaard
  • Posts: 1843
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die los- en vasskryf van woorde
« Reply #10 on: November 09, 2015, 10:09:15 AM »
Ek wil nou nie los of vas praat nie, maar hulle het die afdeling agtergekom.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 2962
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die los- en vasskryf van woorde
« Reply #11 on: November 09, 2015, 11:54:43 AM »
Bedink ek ook mos die ding so Naas  :toothy4: By die nuwe taalgedoente op FB was daar hoeka so kopkrappery aan die gang oor die los en vasskryf van woorde. Ek het net so terloops PM se goue reel genoem van een woord, een begrip. Iemand moes ag gegee het en prof Google genader het want siedaar - skielik het ons toeloop.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9638
  • Gender: Female
Re: Die los- en vasskryf van woorde
« Reply #12 on: December 09, 2015, 09:54:06 AM »
Kyk, oor die 5000 keer gelees!  Dalk kan jy 'n skakel daar plaas wat na die forum verwys Raaitjie.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Global Moderator
  • Wysgeer
  • Posts: 2962
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Die los- en vasskryf van woorde
« Reply #13 on: December 09, 2015, 10:16:20 AM »
Soms gooi ek 'n skakel na die forum en verwonder my altyd aan die mag van tegnologie - binne 'n paar minute is daar 'n toeloop van besoekers en dan krul my tone om PM  :toothy4:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 9638
  • Gender: Female
Re: Die los- en vasskryf van woorde
« Reply #14 on: December 09, 2015, 10:22:59 AM »
Mooi man, ek waardeer dit.  Soms, as die forum wel oopmaak, kon ek sien hoeveel gaste is daar, dan was ek meer gefrustreerd omdat ek nie kom deelneem nie. 
Om te weet is om te verstaan.