Author Topic: nog 'n dingetjie....  (Read 5385 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
nog 'n dingetjie....
« on: August 18, 2011, 11:21:20 PM »
Ai my hartjie loop gewoonlik oor van liefde!!! Mamma se die rede hoekom mense maklik oor my loop is omdat ek altyd net die goed in ander raak sien en dan moeite doen vir mensies al sal hulle nie, wanneer ek dringend dit nodig het, dieselfde vir my doen nie.  Di laat mens baie maklik soos 'n vloerlap gee en dan gebeur dit dat jy leer nee se en wanneer jy dan doen, dan verstaan mense jou skielik nie.

Ek het so rukkie terug 'n vriendin in my klas gemaak, ek het geweet sy kan nie te goed wees vir my nie want sy was altyd besig met die verkeerde dinge.  Maar ek het lekker met haar gesels en haar leer ken en regtig gedink onder al die gal is daar eintlik 'n oulike meisietjie.  So ek het uit my pad gegaan vir haar.  En toe begin die moeilikheid, en ek buig agteroor vir haar want 'sy het my nodig'.  Ek het self bietjie vasgebrand so rukkie later en het dringend 'n vriendin nodig gehad en sy het net gemaak asof ek nie bestaan nie.  Nou iemand met 'n klein hartjie soos ek kry maklik eina. En dit is nie lekker nie!! Nadat ek weer na 'n gesukkel weer reg gekom het was sy skielik weer my beste vriendin.  En die storie het toe seker homself so 3 keer herhaal.  Ek het eendag toe sy my weer met 'n noodgeval bel, uitgevind of sy okay is en wat is dit wat eintlik fout is.  Toe ek hoor sy sal nou nie rerig seer kry of iets in die situasie nie, se ek vir haar nee ek kan nie help nie.  Ek het baie lank skuldig gevoel daaroor....... Baie Baie lank.  Maar nou ja, 'n week later het sy aaklige stories van my begin vertel en uiteindelik was ons albei ingeroep na die hoof van die departement. Net soos klein dogtertjies.  Ek het intussen niks van die dame geskinder nie, want ek weet dit kom altyd terug na mens toe en dan kry almal net seer.

So ja die storie is toe uitgesort en ek moes swaar betaal oordat ek deel was van die storie maar nie rerig iets verkeerds gedoen het nie.  Ek het al baie gebid oor die sakie, want dit is vir my baie onlekker.  En dit laat my wonder, as ek se ek vergewe haar, bedoel dit dan nou ek dink ek was nie verkeerd nie?  Ek moet bieg, ek kon die hele situasie beter hanteer het, maar ja ek het nie. Want ek is ook net mens...

So nou 'n jaar later het ek eintlik al vrede gemaak en groet haar as ek haar sien, en werk in vrede en het maniere en bring my kant.  Ek voel eerlikwaar dat by klas tree mens professioneel op, ons word dan immers so opgelei?  Nou vandag is so paar (die mensies wat goed doen, ek baie trots daarop), gevra om die meisie vir 'n kompetisie te gaan mooi maak en dinge by 'n hoërskool.  Natuurlik was die meisie wat ek so meer baklei het ook saam genooi en moes ons saam werk.  Hier in die middel van die perfekte goue strepie op 'n meisie so ooglid te trek se 'my beste vriendin' vir my: "Tanya, ek moet jou nou spreuk!'' met 'n baie kwaai uitdrukking op haar gesig.  Ek sit toe maar my goue liquid liner neer vra die meisie waarop ek werk om my net te verskoon en loop agter die ander een aan.

Buite gekom, nognie eers gedink nie en hier begin sy op my skree, net so voor almal.  Vertel sy my wat 'n skinderbek ek is en hoe ek my neus uit haar sake moet hou, Ek kan met alle eerlikheid se, ek het nog niks leliks van hierdie meisiekind gesê behalwe vir my ma wanr ek baie ontsteld is.... Ek het haar mooi gevra om op te hou skree, want mense kyk vir ons.  Ons staan daar in ons mooi uniformpies, watse k@k indruk het dit dan nou nie geskep nie.  Ek het gebewe van hoe kwaai ek was.  Maar my koel gehou en haar net gesê ek het haar nie met enigiemand bespreek nie, en ons kan op 'n ander meer gepaste tyd hieroor gesels as sy nog wil....

So nouja, dit is seker iets wat ek more moet hanteer, yay.....

Die hele situasie maak my hartjie bitter en dit maak dit baie moeilik om nie lelik van die dame te dink nie.  Ek gaan aanhou daaroor bid, net gevoel dit sal lekker wees om die situasie met iemand te kan deel, want se mens dit hier hardop dan hoor ek dit weer more in 'n kantoor of voor mense waar dit baie vernederend kan wees. 

Aai nou het ek vir julle baie leeswerk gegee! haha
*The one and only AWESOME-EST


Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: nog 'n dingetjie....
« Reply #1 on: August 19, 2011, 03:33:50 AM »
ja sommige mense wat jy pelle noem is soms nie pelle nie

eendag hoor ek iemand seg

as een van die 2 persone in 'n vriendskap nie geldelike voordeel of seks uit 'n vriendskap kry nie loop die vriendskap gewoonlik dood.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: nog 'n dingetjie....
« Reply #2 on: August 19, 2011, 04:32:17 AM »
so paar frindship quotes gekry wat oulik is

“A friend is someone who understands your past, believes in your future, and accepts you just the way you are.”


“To the world you may be just one person, but to one person you may be the world.”

“Friends are like bras: close to your heart and there for support.”

“True friendship is seen through the heart, not through the eyes.”

To find a friend one must close one eye; To keep him, two


~ Friendship is born at that moment when one person says to another: "What! You, too? Thought I was the only one."

~ Friendship is always a sweet responsibility, never an opportunity




wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: nog 'n dingetjie....
« Reply #3 on: August 19, 2011, 10:03:31 AM »
Chichi,  my mamma het die uitdrukkings dikwels gebruik:  Meng jou met die semels dan vreet die varke jou, of
wys my jou vriende en ek wys jou wie is jy.  Ware vriende is skaars. 

Lox, ek is mal oor jou mooi uitdrukkings, die wat jy in die boek gebruik is net so goed.

Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: nog 'n dingetjie....
« Reply #4 on: August 22, 2011, 08:20:19 AM »
dankie PM maar ek kwoteer ook maar ander se slimmighede.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: nog 'n dingetjie....
« Reply #5 on: September 08, 2011, 03:45:44 PM »
Hier kom agter os ook in die kraal ...  :icon_biggrin:

Dis juis oor sulke goed, dat ek nie sommer my hand uitsteek nie. Ek kom hard voor! Pas my want dan weet ek niemand sal op my trap nie! Laat net sommige mense naby genoeg om die ware ekke te leer ken.  :dontknow: Good or Bad dont know.

 :angel12:

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: nog 'n dingetjie....
« Reply #6 on: September 08, 2011, 05:51:33 PM »
hehe Trapsoetjie, ek kan ook nie besluit of dit goed of sleg is nie....
*The one and only AWESOME-EST


Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: nog 'n dingetjie....
« Reply #7 on: September 11, 2011, 08:15:18 PM »
oooo goeie genugtig! Ek is so siek en sat vir al die kinderkak.... ai ek bel my vriendin om te hoor watse kit ek more moet klas toe vat, toe stel ek een ding voor want sy sit en uhm en ah aan die anderkant van die foon en ek het regtig nou nie miljoene rande op my foon nie.  So ek se maar wat ek wil vat, hier klim sy in my keelgat af, ek kies altyd wat ek wil vat en die ander meisies in die klas voel almal dieselfde. 

Nou die situasie maak my bitterlik suur want my woorde is ALTYD, wat van ek bring X (net 'n veranderlike, wat 'n kit voorstel) en dan bring jy Y.  En dan vra ek of dit reg is of wat wil hulle doen. ALTYD, want ek voel ek wil nie op mense se tone trap nie.  En ek weet nie hoe hulle voel oor wat bring nie.  Nou dit is regtig 'n klein dingetjie.  As ek moet sal ek elke dag ALLES saambring as dit mense nou maar van my nek sal afhou, maar ja nou hoe is ek veronderstel om te reageer.

So ek se toe o okay nee dit is reg, wat wil sy bring en blah blah blah, en toe.... ai kry ek 'n boodskap op my foon wat se dit is onnodig om so verskriklik ongeskik te wees, want sy probeer my net help.  My laaste woorde aan haar op die foon was, okay baie dankie dat jy my gese het, ek waardeur dit, lekker slapies.  So ek weet ook nie waar ek daar ongeskik was nie.

So nou is ek al weer bitterlik ongelukkig en ek weet nie hoekom of wat ek gedoen het nie. 

Ai en dit is so flippen kinderlik, ons het almal dieselfde kit gekry, almal bring elke dag iets anders, hoekom word daar nou agter my rug geskinder want ek is nie lus om te sit en gesels oor wie moet wat bring vir 'n halfuur lank nie.  Dit is mos 'n mors van tyd? So nou gaan klas seker flippen wonderlik wees more want die vriendin gaan natuurlik vir almal gaan vertel en dan gaan almal misluk wees van sy kan nie 'n storie reg vertel nie.  Ek gaan seker een of ander vraag kry soos hoekom skree en vloek en skel ek mense. 
*The one and only AWESOME-EST


Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: nog 'n dingetjie....
« Reply #8 on: September 12, 2011, 06:17:13 AM »
baie keer het mense wat 'n probleem met ander mense het eerder 'n probleem met hulle self en hulle weet dit nie.

dalk is sy besluiteloos en dan as jy eerste besluit het is jy die vark in die verhaal.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: nog 'n dingetjie....
« Reply #9 on: September 12, 2011, 08:43:58 AM »
Dis soos Trappies se, hou maar by jouself. Ek kom ook opstairs voor, maak nie maklik vriende nie, is stil en doen maar net die ding. Naby vriende het ek nie. Die enigste vriendin wat ek gehad het, het my vals beskuldig. So, ek loop alleen - soos 'n luiperd. My persoonlikheid. Maar ek kan sien Tjieks is outgoing en vriendelik en hou van social. Harde tye, Tjieks. Byt op jou tande en ignore.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: nog 'n dingetjie....
« Reply #10 on: September 13, 2011, 02:40:25 AM »
Soms verstaan ons mekaar net verkeerd.  Soms is ons te emosioneel om te probeer verstaan.  Ek sou verkies dat iemand reguit vir my sê hoe hy/sy voel, in pleks daarvan om my agteraf te bespreek en sleg te maak.  My broer het eendag vir my vertel dat ek "liederlik reguit" is.  Die probleem is, of ek kan nie dink voor ek praat nie, of ek wil net nie.
'n Goeie vriend is iemand wat nie kwade bedoelings sien in alles wat jy sê nie.  Nou is daar ook mense wat sê dat dit nie is wat jy sê nie, maar hoe jy dit sê.  My "hoe" en jou "hoe" kan wêrelde van mekaar verskil. 
Kommunistiesehasies is natuurlik 'n goeie oplossing vir enige probleem.  PRAAT  met my.  As jy voel ek het jou te na gekom, sê dit.  Vir my, nie vir iemand anders nie.  As my vriendskap vir jou iets werd is, werk daaraan. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Chichi

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 447
  • Gender: Female
Re: nog 'n dingetjie....
« Reply #11 on: September 13, 2011, 07:02:57 PM »
AAg dankie julle!! jip ek is 'n baie sosiale persoon so ek hou van vriende he en een wees!!

Sjoe PM dits presies hoe ek voel, ek raak so kwaai vir die mense. 

Ai vandag was hulle self meer bitchy as wat bitches kan wees. maar nou ja, darem maak klas binnekort klaar dan hoef ek nie weer iets te doen met hulle nie!
*The one and only AWESOME-EST