Author Topic: Skrywershulp  (Read 12027 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Skrywershulp
« on: August 21, 2011, 08:58:55 AM »
Skryfgeheime

Die woord digkuns beskryf dit so mooi.  "Skryf dig". 
Onnodige woorde neem die emosie uit jou gedig uit.  Daar is wel gevalle waar jy in die oefen van gedigstrukture, ook van 'n sekere lettergreeptelling gebruik moet maak, waar die geil woordgebruik onvermydelik is.  Dit leer jou juis om uit "die kassie" uit te klim en 'n styl van jou eie te ontwikkel.
 
Dit is nie almal beskore om 'n volmaakte gedig te skryf met die eerste probeerslag nie.  Die beste skrywers werk hard aan 'n gedig om dit te "vervolmaak".  (Lees gerus NP van Wyk Louw se gedig:  Die Beiteltjie.)

Die titel van 'n gedig is van kardinale belang.  Dit weergee die "siel" van jou gedig, vertel vir die leser wat hy/sy te wagte kan wees in die gedig, die tema waaroor jy skryf.   As jy 'n verrassende einde wil bewerkstellig, moenie die verrassing in die titel uitlap nie.
     
As jou gedig nie vir jou goed op die oor val nie, of jy sukkel om die regte rymwoord te vind, of die metrum (ritme) reg te kry, probeer om jou sin te skommel,  dalk val dit mooi in plek vir jou.   

Woorde "praat" met 'n mens en dan moet jy luister!  Pen en papier, of 'n stemopnemer is altyd handig vir woorde of frases wat jy graag wil onthou.  Die meeste skrywers sal vir jou sê dat 'n goeie sinsnede of frase maklik in die niet kan verdwyn.

Wees oplettend.   neem waar wat om jou gebeur en vang dit vas met woorde wat beelde, of emosie skep.

Daar is soveel "woordbeiteltjies" (die gereedskap tot jou beskikking) om 'n goeie gedig te skryf.  Leer dit en leer om dit toe te pas.  Oefen dit op 'n gereelde basis.

Moenie bang wees vir kritiek nie. Luister aandagtig daarna.  Kyk of jy iets daaruit kan leer, dit is tog die doel van kretiek.  Die kritikus kritiseer slegs die werkstuk en nie die skrywer nie.

Lees die woordeboek.  Enige skrywer se grootste bate is 'n goeie, nuwe woordeboek.  Woorde kan nie regtig oud word nie.  Dit kan net nuwe lewe kry.  Moenie skroom om daardie nuwe lewe in 'n ou woorde in te blaas nie.  Dit kan interessante onderwerpe word vir 'n nuwe gedig.  Soek na die beste woorde om die  emosie wat jy wil oordra uit te beeld.  Pharos se Tesourus van Afrikaans is onontbeerlik.

Lees ander skrywers se werk met elke geleendheid wat jy kry, maar moenie jou werk met 'n ander s'n vergelyk nie.  Daar is nie 'n vergelyk nie.  Elke gedig of storie is uniek.  Let op wat jou pla in ander skrywers se werk en vermy dit.  Probeer is die beste geweer en aanhouer wen. 

Daar is baie style wat ewe suksesvol is.  Skryf in die styl waarmee jy gemaklik voel en ontwikkel dit.

Ken die reëls, alhoewel die skrywer digtersvryheid het, is daar wel reëls, taalreëls en spelreëls wat nagekom moet word.  Dit onderskei die ingeligte van die oningeligte.  Skaf "Woordelys en spelreëls" aan, asook "Skryf Arikaans van A tot Z".
 
Hou jou werk netjies.  Moenie toelaat dat nalatigheid jou in 'n swak lig stel nie.  Verstel die skakel op jou rekenaar, sodat dit nie elke nuwe verstreël met 'n hoofletter begin nie. Dit kan jou duur te staan kom wanneer 'n proefleser jou werk moet nagaan.

Ek haal Meraai vannie Baai se woorde aan:  "Hervul jou skrywersink gereeld uit die stilwordbottel." 

Onthou, jou woorde is 'n nalatenskap wat sal klingel, lank nadat jy "verhuis" het.
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Skrywershulp
« Reply #1 on: August 21, 2011, 09:59:06 AM »
Dankie baie baie mater vir die aandra en deel met ons  :notworthy:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Skrywershulp
« Reply #2 on: August 22, 2011, 06:28:03 AM »
Dankie ook vir jou aandeel daaraan Raaitjie.  Ek steek mos maar orals my kersie aan by jou en ander slimkoppe.
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Skrywershulp
« Reply #3 on: November 30, 2011, 08:45:40 PM »
loer bietjie hier

http://www.jouwereld.co.za/jl_skryfgeheim_3.html

sy het nogal goeie idees, kort en kragtig gestel.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Skrywershulp
« Reply #4 on: December 01, 2011, 06:01:25 AM »
Dankie Adéle, nog 'n plekkie geboekmerk.  Ons het juis 'n kinderverhaalprojek op pad.  Dit kan net help.
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Skrywershulp
« Reply #5 on: March 09, 2012, 07:18:47 AM »
Ek wil graag hê ons moet 'n projek begin waar ons kinderverhale skryf vir 'n storieboek vir kinders. 
Elke skrywer wat wil deelneem kan dit in sy eie plekkie plaas.  Van daar kan ek dit dan in 'n bundel saamstel.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Skrywershulp
« Reply #6 on: March 10, 2012, 06:46:07 AM »
Watter ouderdom groep gaan die teiken wees??

1 - 5
5 - 10
10 - 15
15 - 20

Ek moet se - daar is 'n groot te kort aan boekies vir kinders in Afrikaans - omtrent al Theo se boekies is Engels ...
en meeste van die boekies van 1 - 5 .. is net los woorde ... maar ek dink tog dit kan in storie vorm aangebied word - bv die liggaam ... die dele van die liggaam kan sekerlik 'n storie vorm eerder as net 'n klomp los woorde te wees :)  :wav:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Skrywershulp
« Reply #7 on: March 10, 2012, 08:59:24 AM »
Ek sien dit ook met my kleingoetertjies wat nog onder 5 jaar oud is.  Daar is 'n groot tekort. 
Ek stem saam met jou, sal so-iets werk?
Raak eers aan jou kop
en dan aan jou tone
met jou ogies kyk jy rond ... ens.

Daar is ook 'n groot behoefte aan die ander ouderdoms groepe.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Skrywershulp
« Reply #8 on: March 10, 2012, 09:31:40 AM »
ek dink so

mens kan byvoorbeeld dit so doen 

My lyf wil oefen

Strek jou armpies bo in die lug
Raak dan met jou vingertjies aan jou kop
Vou jou ruggie voorentoe
en raak dan aan jou tone met jou hande

Staan weer mooi regop met jou kop
draai jou oggies van kant tot kant
swaai jou kop van kant tot kant
laat jou lippies nou trek van kant tot kant

Kyk nou net, jou lyf het geoefen!

Dan kan iemand dit voorlees en iemand anders kan 'n animation/illustrasie doen - dan kom die in boek en DVD format :-)

Adults onderskat die intellegensie van klein kindertjies

Ek sien hoe Theo al van baba dae reageer op goed wat bedoel is vir 3 - 5 jaar oud ;-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Skrywershulp
« Reply #9 on: March 10, 2012, 09:42:48 AM »
Daar het jy dit nou mooi saamgevat.  Dit kan werk soos 'n bom.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Skrywershulp
« Reply #10 on: March 10, 2012, 09:56:36 AM »
ja - maar daar kort nog prentjies
en die letters kan grooter wees -
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Skrywershulp
« Reply #11 on: March 10, 2012, 10:29:31 AM »
Ek wonder ook net oor die verkleinwoorde. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Skrywershulp
« Reply #12 on: March 10, 2012, 10:43:40 AM »
 :hello2:  dis sekerlik nie nodig nie ... dis net nog 'n bewys van hoe dom ons dink ons kinders is - sies Willa! :`ip2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w