Die Klaskamer > Taal Definisies

Paroniem en Paronomasia

(1/4) > >>

PM:
Paroniem:
Paronieme is woorde wat dieselfde stam het. 

Byvoorbeeld:
Mens, mense, menslik, onmenslik, bomenslik,  ens.

Een woord vir ‘n omskrywing.

Byvoorbeeld:
‘n Afrigter is ‘n persoon wat ‘n span afrig.
Konfyt wat van vye gemaak word is vyekonfyt.
Iemand wat aardrykskunde bestudeer is ‘n geoloog.
‘n Entomoloog is iemand wat insekte bestudeer.
Iemand wat voëls bestudeer word ‘n ornitoloog genoem.

Plekomskrywings:
‘n Plek waar visse en ander waterdiere gehou word is ‘n aquarium.
‘n Kunstenaar werk in ‘n ateljee. 

Paronomasia:
Veral skrywers is lief om van paronomasia gebruik te maak.
Paronomasia is die gebruik van homonieme as woordspeling.  (Om ‘n woord wat algemeen ‘n ander betekenis het in ‘n ander konteks te gebruik. 

Byvoorbeeld:
Ons praat van ‘n blinde persoon as iemand wat nie kan sien nie.  Die skrywer sal praat van “die blinde man” as iemand wat geen insig het nie. Met ander woorde,  hy kan wel sien maar hy kyk om hom maar neem niks in nie.  “Neem niks in nie” kan ook as paronomasia gebruik word in die sin dat die persoon niks eet of drink nie. 

Meraai vannie Baai:
Baie baie dankie vir die aandra en deel PM!!  :bootyshake: :icon_salut:

Meraai vannie Baai:
http://www.examples10.com/e/pun-or-paronomasia/

Hier is 'n paar pragtige voorbeelde wat soebat om in Afrikaans vertaal te word. 

Ah Willa:
I fired my masseuse today. She just rubbed me the wrong way. Ek het my massage terapeut vandag afgedank want sy vryf my net verkeerd op!


Mens verloor eintlik die pun - die hierdie is die naaste wat ek kan kom -maar die punch van die pun is uit .. die ander gaan helemal verlore  :notworthy:

Without geometry, life is pointless.  Sonder meetkunde is die lewe nutteloos.   :toothy4:

Speaking ill of the dead is a grave mistake  Om naar van die dood te praat, is 'n ernstige fout.   :bootyshake:

Old electricians never die, they just lose contact.   Ou elektrisiëns  sterf nooit nie, hulle het net kontak verloor.   :angel4:

PM:
Ons eie Langenhoven vaar uitstekend met hierdie vertalings.  My se koppie is te plat. 

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version