Author Topic: Die dwelmsmous  (Read 3133 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die dwelmsmous
« on: April 08, 2011, 10:54:24 PM »
Hier lê hy.
Sy lang maer liggaampie is uitgeteer.
Sy sit haar arms om hom, hou hom styf teen haar hart vas en sy ween.
Ja, sy ween. 
Hy is al wat sy het.  Haar hele lewe.
Sy was maar net dertien toe haar moeder oorlede is.
Haar pa was ‘n goeie man. Hy het vir haar alles  gegee wat haar hartjie begeer het. 
Hy is slegs ‘n jaar na haar ma dood.
Die eerste man, na haar pa,  wat vir haar liefde gegee het, of sy het gedink dit was liefde, het haar net so gelos nadat sy swanger geraak het. 
Sy  was eensaam en verlore. Sy kon nie meer skoolgaan nie en moes gaan werk om vir hulle te sorg. 
Vir haar en hierdie hele lewe van haar wat nou hier lê. 
Doodsbleek en in ‘n  koma lê hy. 
Sy ween bitterlik. 
Haar hele lyf ruk. 
Sy verwyt haarself. 
Waar was sy toe hy haar nodig gehad het? 
Waar?
‘n “Overdose” het die dokter gesê.
“Dit is maar net nog ‘n manier van selfmoord” het die polisieman gesê.
Selfmoord ja.  Hoe min  jong kinders besef dat dwelms maar net ‘n ander manier van selfmoord is. 
As jy nie doodgaan daarvan nie sal jou hele lewe dood wees, nutteloos, doelloos.
“Dit sal nie met my gebeur nie.” sê hulle almal. 
Wat laat hulle dink hulle is beter as enige ander dwelmverslaafde?
 Sy het hom gewaarsku. 
Vir hom vertel dat dwelms gevaarlike goed is. 
Vir hom gesê dit neem alle aspirasies in die lewe weg. 
Hy sal nie meer kan konsentreer op sy skoolwerk nie. 
Hy sal bitter ongelukkig raak, want dit is wat die dwelms aan ‘n mens doen. 
Vandag voel dit vir jou of jy vlerke het en more voel dit of jy in die hel is. 
Elke dag moet jy ‘n bietjie meer gebruik om jou “hoog” te laat voel. 
Elke dag beroof dit jou van ‘n stukkie van jou persoonlikheid, van jou menswees, van jou selfrespek.
Sy het vir hom vertel wat met haar gebeur het. 
Van mense wat  hulleself haar vriende genoem het, wat eintlik haar grootste vyande was. 
In die begin het hulle haar drinkgoed “gedokter”.   
Hulle het vir haar elke dag ‘n bietjie gegee totdat sy vasgevang was in die web van verslawing. 
Sy is afgedank by haar werk, want haar baas het haar gevang steel. 
Gesteel om dwelms te koop! 
Hy het vir haar gesê as sy nie wil tronk toe gaan nie moet sy saam met hom bed toe gaan. 
Dit was ook nie meer vir haar snaaks nie, want sy moes dit gereeld doen om haar kwota dwelms te kon bekom. 
Nadat sy haar werk verloor het, het sy begin om die goed  te verkoop. 
Hulle het nie net van haar ‘n “junkie” gemaak nie, maar ‘n dwelmsmous ook. 
Ja, sy sou enigiets doen, lieg, steel, soebat en smous. 
Enigiets. 
Sy het geen selfrespek meer oor gehad nie. 
Niemand anders het respek vir haar gehad nie.
Die dag toe sy uitvind sy is swanger het sy ‘n besluit geneem. 
Sy het voor ‘n keuse te staan gekom. 
Sy kon kies of sy die baba wil hê en ophou dwelms gebruik en of sy wil dwelmsgebruik en nie die baba hê nie. 
Sy het die baba gekies, maar dit was nie maklik om die dwelms te los nie.
 
Sy onthou daardie eerste paar dae. 
Sy was so siek soos ‘n hond. 
Haar hele liggaam het geruk en gehunker na die dwelms. 
Die krampe het haar hele lyf  deurtrek en  sy het met tye geskreeu van die pyn. 
Met tye was sy so naar dat sy die helfte van die nag op haar knieë voor die toilet deurgebring het.
Die ander helfte van die nag  het sy die aakligste drome gehad en somtyds wakker geword, sopnat  gesweet, net om weer in ‘n nagmerrie te verval.

Sy was brandmaer met donker kringe om haar oë wat diep in haar kop gesit het.
Dit was ‘n helse stryd om nee te sê vir die dwelms.  Haar vriende wou nie meer met haar meng nie.  Sy het ook besef dat hulle haar net weer sal verlei en weggebly van hulle af. Sy was ook bang dat hulle weer op ‘n skelm manier die dwelms in haar drankie sou gooi.
Sy onthou die dae wat  sy gaan werk soek het.  Elke keer as iemand net sy kop vir haar geskud het was die versoeking om terug te keer dwelms toe, soveel groter.  Sy was desperaat.  Op ‘n dag, na die tiende restaurant, draai sy met trane in haar oë weg,  toe ‘n vrou haar voorkeer en sê sy het gehoor sy soek werk.  Een van haar  klerke is siek en sy het iemand nodig gehad.   Dit het baie gehelp en sy het harder gewerk as ooit in haar lewe.   
Die eerste vier maande was hel.  Dit het makliker geword toe sy eers die eerste beweging van die baba begin voel het.  Hy was elke dag vir haar ‘n troos. Elke beweging in haar het haar aangespoor om sober te bly.  Elke dag het sy gebid dat hy ‘n gesonde baba sal wees, dat haar dwelmmisbruik hom nie sal affekteer nie. 
Nou lê hy hier in ‘n wit hospitaalbed  en sy klou hom krampagtig vas en bid soos sy nog nooit gebid het nie.
“Here, moet hom asseblief nie vat nie.  Ek sal hom elke dag bystaan en hom hierdeur help.  Here U weet watse stryd het ek gehad.  Ag Here ...”

« Last Edit: April 09, 2011, 07:40:44 AM by Bestuur »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Die dwelmsmous
« Reply #1 on: April 13, 2011, 04:34:24 PM »
SJOE!  :crybaby2: Dit laat mens net weer besef, my lewe is 'n lied. Dankie PM dit was traan mooi.
 :angel12:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Die dwelmsmous
« Reply #2 on: April 13, 2011, 08:47:13 PM »
Dood vir die res van sy lewe.
Treurig maar waar.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die dwelmsmous
« Reply #3 on: April 14, 2011, 09:07:17 AM »
Naas,  daar steek soveel waarheid in jou woorde:  "Dood vir die res van sy lewe." 

Hierdie storie het ek geskryf vir die Afrikaanse Leesprogram vir jong studente.  Miskien maak dit 'n indruk op  EEN  van hulle!

Dankie vir die kommentaar,  ek waardeer dit. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die dwelmsmous
« Reply #4 on: October 27, 2018, 11:18:32 AM »
Meer as 'n duisend keer gelees!   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.